06 Julie 2008
Posted in
Preke -
Chris van Wyk
| Artikel Indeks |
|---|
| Rom 7:15-25 - Son 6 Jul 08 |
| Woordverkondiging |
| Leef in die kragveld van die Gees |
| Alle bladsye |
Inleidend
Die gedeelte is seker een van die mees betwiste gedeeltes in die Romeine brief. Die meeste uitleggers lees die gedeelte as ’n blik op Paulus se innerlike stryd teen die sonde. Ben Witherington (in sy Paul's Narrative Thought World) lees dit egter op ’n ander manier.Volgens hom tref Paulus aan die begin van hoofstuk 7 ’n kontras tussen die lewe voor Christus en die lewe in Christus, die lewe in die vlees teenoor die lewe in die Gees. In vers 5 praat hy byvoorbeeld in die verlede tyd van Christene se vorige lewe: “Toe ons nog ‘n sondige lewensbestaan gevoer het …” en in vers 6 in die teenswoordige tyd: “Maar nou is ons vrygemaak …”
In die verse wat ons nou gaan lees, sê Witherington, stel Paulus as illustrasie iemand in sy lewe voor Christus aan die woord, die menslike kondisie, en beskrywe die stryd wat daar in só ‘n persoon is, selfs in die goeie mense. Die “ek” in die verse is dus soos iemand voor Christus sou leef, terwyl aan die einde van hoofstuk 7 en dan veral in hoofstuk 8 Paulus wys hoe ‘n Christen in Christus lewe, in die kragveld van die Gees.
Romeine 8 is dus die “normale” lewe van die Christen in Christus en nie Romeine 7 nie. Anders, sê Witherington word hoofstuk 7 te maklik ‘n verskoning vir die sonde en neem dit nie die vryspraak wat Christus gebring het ernstig genoeg nie. Ons wat in Christus is, hoewel nie perfek of sondeloos nie, kan protesteer en breek met die sonde, omdat Christus ons vrygemaak het, en die Gees daarin vir ons bystaan.
Hoe ook al - jy kan dit ook op die tradisionele manier lees.
| < Vorige | Volgende > |
|---|





