Geskryf deur Rethie van Niekerk
|
21 Mei 2010
Posted in
Preke -
Rethie van Niekerk
Verwelkoming & afk
Pinkster - bid, wag op Gees (Donderdag Hemelvaart - koor)
Waltonpark & Kinderpinkster
Besoeke
Toetrede
Koor
Votum
Jak 4:8:
Stilte
Seën
Sang
Lied 166 (Kom, Heil’ge Gees) Gebed Gees teenwoordigheid (staan)
Lied 439 (O Heil’ge Gees, o God in ons) Loflied fokus Gees (staan)
Kindertyd
Sang
Wag op Gees -
gebed Lied 442
(Koor v 1, gemeente v 1& 2) (sit)
Gebed
Skriflesing
Handelinge 1:1-8
Preek
“Julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom...”
Baie konnotasies werk van Gees,
maar sterkste in Bybel uitstaan - van OT -
krag.
Belofte reeds Joël (2:28-29)
[lees 10 dae van dag-en-nag gebed Transformations & Jerigo Mure):
...sal Ek my Gees laat kom
op al die mense,
julle seuns en julle dogters sal as profete optree,
julle oumense sal drome droom,
julle jong mans sal visioene sien.
Hierdie belofte word in Handelinge kragtig waar!
Bekend “Handelinge van Apostels”-
eintlik Handelinge van Gees.
In Handelinge sien hoe belofte van Gees waar word,
dag uitstorting van Gees, 3000 tot bekering,
kerk met krag tot uithoeke van aarde versprei.
Johan Cilliers:
Wanneer ‘n mens Handelinge lees,
hoor jy hoedat die doodsbeendere ratel,
sien jy hoedat hulle roer,
beweeg
en lééf!
Been na been na been,
vleis en vel en Gees
deur Jerusalem sowel as die hele Judea en in Samaria en tot in die uithoeke van die wêreld.
Na alle kante toe spat die vonke,
skiet dit soos ‘n weerligstraal oor die aarde heen.
So evangelie met krag van Gees deur eeue bly voortbeweeg -
feit ons hier sit, produk daarvan.
Was ook geleenthede Gees nuut gekom,
mense besondere manier krag van Gees beleef -
ons noem dit herlewings.
In 1857 so herlewing begin in New York.
Tyd van ineenstorting van bankstelsel,
vervoer & handel belemmer,
moord,
algemene verval:
sosiaal, moreel, polities, geestelik & ekonomies.
Maar toe, in Sept 1857, begin Nederduits-Gereformeerde dominee in New York middaguur gebedsgeleenthede.
Eerste een,
konsistorie van Old Dutch Reformed Church in Fultonstraat,
6 mense bygewoon.
Gegroei,
wegspringplek geword vir herlewing NY,
versprei Amerika.
In twee jr. - 1857-1858 -
miljoen mense tot bekering
nog miljoen Christene nuwe ontmoeting met God,
hom voluit begin dien.
Totale VSA bevolking op daardie stadium 30 miljoen.
Op een stadium minstens 50 000 bekerings per week!
Res van wêreld hiervan gehoor,
begin bid,
ook herlewings beleef - o.a. Noord-Ierland, Skotland, Wallis.
Later ook SA -
nou-nou.
Eers minder bekende deel verhaal vertel:
In 1856 (dus jaar voor herlewing NY)
12-jarige Xhosa meisie,
Nongqawise,
profeteer dat al diere en voedsel moet vernietig.
Geprofeteer dat op 18 Februarie 1857
wonderwerk sou gebeur:
vee sou uit grond kom,
voedselbakke skielik gevul,
dooie krygers opgewek,
stamme van Afrika sou Europeërs in see dryf.
As geskiedenis van ons area ken,
weet Xhosa’s profesie gehoor gegee,
vee doodgemaak,
voedsel vernietig.
Aanleiding gegee skrikwekkende hongersnood.
