Sondag, 18 Julie 2010 07:13 Laas Opdateer op Sondag, 18 Julie 2010 07:37 Geskryf deur Chris van Wyk
Ek bewonder wysheid
As daar een ding is wat ek bewonder, is dit wysheid.
As daar een ding is wat ek begeer, is dit wysheid.
As ek terugdink oor my lewe is dít die dinge wat vir my uitstaan, die kere wat ek dit reggekry het om met wysheid op te tree. Soms, ongelukkig, staan ook die kere uit, waar ek dit nie reggekry het nie.
Dit het te make met dinge in my persoonlike lewe, my familielewe, my lewe in hierdie land, sowel as my professionele lewe. Ek voel goed oor dié dinge wat vir my as wyse keuses uitstaan, en ek voel sleg oor die dinge wat ek weet onwys was, en waarmee ek natuurlik moet saamleef.
Maar wat is wysheid?
Is dit gekoppel aan ‘n mens se vermoëns, of jou vaardighede, of jou opvoeding, of jou gemeenskap, of jou godsdiens, of aan mentors, of jou ouers?
Salomo se wysheid
Ons dink natuurlik verskillend daaroor, en ons sal verskillende definisies daarvoor hê, en daar is in elk geval nie net een regte antwoord nie, maar die meeste van ons sal saamstem dat die storie van Salomo wat ons gelees het, wat hierdie twee ma’s help, wat stry oor wie se kind nou eintlik oorlewe het, wysheid illustreer.
Want, onthou, hy kon nie sy toevlug tot DNA toetse neem nie. Hy kon nie ‘n forensiese ondersoek loods en bo alle redelike twyfel die biologiese verbintenis aan die regte ma bewys nie. Dit was ‘n eersteklas dillemma vir ‘n nuwe jong koning.
Hoe het hy dit reggekry om met soveel wysheid op te tree?
Salomo luister
Wel die eerste ding wat ons sien uitstaan, is dat Salomo dit reggekry het om te luister.
In ‘n sekere sin was dit natuurlik ook die enigste ding wat hy kon doen. Hy kon net luister, aandagtig luister, dit oordink, en met die insig wat die Here hom gee, ‘n uitspraak maak.
- Dit kan wees dat hy die hart van ‘n vrou geken het, en geweet het dat die werklike ma se hart inmekaar sou krimp as sy moes toesien dat haar kind in twee stukke gekap sou word – soos inderdaad gebeur het toe hy die kind wou middeldeur sny.
- Dit kan wees dat hy die storie van Rispa sou onthou, die vrou wat onverpoosd, dag en nag, van die oestyd af tot die reëntyd oor haar seuns se lyke gewaak het, toe hulle deur die Gibeoniete doodgemaak is, soveel so dat koning Dawid se hart versag het, en hy beveel het dat hulle ordentlik begrawe kon word (2 Sam 21).
Die punt is, hy het met insig geluister, en kon vanweë daardie insig ‘n wyse uitspraak gee. Die ma wie se kind dit was, kon doodgewoon nie toesien dat hy doodgemaak word om tussen haar en haar opponent verdeel te word nie. En sy offer haar belang in hom op, en kies dat die kind lewe, al beteken dit dat sy hom sal verloor. Solank die kind net lewe ... en onmiddellik weet Salomo, maar sy is die ma ... en gee die kind vir haar.
En die skrywers vertel ons, die hele Israel het ‘n hoë agting vir Salomo gekry en gesien en erken dat God vir hom die wysheid gegee het.
Wysheid is ‘n geskenk
Maar dieper as dit illustreer die storie die geskenk wat God vir Salomo gegee het. Want wysheid kom nie net deur te luister, maar dit is ook ‘n gawe van God.
Dit sien ons in die kostelike verhaal aan die begin van hierdie hoofstuk.
‘n Bietjie agtergrond. Salomo se pad na die kroon was besaai met dorings. Sy ouer broer Adonia het Salomo teengestaan, homself eers as koning laat uitroep, met die hulp van die vorige aanvoerder van die leër, Jaob en die invloedryke priester Abjatar, die nasaat van Eli.
