Eredienste vir die vierde kwartaal 2008 Hulle het hulle heelhartig toegelê - graphic van Jaco Potgieter wat werk met Calvyn se

God wil elke gelowige in ons gemeente inspireer om geestelik te groei. Die droom van ons gemeente is immers dat almal van ons met vreugde lewe en met liefde dien vanuit ‘n vaste geloofsverbintenis met Jesus Christus ons Hoof.
Mense groei egter geestelik op verskillende wyses. Ons wil daarom in die vierde kwartaal fokus op vier katalisators van geestelike groei wat navorsing wys mense die meeste hiermee help. Dit sal voorkom dat jy stagneer in jou geestelike lewe. Jy sal ook saam met ons al hoe meer die kerk as ‘n platform vir diens kan begin benut. Die potensiaal van Christus-gesentreerde mense is immers ontsaglik groot en ons wil ruimte daarvoor skep!  Lees hier meer oor dié navorsing.

Die temas vir die verskillende Sondae is as volg:

  • 12 OKTOBER   – WAAR IS JY?
  • 19 OKTOBER   – VOLG MY!
  • 26 OKTOBER   – DIE VANILLA FAKTOR
  • 2 NOVEMBER   – DIE CONNECT FAKTOR
  • 9 NOVEMBER   – DIE PLATO FAKTOR
  • 16 NOVEMBER – DIE TRAMPOLIEN FAKTOR
  • 23 NOVEMBER – DIE MOMENTUM FAKTOR
  • 30 NOVEMBER – KERSANGDIENS

Vir elke erediens word daar hulpmiddels ontwikkel. Jy kan dit gebruik:

  • vir persoonlike nadenke,
  • vir kleingroepbyeenkomste,
  • vir gesprek met geestelike vriende en
  • vir huisgodsdiens.
Alles sal ook weekliks op hierdie webtuiste verskyn sodat jy kan bybly waar jy ook al op die aardbol rondreis. Op die blog kan jy ook deelneem aan gesprekke oor die weeklikse temas.

Mag van ons toenemend waar word, wat Lukas van die eerste gemeente in Jerusalem gesê het (Handelinge 2:42): “Hulle het hulle heelhartig toegelê op die leer van die apostels en die onderlinge verbondenheid ... “

AddThis Social Bookmark Button

This content has been locked. You can no longer post any comment.