Verwelkoming

Toetrede

Lied 154 - Kom nou tesaam (sit)

Votum

Vanoggend saam as gaste van God.
Hy gasheer, ons genooi hier te wees.
By hom leer gasvryheid,
Hy gee vir ons alles wat hy het –
Sy skepping
En homself

Seëngroet

Daarom groet in Naam van Drie-enige God
Wie se gasvryheid ons hier – en elke dag – beleef
Genade en vrede vir elkeen van ons.

Lofsang

Lied 164 – Ons is almal hier tesaam (staan)

Wet

Lied gesing – "kom ons leef soos hy ons vra".
Hele woord wil van God vir ons lewe,
Vanoggend Matt 25:43-45

Gebed

 

Lofsang

Lied 200 – U goedheid Heer, kan ons nie peil nie (staan – bly staan)

Geloofsbelydenis

Voor God,
Vakansie herinner – erediens publieke gebeure.
Daarom geloofsbelydenis,
Bely veral teenoor mekaar,
En wêreld wat kyk,
Wat glo.
Staan – bely.

Toewyding

Flam 108 – Jesus maak my soos 'n sonstraal (sit)

Gebed

Here Jesus, bly by ons,
Want dit is amper aand en die dag is al verby.
Wees ons reisgenoot op die pad,
Laat ons harte warm word
En ons hoop wakker word.
Sodat ons u kan ken
Soos wat u openbaar word in die skrifte
En die gemeenskaplike maaltyd
Ons vra dit ter wille van u liefde.
(Book of Common Prayer)

Kindertyd

Hoekom Jesus aarde gekom?
Ons hemel toe gaan.
Maar weet wat – is nie hoekom.
Gaan hemel toe – jipee, bly.
Maar Jesus aarde gekom,
Om koninkryk te bou.
Wêreld donker,
Jesus lig kom aansteek.
Al in donker vertrek,
Iemand steek kers aan,
Steek volgende kers aan, volgende kers – hele vertrek helder!
Jesus eerste kers kom aansteek.
Wil graag hê almal kan sien.
As jou kersie brand,
Jy behoort aan Jesus,
Dan leef soos kind van Jesus.
Liggie brand – maak helder vir ander mense,
steek ook ander liggies aan.
Wanneer almal liggies skyn, dan Jesus koninkryk hier.

Skriflesing

Lukas 24:13-35 (Hele kwartaal)

& Hebr 13 (skerm)

Preek

Reeds gesê – begin vandag reeks "Leef Gasvry".
Vaardighede inoefen.

Belangrik wegspring vir mekaar sê wat gasvryheid is,
Spesifiek wat Christelike gasvryheid is,
Omdat deur eeue oorspronklike betekenis verloor.
Christelike gasvryheid baie meer
As ons vandag net dink – vriende & familie in huis innooi,
tafel kreun onder lekker kos.

Christelike gasvryheid is veral gasvryheid teenoor vreemdelinge
En vervreemdes.

Griekse woord NT gasvryheid –
Philoxenai
Letterlik "liefde vir vreemdeling".
Teenoor xenophobia – vrees vir vreemdeling.
Gasvryheid = liefde vir vreemdeling.

Christelike gasvryheid nie eerste plek verwelkoming vriende,
Die wat "soos ons is",
Maar juis openheid dié anders as ons is.
Dis openheid vir ander IN HUL andersheid,
Vir vreemdes IN HUL vreemdheid.

Vreemdelinge natuurlik nie net mense van ander lande.
Bonheoffer herinner dat mense naaste aan ons is,
Selfde taal met selfde aksent praat,
Dikwels grootste vreemdelinge is.

Hulle in ons eie huis, dikwels grootste misterie.

Oproep tot gasvryheid dus nie net vreemdelinge ander kulture,
Maar gewoon openheid die anders as ons –
Ook openheid vir andersheid van hulle wat naby ons leef.

Gasvryheid vra dat onsself sal oopstel vir ander en hul andersheid,
Raaksien dat openheid nie beteken eie identiteit prysgee,
Maar verruim.

As hierdie kwartaal praat gasvryheid ons gemeente,
Meer as net mense verwelkom by deure,
Nuwe intrekkers, besoekers.
Gaan oor etos,
Kultuur van gasvryheid,
Dat ons gemeente hawe is,
Identiteit deur gasvryheid gekenmerk word.
Dat oop is vir mense anders as ons,
In hul andersheid verwelkom,
Oop vir gawes wat na hierdie gemeenskap bring.

Gasvryheid in die Bybel

Heel kwartaal verhaal Emmaus-gangers ons meester-teks.
Baie interessante verhaal gasvryheid,
Soveel nuanses,
Deur kwartaal saam gaan ontdek.

Wonderlike verhaal gasvryheid –
Vreemdeling langs pad by 2 dissipels aansluit,
Hulle sterk uitdruk teenoor hom:
Jy enigste vreemdeling?
Enigste makwarakwara?
Maar laat tog toe saam reis,
Vertel verhaal.

Hy, wonderlike daad gasvryheid – luister.
En dan begin vreemdeling hulle leer,
Een van wie hulle niks verwag,
Gedink geen idee wat aangaan –
Help hulle te verstaan.

Wanneer by huis kom,
Dissipels daad gasvryheid – kultuur verwag –
Nooi in huis in.

In een van mees ironiese vertellings in Bybel,
Word gas gasheer,
Vra seën,
Breek brood.
En dissipels herken Jesus in vreemdeling.