Gelukkig het Salomo ook gedugte mense gehad wat hom ondersteun het. Benaja, die een wat in die put afgeklim en ‘n leeu daar doodgemaak het (2 Sam 23:20) , en wat later die aanvoerdersrol oorneem. Sadok, wat uiteindelik hoëpriester word, en wie se nageslag die nageslag van Eli as uitverkorenes vir die priesterlike dinastie vervang, sowel as die profeet Natan, ‘n gedugte man van God, en ook sy ma Batseba. En só raak hy die opvolger van Dawid, die eerste dinastieke koning, die eerste koning in Israel wat die koningskap erf van sy pa.
Terug by ons verhaal: dan gaan Salomo om te offer, interessant genoeg by die hoogte in Gibeon, die vernaamste een in Israel, want dit was ook die plek waar die tent van ontmoeting (2 Kronieke 1:2-13) was.
God verskyn die nag aan hom in ‘n droom en gee Salomo carte blanche: ”Wat wil jy hê moet Ek vir jou gee?”
Interessant genoeg, gee Salomo eers erkenning aan sy pa, en spesifiek aan wat die Here vir sy pa gedoen het, maar vra dan nie iets vir homself nie, iets wat hy natuurlik later ook raaksien by die vrou wie se kind nog lewe, maar iets vir sy koninkryk, vir die taak wat die Here hom opgelê het. Hy vra vir gehoorsaamheid aan God dat hy reg sal regeer en in alles insig sal hê, ten spyte van die feit dat hy nog jonk en onervare is.
Maar die manier waarop hy dit stel, is verstommend. Gehoorsaamheid in die oorspronklike word met twee woorde geskryf. Salomo vra die Here vir ‘n “luisterryke hart” of soos die NIV vertaal “discerning heart”.
En die Here is só beïndruk met dié versoek van Salomo, dat Hy nie net aan sy versoek voldoen nie, maar sommer ook vir hom rykdom, aansien en ‘n lang lewe gee, amper soos Salomo dat later vir die vrou doen. Maar die belangrikste is dat God vir Salomo wysheid en insig gee, ‘n luisterende hart.
En die wysheid was inderdaad indrukwekkend.
- Ons sien dit in die verhaal van die 2 vroue wat stry oor die oorlewende kind, hoe hy met insig luister.
- Ons sien dit in die uitstekende plan wat Salomo beraam met die houtkappery vir die tempel bouplanne. Hy werk met die gedagte van skofte vir sy werkers: 1 maand weg met die kappery in Libanon en 2 maande terug by die huis (1 Kon 5). En laat ons ook onthou dat met die bou van die tempel hy daarin geslaag het om die godsdiensbeoefening van Israel te verenig, iets wat daarvoor nog nie moontlik was nie.
- Hy is verantwoordelik vir ‘n hele aantal spreuke en psalms waarvan ‘n hele paar in die Bybel opgeneem is (Spreuke, Hooglied, Prediker, Psalm 72 en 127).
- In plaas van veldslae, gaan hy verdrae aan met die ander volke en raak bekend vir sy oorleg en wysheid. Hy is nie net bekend vir ons deur die Bybel en die Spreuke van Salomo nie. Daar is talle verhale van hom in die Arabiese en Ethiopiese geskiedenis. In talle ander volksliteratuur uit dié tyd eer hulle hom as ‘n wyse, en verheerlik sy intellek en ander vermoëns. In die Arabiese en Ethiopiese tradisies word ook vertel dat hy ‘n kind by die koningin van Skeba gehad het, Menelik I, die stigter van die Ethiopiese dinastie.
Die feit dat Salomo uiteindelik in sy middel-vyftigs die pad byster geraak het, lief geword het vir perde (simbool van mag) en die afgode van sy baie vroue, ten minste liewer vir hulle geword het as vir die Here, neem nie weg dat hy ‘n ongelooflike gawe gehad het nie, die gawe van wysheid.
En dit is dié kant van Salomo, sy wysheid, wat ons inspireer.
Hoe kry ons wysheid?
Op dieselfde twee maniere:
- Een: Ons leer om te luister.
- En twee: ons luister totdat ons insig kry, en die Here dit vir ons gee.
Jy leer wysheid deur na te dink oor wat gebeur, deur te luister na wat God daaroor sê, in die Bybel, in gebed, in die kleingroep waaraan jy behoort, en met die insig wat jy kry op te tree, en verder te luister.
