Geskryf deur Rethie van Niekerk
|
11 September 2010
Posted in
Preke -
Rethie van Niekerk
Toetrede
Lied 512:1-2Votum
Ps 9:8-11Seëngroet
Ps 9:12Lofsang
• Psalm 89 v 1 & 5• Lied 509 v 1 & 4
Kindertyd
Dogtertjie in boom, bang, pa onder – spring, sal vang.Moet pa vertrou te spring = vertroue.
Spreuke 3:5-6 Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staat maak nie. Ken Hom in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop.
Wanneer bang, onthou God soos pa, sal vang, kan vertrou.
Gebed
Skriflesing & preek
Reeks Konings:Heilige Gees gebruik stories wat ons leer.
Vanoggend: om vir hom te lewe
In ‘n wêreld waar die landsituasie onveilig.
Ek bietjie verander:
Om hom te vertrou,
Onseker omstandighede –
Natuurlik onveilige landsituasie insluit,
Baie meer dinge onseker, bang, bedreig laat voel.
Vanoggend spesifiek matrieks,
Kan dink baie dinge bang:
Eksamen,
Toekoms – keuring, werk...
Daarom verhaal Hiskia 2 Konings 18-20.
Hiskia word koning Juda.
25 jr. oud
Van beste Konings Juda ooit gehad –
Word selfs vergelyk Dawid.
Eerste ding gedoen,
Godsdienstige herstel.
Hoogtes waar mense aanbid,
Laat verwoes,
Klippilare stukkend.
Interessant,
Ander konings probeer,
Herstel tempel,
Kan nie hoogtes afbreek.
Reeds hier Hiskia baie bereik!
2 Kon 18:5-6
5 Hiskia het op die Here die God van Israel vertrou. Nie een van al die konings van Juda voor of na Hiskia was soos hy nie.6 Hy was getrou aan die Here en het nie van Hom af weggedraai nie. Hiskia was gehoorsaam aan die gebooie wat die Here aan Moses gegee het.
Na godsdienstige herstel,
Begin ook politieke herstel:
Opstand koning van Assirië,
Filistyne verslaan en teruggedryf – stad vir stad.
In die tyd beleër koning van Assirië vir Samaria,
Israel in ballingskap weggevoer.
(Onthou vertel Israel / Juda geskeur tyd van Jerobeam & Rehabeam, twee koninkryke, dus Noordelike Ryk weggevoer).
Val dan ook Juda – dus Hiskia se mense – aan.
Een stad na ander beleër, val.
Hiskia laat weet koning dat verkeerd gedoen,
Sal boete betaal –
Betaal reuse boete,
Selfs Goud & silwer uit tempel – wat self herstel het.
Verwag natuurlik koning Assirië nou tevrede,
Troepe terugtrek.
Maar nie –
Stuur drie leiers met weermag na Jerusalem.
Roep koning
(sien in kop al flieks,
Vyand buite stad,
Drie verteenwoordigers vorentoe,
Roep)
Hiskia stuur drie van sy leiers met hulle te praat.
Hiskia leiers vra Assiriërs Aramees praat,
Want Juda troepe verstaan nie.
Maar Assiriërs gaan staan
Skeer hard in Judees –
Sodat almal verstaan,
Tart uit,
Sê gaan inval, oorneem, wegvoer.
Spot omdat, volgens hulle, vertrou op verkeerde plek plaas –
Egiptenare, God.
Tipiese sielkundige oorlogvoering.
Een ding hier op stad muur staan,
Vyand sien,
Weet reeds alle ander vestingstede oorgeneem...
Iets heeltemal ander hul leiers vertel wat gaan doen,
Verduidelik hoekom planne nie gaan werk.
Toe Hiskia hoor,
Stuur mense na Jesaja,
Vra bid.
Jesaja sê God gaan koning Assirië onrustig maak,
Sal na eie land teruggaan,
Daar doodgemaak word.
Wat toe gebeur, koning van ander land trek op koning Assirië aan te val.
Reageer?
Stuur mense na Hiskia met briewe:
Weer spot omdat Hiskia op God vertrou,
Sê God mislei hom,
Want nie een van ander lande gode kon help.
