Verwelkoming
Verduidelik wat gaan gebeur
Sang
Taizé:  Wait for the Lord
Gebed
Rethie lees Ps 131
Lied
Lied op CD - Prophet “Paradysplagiaat”
Skriflesing
5  Dít is nou die boodskap wat ons by Hom gehoor het
en aan julle verkondig:
God is lig,
en daar is geen duisternis in Hom nie.
6  As ons beweer dat ons aan Hom deel het,
en ons lewe in die duisternis,
lieg ons
en handel ons nie volgens die waarheid nie.
7  Maar as ons in die lig lewe
soos Hy in die lig is,
het ons met mekaar deel aan dieselfde gemeenskap
en reinig die bloed van Jesus, sy Seun,
ons van elke sonde.
8  As ons beweer dat ons nie sonde het nie,
bedrieg ons onsself
en is die waarheid nie in ons nie.

stilte
Skuldbelydenis
 Klip
• Is daar onbelyde sonde in jou lewe? stilte
• Het jy onvergewensgesindheid en bitterheid in jou lewe? stilte
• Is daar enige twyfelagtige praktyke of aktiwiteite in jou lewe?
• gehoorsaam jy die Heilige Gees dadelik in alle dinge?
• Bely jy Jesus onbeskaamd?
Praat met Here hieroor.
Lied
Change my heart o God OF Create in me a clean heart

Skrifmeditasie
 sit met klip in hand.
 
Gaan inleef in verhaal van Johannes 8:1-11 - vrou betrap man verneuk.
 
Jy ergste nagmerrie het waar geword.
Half kaal word jy soos ‘n stuk gemors deur die strate gesleep
deur ‘n klomp woedende mans wat wil wraak neem.
As ‘n vrou voel jy blootgestel en kwesbaar. 
Jy kan jouself nie beskerm nie. 
 
En hulle het die volste reg om jou so te behandel.
Jy is skuldig aan ‘n vreeslike misdaad.
 
Jy het jou man verneuk.
Jy het seks gehad met ‘n ander man.
En jy’s gevang. 
Iemand het jou gesien en vertel wat jy gedoen het.
Die leiers van die tempel het by jou huis ingestorm gekom
En jou saam met die ander man in die bed gevang! 
 
Jy is uit die bed gesleep
Deur die strate,
Met net die dun kombers om jou naaktheid toe te maak.
 
Jy gesig is warm van vernedering.
Jy wil wegvlug,
Wegkruip. 
Liewers doodgaan.
 
Skielik besef jy:  jy gáán waarskynlik doodgaan. 
Die straf vir egbreek
Is om met klippe doodgegooi te word. 
 
Hulle sal jou op ‘n openbare plek laat staan,
‘n sirkel om jou maak,
Beledigings skree
En jou lyf met klippe gooi
Tot jy dood is.
 
Warm trane loop langs jou wange af.
Jou asem jaag.
Jy was in jou lewe nog nooit so bang nie.
 
Nou stop die klein skare mans
En vorm ‘n sirkel om jou.
Jy voel klein,
Hulpeloos
Vuil
Verdwaal.
 
Iemand skree:  Jesus, hierdie vrou is in die bed gevind saam met ‘n ander man met wie sy nie getroud is nie!  Die wet sê sy moet met klippe doodgegooi word.  Wat sê jy?
 
Die man, Jesus,
Kyk met sagte, hartseer oë na jou.
Sy oë lyk heeltemal anders
As dié van die mans wat jou nog die hele tyd aangluur. 
 
Jesus buk en begin in die sand teken.
Selfs tussen al jou vrees deur,
Wil jy graag aan sy hand raak terwyl hy teken,
Maar jy beweeg nie.
 
Die mans hou aan om Jesus oor en oor te bevraagteken. 
Wat dink hy moet met jou gedoen word? 
 
Uiteindelik staan hy op en sê:
Gooi haar maar dood.
Wie van julle ook al perfek is
En nog nooit enige sonde gedoen het nie,
Gooi die eerste klip.
 
Dan buk hy en hou aan teken. 
 
Alles raak ewe skielik baie stil. 
Dis asof die lug self verander.
 
Stadig begin die mans met die kwaai oë loop.
Een vir een laat hulle hul klippe val
Draai om
En stap weg.
 
Uiteindelik is dit net jy en Jesus. 
 
Jesus staan op
En daardie sagte oë kyk direk in joune.
“Waar is die mans wat jou aangekla het?”  vra hy.
 
Hulle is weg, antwoord jy sag.
 
Dan vat Jesus jou traan-besmeerde gesig in sy hande
En glimlag.
 
Hy sê:  Ek veroordeel jou ook nie. 
Ek is lief vir jou
En ek wil hê jy moet leef.
Gaan,
Weet dat jy geliefd is
En jy sal vry wees om regtig te lewe.
 
Oomblik stilte
 
Jy draai om
En begin stadig wegstap
Terug huis toe.
Jesus se woorde het ‘n stukkende deel van jou aangeraak.
 
Soos wat jy die kombers styf om jou lyf vashou,
Onthou jy sy liefdevolle gesig
En hoor jy weer sy woorde:
Ek is lief vir jou
En ek wil hê jy moet leef.
Gaan,
Weet dat jy geliefd is
En jy sal vry wees om regtig te lewe.

 Klip voor in kerk
Lied
Lied 510 Genade onbeskryflik groot

Skuldbelydenis namens ander

Sang
Lied 438 Gees van God, o Gees van lewe
Skriflesing
1 Joh 1:9:
Stilte

Geleentheid Gebed
Dankie vergifnis

Sang
Lied 245 Ek wat vergifnis, Heer, ontvang het.
Seën
Vul ons, o Heilige Gees,
sodat ons gedagtes heilig mag wees.
Werk in ons, o Heilige Gees,
sodat alles wat ons doen heilig mag wees.
Vernuwe ons harte, o Heilige Gees,
sodat ons sal liefhê wat heilig is.
Gee ons krag, o Heilige Gees,
sodat ons sal beskerm wat heilig is.
Bewaar ons, o Heilige Gees,
sodat ons altyd heilig mag wees
(Augustinus)
Lied
Ons Vader

 

AddThis Social Bookmark Button

Lewer kommentaar