Want, onthou, Salomo het nie net ‘n besluit geneem, dit is jóú kind nie. Nee, hy het ‘n onverwagse opdrag gegee, na hy goed geluister het, sny die kind in twee stukke en gee vir elke vrou een. Hy lok dus reaksie uit deur hierdie vreemde opdrag. Sielkundiges sal ‘n “reframing” tegniek hierin herken. Sy opdrag plaas die 2 vroue skielik in ‘n ander situasie as dié waarin hulle gestry het. Hulle het gestry oor wie se kind dit is. Salomo laat hulle nie verder toe om dít te doen nie, maar laat hulle nadink oor die lewe van die kind. En dit verander alles!
En let op hoe Salomo toe weer luister – wat gaan hulle sê, wat gaan hulle doen? En het hulle nie gepraat nie: “Sny hom deur” donder die een ... en “Asseblief, moet hom tog net nie doodmaak nie,” smeek die ander vrou.
En eers toe Salomo dít hoor, en weer geluister het na hulle, daal die insig neer en weet hy, die kind behoort aan die ma wat bereid is om haarself op te offer ter wille van haar kind. Sy is bereid om afstand te doen van haar kind, sodat hy nie doodgemaak word nie. Eers toe Salomo dít hoor, het hy ‘n besluit geneem en die kind vir die regte ma gegee.
Die geestelike dissipline wat jy en ek dus moet aanleer, is om te luister. Luister lei na insig. Luister lei na helderheid. Luister lei na wysheid.
En dit is so eenvoudig soos,
- Om in ‘n groep aan te leer om te eggo. Dit is een van die maklikste dinge om te sê, en soms een van die moeilikste dinge om te doen. Eggo beteken jy sê vir iemand wat jy gehoor het by hom of haar, totdat hy of sy vir jou sê, jy het reg gehoor. Jy hoef nie saam te stem met wat hy hoor nie. Om die waarheid te sê, jy sal meesal nie noodwendig saamstem daarmee nie. Jy mag ook nie iemand reg help nie. Want dan oordonder jy die persoon. Jy mag ook nie iemand doodpraat nie. Dan domineer jy eenvoudig die gesprek. Jy het eers geluister, as die ander persoon ervaar dat hy of sy gehoor is.
- Om in jou stiltetyd na te dink oor wat met jou gebeur het, die vorige dag, die vorige week, die vorige jaar – en te luister na die insigte wat na vore kom. Dit is die eeue-oue gebruik van die Daaglikse Ondersoek (daily examen).
- Om die Bybel nie net te lees om te analiseer nie, maar om te luister na wat God vir jou sê. En dit beteken dat jy jou gedagtestrooom stiller moet kry, deur af te skakel, tyd te neem, te reflekteer, totdat daar vir jou insig oopgaan. En dit is baie keer ‘n woord of ‘n frase in ‘n Bybelgedeelte. Een van die maniere om dit te doen is deur die eeue-oue gebruik van Lectio Divina.
- Om soms te gaan sit en net te begin skrywe – dit is ongelooflik watter kreatiewe nadenke dit by jou losmaak.
- Of ‘n Joernaal te hou en getrou te skryf oor wat gebeur en daaroor te reflekteer.
- Om soms vir ‘n retreat te gaan, en tyd te spandeer met die Here, alleen of saam met mense wat naby aan jou is, en te luister watter insigte die Here vir jou gee.
- Om te leer om “koerant te luister”, nie net te lees nie, en te leer om nie net kwaad te word as iemand iets skryf wat van jou idee van die werklikheid verskil nie, maar om só te probeer luister dat jy vir hom die kernpunt van sy argument sou kon weergee as jy met hom in gesprek sou gaan, of daaroor met ander mense gesels.
Ek vermoed dat dit die enkele grootste ding is wat ons moet leer as ons as gemeente en as kerk nog ‘n funksie in ons gemeenskap, land en wêreld wil hê, om te luister.
Want dit sal die wyse insig bring oor die pad vorentoe, verryk met tallose perspektiewe, veral ook van mense wat anders as ons is, en anders as ons dink.
Ons het wysheid nodig
En ons het dit so nodig!
Dink aan die taaldebat in ons land. Lees weer die week prof Russel Botman se artikel in Die Burger en die saak wat hy uitmaak vir die behoud van Afrikaans as onderrigtaal in ‘n meertalige omgewing. En ek kan my al indink aan die argumente wat Leopoldt Scholtz op die tafel sal sit wat met navorsing probeer aantoon dat dit nie kan werk nie. Daar is baie wysheid nodig om mense mekaar te laat vind in die proses.