18 Feb. 1857 gekom,
profesie nie waar geword -
honderde duisende Xhosa’s omgekom.
Maar in 1857 -
terwyl herlewing New York aan gang -
selfde tyd! -
herlewing onder Zulu’s in KZN.
Geweldige nood,
massa-hongersnood onder Xhosa’s Oos-Kaap,
gemaak ontvanklik vir evangelie -
herlewing in Grahamstad uitgebreek.
So, terwyl herlewing NY aan gang,
herlewing Zulu’s & Xhosa’s OK.
Groot skares mense elke aand kerk in Grahamstad -
op ou end alle rassegroepe,
invloed sovêr as PE & OL.
Jaar na herlewing in NY,
nuus ook SA grense bereik.
NGK begin bid herlewing.
In April 1860 konferensie Worcester,
kerk werklik begin smag herlewing.
En in Mei selfde jaar,
begin herlewing Montagu.
Versprei Suid- en Wes-Kaap,
later hele land -
ook hier by ons.
Dus 2 kante -
Xhosa-herlewing OK,
NGK herlewing WK.
Herlewing Worcester uitgebreek gemeente Andrew Murray
en Jan de Vries werksaam.
Vertel verhaal herlewing:
60 jongmense,
gewoonte: vra spesifieke gesang, voorgaan gebed.
15-jarige kleurlingmeisie.
Hoe liefhet ek Jesus.
Gedreun.
Gekniel, gebid.
Murray: vorentoe de Vries: wat gaan aan?
Verduidelik, Murray probeer stilmaak.
God is God van orde!
Ek is julle leraar wat deur God gestuur!
Begin sing - hou aan bid.
Ironies,
Murray,
gebid herlewing,
nie herken toe gebeur!
Maar gelukkig Gees werk herken,
skryf 250 boeke,
massiewe vormende invloed wie NGK vandag,
hieruit gebore gewoonte om 10 dae voor Pinsktersondag
gebedsgeleenthede te hou,
te wag, soos dissipels tussen hemelvaart en pinkster.
Natuurlik uitstaan,
gevolge van hierdie herlewing:
voor herlewing was geestelike doodsheid en louheid in baie gemeentes.
Aanbidding streng formeel,
gebedsbyeenkomste deur min mense bygewoon,
sonde gefloreer.
Herlewing:
sterk sondebesef,
(rusies opgelos, versoening - bure, families, sakewêreld)
gebedsbyeenkomste
nuwe energie getuig & gedien
Begin van kwartaal,
40 dae gebed herlewing.
nou 10 dae Pinkster,
dag en nag gebed.
Hiervoor bid:
herlewing.
‘n Besondere beweging van Gees
met besondere resultate.
Herlewing in heiligheid,
hele wese toewy aan God.
Julle sal krag ontvang wanneer die Gees oor julle kom.
Ongelukkig teendeel waar van baie van ons,
gelowiges,
wat Gees hét.
Soos verhaal van vrou wat man by baba se wiegie sien staan,
staan lank stil en staar.
sê naderhand:
wonderlik, né?
Man antwoord:
Ja! Kan nie dink hoe enigiemand so wiegie kan maak vir net R100 nie!
Gelowiges,
glo in Gees,
bely Gees het,
maar soos pa wat wiegie staan en bewonder.
Dink dis genoeg.
Geloof gewoon futloos.
Gebedslewe power, indien enigsins.
Beleef nie krag in gebed.
Neem voor: gaan Here voluit dien, bid...
maar na tydjie verflou.
Wat ons nodig het,
is KRAG van Gees.
Die “dunamis” - selfde woord “dinamiet”.
Wat is hierdie krag van die Gees?
Krag van Gees
is krag ons in staat stel om voluit vir Jesus te leef.
Almal so bekend stryd:
wil voluit vir Jesus leef,
konsekwent Christelik,
maar Paulus Romeine 7:
wat ek wil, doen ek nie,
maar wat ek haat, dit doen ek.
