Geskryf deur Rethie van Niekerk
|
14 Februarie 2012
Posted in
Preke -
Rethie van Niekerk
God nooi ons uit en ons kom tot rus
Verwelkoming & Afkondigings
Toetrede
Lied 168 Heilige Jesus Gemeente verse 1 en 3, koor vers 2 (sit)Votum & Seëngroet
Lofsang (Sondag verheerliking)
Lied 215 Besing die lof van Jesus saam Verse 1 en 5 almal, vers 2 vroue, vers 4 mans (staan)
Lied 223 Aan Jesus, Koning, al die eer Koor vers 1, gemeente vers 2-3 (sit)
Kindertyd
My gunsteling onderwysers:
Mnr Von Waltsleben – Gr 5 Wetenskap; streng – omgegee, gesorg verstaan
Mev Hatting – ekstra klasse, passie vak
Wie gunsteling onderwyser, hoekom?
Onderwysers baie NB werk,
werk hard –
voel nie lekker, gaan sleg – werk steeds julle te leer.
Jesus = onderwysers
NB Onderwysers bid
- Onderwysers / lektore – staan
Bid
• Die ministers van Onderwys, plaaslike onderwys-strukture.• Dankbaarheid vir uitstekende skoolhoofde en onderwysers, dosente, ouers en leerders.
• Plaaslike skole, skoolhoofde, beheerliggame, onderwysers, ouers en leerders.
• Die rol wat organisasie soos SAOU en FEDSAS speel om gehalte onderrig te verseker.
• Ons eie betrokkenheid en ondersteuning by skole.
• Voorbidding vir werklose jongmense
• Voorbidding vir Beheerraadverkiesings wat eindig op 31 Maart.
Sing
Lied 543 v2 O Verlosser, maak hul sterk (vervang "ek/my" met "hul") (sit)God praat met ons en ons luister
Vonkk 13 Ek is tot alles in staat (Fil 4:13) Koor 1x, gemeente 2x (sit)
Gebed
Skriflesing
Filippense 2:5-11
Preek
Dinsdag Valentynsdag.
Dag viering liefde –
meer blomme enige ander dag,
waarskynlik meer sjokolade,
restourante vol bespreek.
Tekenend ons kultuur obsessie met liefde –
sekerlik hoër ag as enige era voor ons.
Tog kan nie anders
bewus wees
effense oppervlakkigheid –
asof sagte speelding
- vir grootmens! –
verteenwoordig diepte liefde.
Nie verkeerd verstaan:
nie nou verskoning nie Valentynsdag!
blomme & sjokolade & geskenke & romanse wonderlik!
Wat wel sê,
ons kultuur –
ten spyte absolute obsessie liefde –
nie altyd lekker verstaan wat liefde is.
Getuig egskeidingsyfer
mishandeling
pornografie.
Leef met vreemde spanning rondom liefde –
geweldig hoë verwagtings
en eindelose teleurstellings.
Spanning bron van inspirasie
talle liedjies, stories.
rivier –
by bron diep,
skoon
helder
heerlik
sterk stroom
Hoe verder van bron,
hoe stadiger,
vuiler
vlakker.
Vandag dan goeie tyd
terugkeer na bron
leer wat liefde regtig is.
Teks hoogtepunt Filippense –
alles Paulus sê saamkom,
waaruit hele teologie gebore.
Tog ook van moeilikste konsepte te begryp –
nb hele konteks -
reeks,
kleingroepe.
2010, reeks gasvryheid,
ook hieroor gepreek –
leef vrygewig.
Hierdie keer selfs nog meer geworstel as vorige keer!
Hierdie teks
beste kykie op wie God is.
1 Joh 4 "God is liefde" –
liefde kern van God wese,
dan hierdie teks
vir ons uitspel HOE daardie liefde lyk.
Wat sien,
is God liefde self-ontledigend.
Kenosis.
NAV:
Jesus het self verneder –
het homself ontledig,
leeg gemaak.
Kleingroepmateriaal:
Is nie iets Jesus aangedoen.
Is wie IS,
deel van identiteit.
Feit Jesus self ontledig,
beteken nie op manier afstand doen van goddelikheid.
Bevestig jy dat hy God is!
En in Jesus self ontlediging,
in kruis,
kry beste prentjie denkbaar
van wie God is –
hoe God liefde is.
Kruis trek gordyn op God oop,
openbaar God.
Ons almal weet kruis Jesus tyd –
laagste manier doodgaan,
skande
slegs slegste mense
NT Wright sê so pragtig:
Kruis magtige simbool Jesus tyd.
Simbool politiek –
onkeerbare militêre mag Romeinse Ryk
Simbool teologie –
goddelikheid van Keiser,
wat mag agter magtige Romeinse weermag.
Wanneer Jesus aan kruis sterf –
God aan kruis sterf –
word daardie mag deurbreek,
word kruis simbool iets heeltemal anders:
nie Keiser naakte mag
maar God naakte liefde.