Dink aan die regstellende aksie debat in ons land.
Dink aan die afloop van die Wêreldbeker in ons land. Daar is wysheid nodig om die energie en die eensgesindheid en die hulpbronne in terme van mense en geriewe en vaardighede te kanaliseer en tot voordeel van almal aan te wend. Daarom is hierdie Keep on flying projek so belangrik.
Soms is dit so dat dit juis deur skande en skade is wat ‘n mens wys word. Jy stamp jou kop en leer daaruit. Maar dit is natuurlik die kritiese voorwaarde, dat jy daaruit leer.
En om te leer uit jou foute, moet jy leer om te luister.
Bybelse wysheid draai dus eintlik om een kern vermoë, die vermoë om te luister, na God in die eerste plek en na die mense met wie ons in aanraking kom.
God wil vir ons wysheid gee
Die wonder is, wysheid is presies wat God vir ons wil gee!
Jakobus 1:5-6
As een van julle wysheid kortkom, moet hy dit van God bid, en Hy sal dit aan hom gee, want God gee aan almal sonder voorbehoud en sonder verwyt. Maar ’n mens moet gelowig bid en nie twyfel nie,
Net soos hier vir Salomo – die Here wil vir ons ‘n “luisterende hart” gee. Soos die Kronieke skrywer op ‘n ander plek sê: “Die Here het sy oë oral op die aarde sodat Hy dié kan help wat met hulle hele hart op Hom vertrou.” (2 Kron 16:9).
Daarom nooi ek jou uit dié week en die kwartaal om op reis met ons te gaan. Ons het 10 stories wat ons inspireer, sommige is uitdagend soos dié storie van Salomo, ander is ontstellend, soos die storie van Jerobeam, waarmee ons volgende week gaan werk, ander is gerustellend, soos die verhaal van Elia op die berg. Maar, in almal, gaan ons die Here se stem hoor wat ons inspirereer om geestelik te groei.
Gebruik die blaadjie met die kleingroep materiaal. Gebruik die Joernaal vir die erediens. Woon die Didage by. Daar is 4 heerlike opsies om uit te kies. En as jy nie daarby kan uitkom nie, lees dan die dagstukkies by bybelskool.com en skryf jou kommentaar en ook jou vrae daar. Registreer net daar, en jy sal die bydraes outomaties elke weekdsdag in jou e-pos Inbox ontvang. En ons sal reageer.
- Die Here wil jou geestelik laat groei. Dit is Hy wat die insig gee. Dit is Hy wat ons lewens rig.
- Ons as leiers se verantwoordelikheid is om materiaal voor te berei wat jou kan help om geestelik te laat groei.
- Maar, jy is verantwoordelik om aan te meld, betrokke te raak, deel te neem.
Mag díe kwartaal se reeks jou daartoe help, met die Stories wat inspireer.
Liturgie
Toetrede
- Luisterlied
Lofsang
- Lied 449 – Halleluja! Ons loof U, Heer; aanbid U, Vader, gee U eer – staan
- Lied 199 – Loof die Here uit die hemel, loof Hom deur wie ons bestaan – staan
- Lied 221 – Loof die Heer omdat Hy goed is; daar’s geen einde aan sy liefde – sit
Kindertyd
Hoe was die vakansie? Het julle sokker gekyk?
Ek wil hoor hoe slim julle is?
Koning Salomo het eenmaal ‘n baie belangrike besluit neem.
In Jerusalem was daar 2 vroue. Hulle het in dieselfde huis gebly en in dieselfde week elkeen ‘n baba gekry, 2 seuntjies. Die seuntjies is net 3 dae na mekaar gebore. Een nag het die een ma haar seuntjie doodgelê. Sy was baie hartseer. Maar toe staan sy stilletjies op en gaan ruil haar dooie seuntjie om met die ander vrou se lewendige seuntjie. Die volgende oggend toe raak die ander mamma met die dooie seuntjie wakker. En toe is sy baie hartseer. Maar toe sy mooi kyk, toe sien sy, maar dit is nie my seun nie. Dit is die ander vrou s’n. En toe sy nog mooier kyk, sien sy, maar die ander vrou hou haar seun vas. “Gee my kind” sê sy vir die ander vrou. Maar die ander vrou wil niks weet nie. Sy sê, dit is my kind.
