Geskryf deur Rethie van Niekerk
|
21 Mei 2010
Posted in
Preke -
Rethie van Niekerk
Aankoms
Mense kom in stilte binne,
meditatiewe musiek speel
Op skerm: sit rustig, word stil, fokus op die Here
Verwelkoming
Rethie verduidelik wat gaan gebeur.
Begeleide stilword
Sit gemaklik
Begin stadig, diep asemhaal.
Asem in deur neus,
uit deur mond.
Diep asemteue.
Terwyl voortgaan diep asemhaal,
laat jou gedagtes tot rus kom.
Steeds diep asemhaal,
draai palms na onder,
alle gedagtes,
alles vandag gebeur,
elke uitasem -
sien hoe jy alle gedagtes laat val,
vir God gee.
Wanneer alles laat gaan,
steeds diep asemhaal,
draai palms na bo -
bevestig jou gereedheid God se Woord te ontvang.
Wag op Here.
Sang
Lied 254: Spreek Heer
herhalend, a-kapella
“Wie sê julle is ek?” - oordenking
Begelei inleef in te leef in verhaal van Matteus 16.
Verbeel jou saam met Jesus dissipels,
hang rond,
nie regtig besig met enigiets veel nie.
Jesus kom nader na julle,
vra vir julle:
Wie, sê julle, is ek?
Voor jy nog aan antwoord kan dink,
sê Petrus al:
U is die Christus, die Seun van die lewende God.
En dis maar dit.
Word nie veel verder daaroor gepraat,
aanbeweeg volgende onderwerp.
Maar jy kan nie die vraag uit jou kop uit kry nie.
Jy hou aan dink hoe jý vir Jesus sou antwoord.
Wie is Jesus vir jou?
Neem tyd en formuleer jou antwoord(e) op die vraag.
Probeer verby al die kerkerige antwoorde kom,
diep in jou hart:
wie, sê jy, is Jesus?
(Kan notas maak).
Stilte
Wanneer gereed,
verbeel jou Jesus vra vir jou:
Wie, sê jy, is ek?
Pouse
Antwoord vir Jesus.
Wees bewus van hoe jy voel terwyl jy hom antwoord.
Dink ook hoe hy reageer.
En hoe jy voel oor sy reaksie.
Stilte
Draai nou in jou verbeelding na Jesus en vra vir hom:
Wie sê u is u?
Luister terwyl ek ‘n lys lees van Jesus se beskrywings van homself.
Watter beskrywings haak by jou vas, spreek jou aan?
• Ek is Immanuel - God met jou
• Ek is die Wonderbare Raadsman
• Ek is die Magtige God
• Ek is die Vredevors
• Ek is die Een wat deurboor en verbrysel is vir jou sondes. Ek is die een deur wie se wonder daar vir jou genesing gekom het.
• Ek is die Koning
• Ek is jou vriend.
• Ek is die Dienaar van God.
• Ek is die Heilige van God.
• Ek is die groot Geneser.
• Ek is die Christus - die gesalfde - die Messias - die Redder van die wêreld.
• Ek is God wat mens geword het.
• Ek is barmhartig en genadig.
• Ek is simpatiek.
• Ek is die lewende Woord van God.
• Ek is die Skepper.
• Ek is die Lam van God.
• Ek is die Een wat eerder vir jou sal sterf as om sonder jou te leef.
• Ek is die brood van die lewe.
• Ek is die gewer van die ewige lewe.
• Ek is die lig vir die wêreld.
• Ek is God.
• Ek is die deur na God.
• Ek is die goeie Herder.
• Ek is die Een wat sy lewe vir jou aflê.
• Ek is die Opstanding en die Lewe.
• Ek is die Weg.
• Ek is die Waarheid.
• Ek is die Lewe.
• Ek is die ware wingerdstok.
• Ek is die Een wat aan die kruis gesterf en uit die dood opgestaan het.
• Ek is die rots waarop jy jou lewe kan bou.
• Ek is die een voor wie elke knie sal buig en elke tong sal erken ek is Heer.
• Ek is die een wat jou nooit sal verlaat nie, jou nooit in die steek sal laat nie.
• Ek is die Begin en die Einde.
Refleksie
Reageer nou weer op vraag:
Wie is Jesus?
Neerskryf
Praat met Jesus oor wat van Hom gehoor
Musiekstuk
Loof die Here God/ Bless the Lord my soul - sing herhalend, acapella.
Daarna speel CD van selfde lied.
Verlaat kerk in stilte
| < Vorige | Volgende > |
|---|






