Vierde kwartaal 2009

Ons werk en leef daagliks saam met baie mense. Maar uit al die mense op ons pad, het ons ‘n spesiale band met hierdie gemeente se mense. Ons deel met mekaar ‘n verbintenis aan Jesus Christus, ons Here, ‘n passie om mekaar lief te hê en met deernis mense in ons wêreld te dien.

Karakter is een van die boustene in ons geestelike groei. Die Bybel beskryf karakter as ‘n manier van leef, ‘n pad wat jy loop. Mense wat hul beloftes nakom, is eerbaar. Mense wat reg laat geskied aan ander, is regverdig. Mense wat weier om onregverdige voordeel uit hulle posisie te trek, het integriteit. Jy kan dus jou karakter meet aan hoe jy jou lewensbeginsels nakom.

Dit is hoe God ook is. Hy doen wat Hy sê. Hy gee wat Hy belowe. En ons karakter moet iets reflekteer van wie Hy is. Ons is immers imago Dei, verteenwoordigers van God, na sy beeld geskape.

Die wonder van die Bybel is dat karakter nie net teoreties beskrywe word nie. Nee, dit word prakties geïllustreer in die diverse stories van gewone mense. Hierdie gelowiges word in al hulle fasette geteken, die goeie en die slegte.

Ons wil jou dus uitnooi om saam met hierdie Bybelse gelowiges op reis te gaan hierdie kwartaal. In hulle voorbeeld sal jy jou eie pad, jou eie manier van leef kan vind, en self ‘n karakter na God se hart word.

SKAKEL SÓ IN

1. Skryf in vir Didage by die kerkkantoor (041 583 5115) :: Bybelskool, Midweek Stilhouplek, Alpha Huwelikskursus, Immergroen Ouerskap, Op pad met God.

2. Gebruik die weeklikse Joernaal - Lees hier meer oor ons Eredienstemas en die Skrifgedeeltes vir elke week.

3. Registreer op die webtuiste - en ontvang so die weekliks nuusbrief.

Attachments:
FileBeskrywingFile size
Download this file (people_faces_2-other.jpg)people_faces_2-other.jpgDie prentjie wat ons gebruik vir die plakkate, pamflette en PowerPoint agtergrond464 Kb
Download this file (pamflet.pdf)pamflet.pdfDie pamflet se PDF lêer1592 Kb
Download this file (plakkaat.pdf)plakkaat.pdfDie plakkaat se PDF lêer834 Kb
AddThis Social Bookmark Button

This content has been locked. You can no longer post any comment.