En so kom die 2 vroue by koning Salomo aan en vertel vir hom hulle storie, en hulle stry met mekaar oor wie se kind is die lewendige seuntjie.
En hy dink by homself. Die een vrou sê die ander se kind is dood, en myne lewe. En die ander vrou sê haar kind is lewendig en jou seun is dood.
Wat sou julle gedoen het? Hoe sou julle besluit het?
Wel, koning Salomo het gesê: “Bring vir my ‘n swaard!” En toe sê hy vir sy mense: “Sny die kind wat lewe in twee stukke en gee vir elkeen van hulle ‘n helfte!”
Maar die ma, wie se kind dit eintlik was, skrik toe só groot, die Bybel sê: “haar hart het inmekaar gekrimp oor die lot van haar baba,” dat sy vir die koning begin smeek en vra dat hy asseblief nie die seuntjie wat nog lewe moet doodmaak nie, maar liewer vir die ander vrou sal gee. Sy wil net nie hê die seuntjie moet ook doodgemaak word nie.
En wat dink julle sê die ander vrou? Sy sê: “As ek hom nie kan kry nie, kry hy hom ook nie. Sny hom deur!”
En wat dink julle sê koning Salomo? Hy weet onmiddellik hierdie laaste vrou is nie die ma van die kind nie. Sy wil die enigste kind wat lewe ook nog doodmaak. Dit moet die eerste vrou wees wat vra dat hy die kind se lewe moet spaar.
En hy gee die seuntjie vir die eerste vrou.
Darem slim nê?
Die Here het Salomo wysheid gegee. En hier sien ons hoe wonderlik die Here hom gehelp het om ‘n moeilike saak op te los.
Gebed
Lied 254 – Spreek Heer, spreek Heer, want u dienaar luister. (x2) – sit
Gebed
Dankoffers
Slotsang
- Lied 524 – God roep ons om met woord en daad vir Hom te leef en werk – staan
Seën
Amen
Lied 313
‘n Paar Wyshede om aan te herkou
Rick Warren
- God did not bring you this far just to leave you where you are. "He who began a good work in you will complete it" Ph.1:6
- "Socialism always eventually runs out of other people's money to spend" - James Robison
- Talking about your own suffering in an attempt to identify with someone in pain NEVER helps. Just be there & listen in love.
- "Never abandon yourselves to despair! We are the Easter people and hallelujah is our song.!" - John Paul II Pope John Paul II
- Integrity is like virginity. Once you give it up it's gone for good."The dishonest are ruined by their own duplicity"Pr11:3
- Jesus began his Church as a FAMILY. It changed to an institution in Rome, a political view in Europe,& a business in America.
- Many activities aren’t necessarily wrong, just not necessary! Do what's indispensible. “Let the dead bury the dead” Lk.9:60
- Imperfections make your face uniquely YOU -proof God didn’t want a clone of anyone else. Every mark is a beauty mark to God.
- God watches how accurately u represent the words of those u disagree with..It's dishonest to use their words out of context
Alexander Solzhetnitsyn
- Violence can only be concealed by a lie, and the lie can only be maintained by violence.
Harper Lee
- You never really understand a person until you consider things from his point of view. (from the character Atticus Finch)
Onbekend
- "The spaces between your fingers were created so that another's could fill them in."