Wanneer Hiskia hierdie briewe kry,
Doen interessante ding:
18:14:
Hiskia het die briewe wat die gesante gebring het,
gevat en gelees.
Daarna het hy na die huis van die Here toe gegaan
en die briewe voor die Here oopgesprei.
Toe het hy tot die Here gebid:
"Here, God van Israel,
U wat oor die gerubs troon,
U alleen is God oor al die koninkryke van die aarde,
U het die hemel en die aarde gemaak.
• Hoor tog, Here,
• luister,
• kyk tog, Here,
• let tog op!
• "Hoor tog
wat Sanherib gesê het;
hy het U, die lewende God,
in sy boodskap beledig!
Dit is waar, Here,
die konings van Assirië het nasies
met lande en al
verwoes
en hulle gode verbrand,
maar dit was nie gode nie,
dit was die werk van mensehande,
hout en klip;
daarom is hulle vernietig.
Here, ons God,
red ons tog uit die mag van die Assiriese koning.
Dan sal al die koninkryke van die aarde besef dat U, Here,
alleen God is."
Let op desperaat Hiskia.
In desperaatheid, wat doen?
Bid.
Aangrypend: sprei briewe voor God oop.
Kyk hier, Here. Sien dit.
Begin, loof God.
Soebat:
• Hoor tog, Here,
• luister,
• kyk tog, Here,
• let tog op!
• "Hoor tog
Bevestig in gebed dat situasie regtig sleg IS.
Nie sommer sleg voel,
Dalk kan verkeerd loop,
Effens onseker.
Sy stad is beleër.
Ander stede reeds oorgeneem.
Geen ander koning kon nog Assiriërs weerstaan.
Maar terwyl dit sê,
Bevestig dat God vertrou –
Ander gode was nie gode.
Bid God sal red –
Interessant, nie eie ontwil,
Sodat hulle veilig –
Maar sodat nasies kan weet dat God ware God is!
Jesaja stuur boodskap –
God gebed verhoor, sal Assirië straf,
Juda nog vir jaar opslag eet,
Jaar daarna ook,
Daarna weer saai, oes, wingerde plant, druiwe eet.
Alles nie onmiddellik weer reg –
Maar God gaan red.
Daardie nag engel 185 000 Assiriese troepe doogemaak,
Assiriërs volgende oggend wakker,
Vlug –
Koning Sanherib 20 jr. later vermoor.
Uitstaan hierdie verhaal,
Hiskia vertroue –
Al regte goed gedoen,
Gedoen God van hom verwag –
Tog word ingeval, beleër.
Maar toe beleër word,
Nie eie planne gemaak –
God vertrou.
Hiskia gedoen Spreuke 3 sê:
• Vertrou volkome op die Here
• en moenie op jou eie insigte staat maak nie.
• Ken Hom in alles wat jy doen
• en Hy sal jou die regte pad laat loop.
Baie bekende storie,
Meeste al gehoor –
Bly goeie storie:
19e eeuse akrobaat Blondin,
Beroemd dat op to oor Niagra Watervalle geloop het.
In 1860 opvoering vir Britse koningshuis,
Loop oor tou op stelte,
Weer met blinddoek.
Daarna halfpad gestop en omelet gekook en geëet.
Volgende kruiwa gevat en van een kant na ander gestoot,
Teruggekom met sak aartappels in kruiwa.
Voor koninklikes gaan staan,
Vir Hertog van Newcastle gesê:
Glo jy dat ek die kruiwa met ‘n mens in oor die tou kan stoot?
Waarop natuurlik “ja” geantwoord.
“Nou toe, klim in.” Het Blondin gesê.
Maar natuurlik nee dankie gesê.
Want sien,
Een ding te glo Blondin mens oor tou kan stoot.
Ander ding in kruiwa te klim gestoot te word.
Een ding te glo God almagtig,
Regeer oor heelal –
Ook jou lewe.
Ander ding hom te vertrou met lewe.
Hoekom Spr 3 sê:
• Vertrou volkome op die Here
• en moenie op jou eie insigte staat maak nie.