Gees is krag wat in staat stel om goeie te doen,
lewe vir Christus.
Beteken Gees ons ook krag gee te bid,
futlose, lewelose gebedslewe vul met krag en passie.
Maak dit vir ons moontlik -
en maklik -
om tyd met God te spandeer,
te groei -
lewe te ervaar in gebedslewe.
Jy kan hemel toe gaan sonder kragtige werking van Gees in jou lewe.
Maar kragtige werking van Gees nodig om hier op aarde te leef!
Tweede plek gee Gees krag om te getuig.
Dis waaroor hierdie hele besigheid gaan.
Is waarom ons Christene is.
Is ons één opdrag -
vir ELKEEN van ons -
te getuig.
Iemand vertel dat 95% van 4x4’s nooit van gewone pad afgaan.
Dis daarvoor gemaak,
maar word bykans nooit gebruik.
Al hierdie krag tot beskikking,
maar word nie gebruik vir doel waarvoor gemaak.
Krag van Gees maak bewus van eerste opdrag,
bestaansdoel as kerk:
te getuig.
Maar ons sukkel,
dink nie geleerd genoeg,
belangrik genoeg -
soos dissipels:
vissermanne -
3000 mense kom tot bekering.
Gees gee krag te doen.
Dissipels gedink krag ontvang te regeer,
vyande op plek te sit.
Krag wat ontvang,
was te getuig,
gehoorsaam te bly, self toe vervolg word.
Is jy moet vir futlose gebedslewe?
Vir selfde ou ding oor en oor?
Geloofslewe geen krag het?
Kom ons hou op om tevrede te wees met die minimum,
met Sondag na Sondag kerk toe kom en wonder waaroor eintlik gaan.
Kom bid gawe van Gees,
dat Gees sal vul,
krag van Gees sal ontvang.
Miskien jy nodig weer, opnuut, krag van Gees in lewe te beleef.
Miskien nog nooit beleef, nodig eerste keer.
Dalk Jesus nodig.
Praat nie van warm, fuzzy gevoel & hoendervleis,
maar van krag van Gees,
9 en hoe geweldig groot sy krag is wat Hy uitoefen in ons wat glo.
Dit is dieselfde kragtige werking van sy mag
20 wat Hy uitgeoefen het toe Hy Christus uit die dood opgewek
en Hom in die hemel aan sy regterhand laat sit het:
Gebed
Stil
anneer ek in my gebede aan julle dink,
17 bid ek dat die God van ons Here Jesus Christus, die Vader aan wie die heerlikheid behoort, deur sy Gees aan julle wysheid gee en Hom so aan julle openbaar dat julle Hom werklik kan ken.
18 Ek bid dat Hy julle geestesoë so verhelder dat julle kan weet watter hoop sy roeping inhou, en watter rykdom daar is in die heerlike erfenis wat Hy vir die gelowiges bestem het,
19 en hoe geweldig groot sy krag is wat Hy uitoefen in ons wat glo. Dit is dieselfde kragtige werking van sy mag
20 wat Hy uitgeoefen het toe Hy Christus uit die dood opgewek en Hom in die hemel aan sy regterhand laat sit het:
21 hoog bo elke mag en gesag, elke krag en heerskappy, en wat daar ook al sprake van mag wees, nie net in hierdie bedeling nie, maar ook in die bedeling wat kom.
22 Ja, aan Hom het God alles onderwerp, Hom bo alles verhef en Hom aangestel as hoof van die kerk.
Dankoffer
Tyd van toewyding
Koor lied
Slotlied
Gebed, herlewing, lewe deur Gees
Pinkster
As nie laaste paar dae,
nooi volgende paar dae saam my wag op Gees,
vanaand: hoekom korporatiewe gebed,
daarna elke aand saam bid.
Seën
| < Vorige | Volgende > |
|---|