| < Vorige | Volgende > |
|---|
Lewer kommentaar
Vorige preke
- Chris van Wyk
- 1 Sam 3 - Son 18 Jan 09
- 1 Samuel 17:56-18:5, 10-16 - Die hele Israel en Juda was lief vir Dawid - 21 Junie 09
- 1 Samuel 25 - Abigajil: om met vrygewigheid te leef - Son 1 Nov 09
- 1 Samuel 2:13-26 - Son 27 Desember 09
- 2 Korintiërs 3:12-18 - Die Bybel is 'n spieël wat ons verander - Son 31 Januarie 2010
- Die karakter van Dawid
- Erediens: Om te luister in 'n wêreld waar wysheid nodig is - 1 Konings 3 - Son 18 Julie 2010
- Fil 1:20-30 - Son 21 Sept 08
- Fil 2:1-13 - Son 28 Sept 08
- Fil 3:3-14 - Son 5 Okt 08
- Filippense 3:12-14 - Paulus: om met passie 'n doel na te streef - Son 22 Nov 09
- Galasiërs 2:15-21 - Jy is welkom net soos jy is - Son 13 Junie 2010
- Galasiërs 3:23-29 - In Christus is julle almal één - Son 20 Junie 2010
- Galasiërs 5:1,13-25 - Laat die Gees jou gedrag bepaal - Son 27 Junie 2010
- Galasiërs 6:1-17 - Saai op die akker van die Gees - Son 4 Julie 2010
- Gen 50:15-21 - Son 14 Sep 08
- Gen. 2:4b-7; Jer. 18:1-6; 2 Kor. 4:7 - God as Pottebakker - Son 6 Sept 09
- Handelinge 10 - Petrus steek grense oor deur ander kulture in te sluit - 27 Mei 2009 - Pinkster 5
- Handelinge 10:44-48 - Son 17 Mei 09
- Handelinge 11:19-30 - God werk deur gewone mense - Son 2 Mei 2010
- Handelinge 16:11-40 - Die Gees stuur ons gemeente oor grense - 31 Mei 09 - Pinkster 7
- Handelinge 17:16-34 - Paulus steek grense oor deur met intellektueles in gesprek te tree - 28 Mei 09 - Pinkster 6
- Handelinge 2:42 - Die Connect Faktor - Son 2 Nov 08
- Handelinge 4:32-35 - Son 19 April 09
- Handelinge 4:5-12 - Son 3 Mei 09
- Handelinge 5:27-32 - Gehoorsaamheid, al kos dit wat ook al
- Handelinge 6:1-7 - Jerusalem steek grense oor deur om te gee vir behoeftiges - 25 Mei 09 - Pinkster 3
- Handelinge 8:26-40 - Filippus steek grense oor deur ander etniese groepe te bedien - 26 Mei 09 - Pinkster 4
- Handelinge 9:32-42 - God gee vir gewone mense om - Son 18 April 2010
- Hebr 4:12-13 - Son 8 Mrt 09
- Hebreërs 4:14-16 & 5:7-9 - Goeie Vrydag - Vry 10 April 09
- Jer 31:31-34 - Son 29 Maart 09
- Jesaja 25:6-9 - Paas Sondag - 12 April 09
- Jesaja 50:4-9 - Son 5 April 09
- Jesaja 8:23-9:6 - Kersdag 09
- Joh 4 - Son 25 Jan 09
- Johannes 12:22-26 - Son 19 Okt 08
- Johannes 16:12-15 - Ons sal die waarheid ken - Son 30 Mei 2010
- Johannes 4 - Jesus steek grense oor deur gender - 24 Mei 09 - Pinkster 2
- Kolossense 3:12-17 - Die Bybel is 'n huis om in te woon - Son 7 Feb 2010
- Lukas 19:28-40 - Jesus se reisgenote - Son 28 Maart 2010
- Markus 10:35-45 - Volg in die voetspore van Jesus en jou lewe draai al hoe meer om diens - Son 14 Maart 2010
- Matt 13:24-30, 36-43 - Son 20 Jul 08
- Matt 16:13-20 - Son 24 Aug 08
- Matteus 2:1-12 - Oujaarsdiens 09
- Miga 4:14-5:5 - Son 20 Desember 09
- Preek 1 Augustus 2010: Om te vertrou in 'n wêreld waar broedertwis is - 2 Kronieke 16
- Preek 22 Augustus 2010: Om met verwagting te lewe in 'n wêreld waar God nog wonders doen - 2 Konings 5