Want dis hoe God kies self openbaar –
aan kruis.
Deurlopend van Jesus:
versoeking in woestyn –
kan met mag ingryp!
Kies nie te doen –
want dis nie wie God is.
God is die een
wat homself volledig gee.
Interessant Paulus Jesus kruisdood nie aan mense sonde verbind –
woord sonde nie een keer Filippense!
Kruis eerder metafoor sê wie God is,
lewe en identiteit van Jesus beskrywe.
Wat beteken:
God is kruisvormig.
God se liefde is naak,
kwesbaar,
selfopofferend.
God se krag is juis in sy swakheid.
Daarom gepas vandag,
Sondag van verheerliking,
hierdie teks lees.
Want juis in kruis Jesus verheerlik word,
juis self ontlediging
lei erkenning wie hy is.
Dan sê teks:
selfde gesindheid moet in julle wees.
So ons optrede
moet gevorm word
langs selfde lyne
as Christus self-ontlediging.
In manier ons optree,
fundamentele aspek van God reflekteer.
Probleem is,
verstaan so sleg,
dat selfs wanneer so probeer leef,
misvorm.
Self-ontlediging
word
self-vernedering
self-vernietiging,
waar nie waarde heg aan self.
Maar self-ontledigende liefde
bevestig juis waarde van ander
EN self.
Jesus wet:
naaste soos jouself!
Wanneer dan praat oor hoe self-ontledigende liefde lyk,
baie voorbeelde.
Peter-hulle Ithemba Lam
Familie weeskind aanneem.
Doen nie omdat self nodig het,
maar vanuit liefde.
Tog,
soos weke verby gaan,
begin familie –
voorheen op eie volledig was,
begin kind aangeneem nodig kry!
Kind se afwesigheid gevoel,
kind seer hulle seer,
kind vreugde hulle vreugde.
Daad van liefde
familie verander
kwesbaar gemaak.
In liefde het eie volledigheid opgegee.
Wanneer mense nood sien,
regtig raak –
saam huil,
pyn deel.
Help –
nie net omdat kan,
maar omdat self gegee,
self ontledig in ander se pyn.
Baie voorbeelde,
maar nie reël.
Kan nie stel reëls maak,
sê so gaan self-ontledigende liefde lyk.
Gevaar,
as nie reëls neerlê,
dat wonderlike ideaal raak,
maar eintlik onpraktiese idee.
Nie reëls self-ontlediging,
wel paar lyne trek:
Eerste gaan oor opoffering.
Self-ontlediging
is NIE in alle gevalle opoffering.
Is wel in alle gevalle BEREIDHEID om op te offer.
Wat dit beteken
dat mens in enige situasie
bereid moet wees om
bewustelik
eie belange opsy te skuif,
laat gaan,
DAN te sien of opoffering nodig
of nie.
Opoffering kan nodig wees
wanneer potensiaal het
om situasie / verhouding
transformeer,
tot hoër vlak te neem.
Opoffering NIE gepas
wanneer vanselfsprekend aanvaar word deur ander.
Ander veronderstel gaan opoffer,
verloor daardie offer mag
om situasie te verander.
Dan kragteloos.
Kan nie harde hart versag.
Self-ontlediging
beteken nie bv
in verhouding bly waar mishandel word
in werk bly waar verkeerde gedrag verwag word,
Beteken wel dat ook in so situasie
uit liefde optree –
kan soms wees
dat liefde jou dwing
teen onreg op te staan
iemand spieël op te hou eie gedrag
uit situasie te kom –
wat dit self-prysgawe maak,
is gesindheid van liefde –
omdat vir ander omgee.
Self-opofferende liefde
sal altyd alle mense as kinders van God sien,
ook vyand
ook magte teen ons werk
onderdruk
geweld.
En omdat sien as kinders van God
vanuit liefde optree
manier vind situasie hanteer
God eer –
Sodat elke knie buig,
elke tong erken
Jesus Christus Here
tot eer van God die Vader.
Kom gebruik hierdie week Valentynsdag
na te dink oor God liefde,
wat dit van ons vra.
Nie oppervlakkige liefde
eintlik meer fokus op my eie plesier en gemak,
maar self-ontledigende liefde,
uitdaag self volledig te gee,
ander lief te hê.
Mag ons so leef –
in moeilike situasies,
konflik,
korrupsie,
misbruik -
wêreld stop
vra hoe moontlik,
vir Christus daarin herken
en Vader eer.
God stuur ons om te leef
Gebed
Kerkraadvoorstelling
Lied 268 Laat Heer u seën (sit)
Dankoffer
Koor Vonkk 57 Ek gee aan julle 'n nuwe gebod
Slotlied
Lied 271 Here Jesus wat my lewe (staan)
Seën
Respons Lied 215 refrein en dien hom, volg hom, loof hom...(staan)
| < Vorige | Volgende > |
|---|