• Ken Hom in alles wat jy doen
• en Hy sal jou die regte pad laat loop.
Ons natuurlik heel tyd besig te vertrou,
Sonder weet.
Vertrou mense wat huis gebou dat nie op kop gaan inval.
Vertrou bank met geld.
Vertroue is die praktiese uitleef van wat jy glo.
Beteken om in kruiwa te klim,
God vertrou met eksamen,
Met toekoms,
Met wat ook al bekommer.
Kan natuurlik gebeur hertog in kruiwa klim,
Halfpad gestoot,
Dan sê: whoa!
Uitklim, self probeer stoot.
Klink so bietjie belaglik,
Veral as weet wat op spel,
Maar natuurlik dikwels hoe ons met God maak.
Vertrou God halfpad,
Totdat sien lyk darem asof dinge okay verloop,
Dan spring uit,
Probeer self stoot.
Okay Here, ek’t nou toelating tot Univ. gekry,
Nou kan u eers bietjie opsy staan,
Ek sal weer kom praat wanneer tyd kom vir werk soek.
Vertroue beteken heel tyd God wil soek,
Nie eie insig staat maak,
Alles toets aan God.
Teks sê ook mooi:
Ken hom in ALLES wat jy doen.
Ons natuurlik hierdie ding –
Sekere goed geestelik, daarom met God te doen,
Ander goed “gewone” goed, niks met God te doen.
Spreuke sê: Ken hom in alles wat jy doen –
Nie sommige van die goed wat jy doen nie.
God gee om of jy Sondag in kerk is of nie,
Of jy Bybel lees of nie,
Of glo of nie...
Maar God gee ook om waarop jy jou geld spandeer,
Gee om wat jy swot,
Gee om hoe hard jy werk.
As in kruiwa klim,
Dan klim heeltemal in –
Nie stukkies uithang.
Dis hoekom seën vra voor eet –
Nie net daardie kos van God,
Erken alles van God.
Dis hoekom dankoffer in erediens –
Nie net tiende bring soos Bybel sê,
Maar ook spesifieke handeling,
Manier waarop erken alles God behoort,
Dat alles in kruiwa is –
Geld in sakkie gooi, simbool daarvan.
Wat by storie van Hiskia leer,
Is op God te vertrou –
Met alles.
Ook wanneer bedreig voel,
Odds heeltemal te hoog teen ons is,
Geen uitkoms sien.
• Vertrou volkome op die Here
• en moenie op jou eie insigte staat maak nie.
• Ken Hom in alles wat jy doen
• en Hy sal jou die regte pad laat loop.
Week besig teks Hiskia,
Ding my aangrypend was,
Beeld Hiskia in tempel briewe,
Dreigemente.
Briewe simbool van vrees, onsekerheid, magteloosheid.
Hoe briewe vat,
Voor God oopsprei.
Nooi vanoggend selfde te doen.
Almal ons goed ons onseker maak,
Bedreig voel –
Kan misdaad in land wees,
Eksamen
Wat toekoms gaan doen,
Hoe toekoms gaan uitspeel,
Kan bankrekening wees,
Besigheid,
Bekommernis oor land leierskap
Siekte,
Nooi dinge jou bekommer,
Op papier te skryf –
Soos briewe van koning van Assirië,
Dan hier voor op Nagmaalstafel te kom sit,
Voor Here oop te sprei,
Wete dat hy sien,
Jou gebed hoor.
Terwyl op hierdie manier bid,
Koor sing.
Skryf sake voor God wil lê, op brief.
Koor: Mag ons U liefde ken.
Kom maak soos Hiskia,
Sprei bekommernis oop voor Here,
Kom vorentoe,
Sit briewe op Nagmaalstafel.
Koor: (tot alles in staat; God skep hede)
Gebed matrieks –
Staan, student bid, sing Here God van liefde as gebed, vervang “ons” met “hul”Dankoffer
Slotlied
Lied 489 – oproep tot vertroueSeën
Lied 228| < Vorige | Volgende > |
|---|