- Preek: Om God te aanbid in 'n wêreld waar geestelike strukture bouvallig raak - 2 Konings 11-12 - 5 September 2010
- Psalm 110 - Kom sit aan my regterhand - Hemelvaart 22 Mei 2009
- Psalm 72 - Epifaniefees - Son 3 Januarie 10
- Rigters 13 - Die Gees steek grense oor met Randfigure - 24 Mei 09 - Pinkster 1
- Rigters 4-5 - Debora - om met moed en oortuiging te leef - Son 18 Okt 09
- Rom 10:8-13 - Die Bybel is ... 'n stem in ons hart en mond - Son 24 Jan 2010
- Rom 6:1-11 - Son 22 Jun 08
- Rom 6:12-23 - Son 29 Jun 08
- Rom 7:15-25 - Son 6 Jul 08
- Sefanja 3:14-20 - God is bly oor jou - Son 13 Des 09
- Deon Binneman
- 1 Samuel 15:34 - 16:13
- 2 Sam 1:1, 17 - 27
- Hand 8:26-40 So 10 Mei 09
- Hand 8:26-40 So 10 Mei 2009
- Hebr 4:12-15 en 6:11 en 12 - So 9 Nov 08
- Jeremia 8:18 - 9:2
- Joh 13:13-17 - So 28 Feb 2010
- Kol 1:1-14 - So 11 Julie 2010
- Luk 15:11-24 - Son 15 Feb 09
- Mark 12 - Son 15 Nov 09
- Matt 13:31-33, 44-52 - Son 27 Jul 08
- Numeri 11:11-15 So 30 Augustus 2009
- Preek 8 Augustus 2010: Om te bid in 'n wêreld waar ander godsdienste dreig om die oorhand te kry
- Ps 107 - So 22 Mrt 09
- Ps 8 - So 4 Okt 09
- Psalm 119:31-40 Son 7 Sep 08
- Rut 1:15-19 - Om met Toewyding te leef - 29 Nov 09
- Deon Loots
- Rethie van Niekerk
- 1 Pet 2:1-2 - Son 26 Okt 08
- 1 Sam 12 - Son 8 Nov 09
- 2 Sam 5 - Son 5 Jul 09
- 2 Sam 7 - Son 21 Des 08
- Ef 1 - Son 12 Jul 09
- Eks 3 - Son 20 Sept 09 - God is méér
- Erediens: 25 Julie 2010 - Om om te gee in 'n wêreld waar daar baie onderdrukking is - 1 Kon 12
- Gen 50 - Oujaarsdiens 31 Des 08
- Hand 13:4-12 Son 9 Mei 2010
- Hand 1:1-14 Wag op die Gees Don. 13 Mei 2010 Hemelvaart
- Hand 3-4 - Son 23 Nov 08
- Hand 9:36-43 - God gebruik gewone mense - Son 6 Jun 2010
- Hebr 1 - Son 28 Des 08
- Hebr 13 - Son 1 Maart 09
- Jes 42 God is verlosser Son 23 Aug 09
- Jes 6 - Son 7 Jun 09
- Jes 60 -Son 4 Jan 09
- Jes 63 - Son 13 Sept 09 - As God ver is
- Jes 66 - Son 9 Aug 09
- Joh 1 - Kersdag 25 Des 08
- Luk 24 - Son 26 April 09
- Mark 6 - Son 19 Jul 09
- Matt 13 - 17 Jan 10 Die Bybel is 'n saadkorrel wat ontkiem
- Matt 13:1-9, 18-23 - Son 13 Jul 08
- Matt 15:21-28 - Son 17 Aug 08
- Matt 16:21-28 - Son 31 Aug 08
- Matt 4:1-11 - Son 14 Feb 2010
- Matt 6 - Jesus - Om in afhanklikheid van God te leef - Son 11 Okt 09
- Miga 6 - Son 22 Feb 09
- Neh 8 - Son 1 Feb 2009
- Pinkster Aanbidding Ma 17 Mei 2010
- Pinkster Danksegging Do 20 Mei 2010
- Pinkster Gebedsimfonie Sa 15 Mei 2010
- Pinkster Hand 1:1-14 Julle sal krag ontvang Son 16 Mei 2010
- Pinkster Joh 14 Die Gees sal by julle bly Son 23 Mei 2010
- Pinkster Korporatiewe gebed Son 16 Mei 2010
- Pinkster Skuldbelydenis Di 18 Mei 2010
- Pinkster Verootmoediging Vr 14 Mei 2010
- Pinkster Voorbidding Wo 19 Mei 2010
- Preek 15 Augustus 2010: Om tot verhaal te kom in 'n wêreld waar mense maklik uitbrand - 1 Konings 19
- Preek 28 Augustus 2010 - Om geregtigheid te doen in 'n wêreld waar onreg so baie keer seëvier - 1 Konings 21
- Ps 124 - Son 27 Sept 09
- Ps 22 - Vry 2 April 2010
- Ps 29 - Son 11 Jan 09
- Son 26 Jul 09 - Eksodus 3



AANDDIENS: PREKE
BIDDEND LUISTER