Dis hart van gasvryheid.
Om Jesus in vreemdeling raak te sien.

Natuurlik nie enigste plek Bybel waar gasvryheid sien.
OT gasvryheid een van kern-waardes.
Verhaal altyd dink,
Abraham & Sara – engele huisves,
Waarna Hebr-teks verwys.
Maar uit hierdie verhaal,
Hele OT gewortel in gasvryheid.

Verbond grond – doel – is liefde vir vreemdeling.
God seën Abraham, sluit verbond,
Sodat tot seën kan wees.

Hele OT,
Vreemdeling – en liefde vir vreemdeling –
Sentrale rol.
Wet – Eks, Deut., Lev – onderstreep belang liefde vir vreemdeling.
Profete – dink dikwels teen kultus,
Maar wanpraktyke in kultus, o.a. nie meer vreemdelinge verwelkom & versorg.

NT hierdie gasvryheid-reël,
Liefde vir vreemdeling,
Eintlik kom versterk.

Jesus verhaal, evangelies –
Gasvryheid nie sommer terloopse aangeleentheid.
Metafore, belede, verhale oor koninkryk van God,
Nou verbind met eet en drink,
Met tuiskoms en feestelikheid.

Verhale van Jesus dikwels verhale van maaltye,
Gasvryheid.
Gelykenisse – maaltye, gasvryheid.

Jesus & dissipels afhanklik van ander gasvryheid geleef - gereis, nie blyplek, nie werk.

Jesus, hoewel nie huis, in lewe voorbeeld van gasvryheid,
Beliggaam dit in openheid vir alle mense.

Geskiedenis van gasvryheid

Na Jesus dood,
Vroeë kerk,
Gasvryheid sentrale waarde.
Verskeie plekke NT belangrikheid van gasvryheid onderstreep.
Gasvryheid nou verbind liefdesgebod –
Wys liefde deur gasvryheid, deur mense in nood te versorg,
Vreemdelinge te verwelkom.

Vroeë kerk by uitstek plek van gasvryheid.
Uitgestaan as gemeenskap wat na armes en vreemdelinge omgesien,
Veral vreemdelinge siek, sonder heenkome.
Een van belangrikste redes waarom gegroei.

Keiser Julianus staatsgodsdiens wil versterk,
Sê vir priesters moet meer soos Christene wees
In gasvryheid teenoor vreemdelinge,
Want dit maak Christelike godsdiens groei.

Idee ons gastekamer in huis het,
Kom uit hierdie tyd,
Christene aangemoedig ekstra kamer in huis gereed hê,
Vreemdelinge te verwelkom.

Gegroei,
Christene gasvryheids-instansies begin bou –
Hospitale, hospices.
(Engels: hospitality - hospital – dan weet waar hospitale vandaan kom).

Baie belangrik dat hospitale plek van gasvryheid was.
Baie moeite gedoen respek hê vir persone versorg,
Nie net barmhartigheid, maar gasvryheid.
Preke daardie tyd,
Gesindheid van gasvryheid: nederigheid & dankbaarheid.
Gasvryheid was diens, omdat dankbaar is God se sorg.

Hoewel institusioneel geraak,
Ook nog privaat.

Kloosters later gevestig,
Gasvryheid nb waarde –
Vandag nog deel van Benediktynse reël.

Teen Middeleeue het hospitale onder munisipaliteite beheer begin kom.
Geskei van kerk,
Al verder weg van wortels van gasvryheid.
Versorging baie meer onpersoonlik,
Persoon geskei van siekte,
Eerder iemand versorg,
Word siekte behandel.
Selfde versorging van armes.

Teen einde Middeleeue twee verskillende bane gasvryheid:
Dié van materiële sorg armes & vreemdelinge
Gasvryheid as persoonlike vermaak & verwelkoming.
In proses iets van transformerende kant
Van gasvryheid as openheid teenoor vreemdelinge
Verlore gegaan.

Reformasie skeiding al meer,
Geïnstitusionaliseerde versorging,
Gasvryheid rondom privaat lewe.

Verligting: gasvryheid heeltemal losgemaak tradisies Bybel,
Klem val op individualiteit,
Het privatisering gasvryheid soos vandag ken,
Gasvryheid as liefde vir vreemdeling byna totaal verlore.

Leef gasvry

Nou vir julle iets omtrent myself –
En my eie gasvryheid teenoor die vreemdelinge wat my familie is –
Vertel.
Gasvryheid nie net mense in huis innooi –
Praat juis oor meer publieke aard daarvan –
Gaan vertel van in huis innooi.
As oorvertel, is daar moeilikheid!

Ek sukkel mense in huis te ontvang.
Obsessief netjies.
Gaste maak deurmekaar.
Vuil skottelgoed langs wasbak – kat inspring.
Vurke in lepel vakkie – waar reeds lepels is.
Kyk 7de Laan.
Sit op my stoel.
Luister musiek ek nie kan verdra.

Is vir my moeilik!
Maar net so moeilik vir my is,
So belangrik is dit vir my om gasvry te wees teenoor hulle.
Om twee redes:
1. Ek is lief vir hulle.
2. Gasvryheid deel van kern van my geloof, geloof kern is van wie ek is.

Almal ons sukkel op eie manier.
Storie van ma in gemeente –
Kind agter Chris aan bid,
Tannie (ek weet nie wie) omdraai, oë rol, tong klap.
As ma nie betrokke – kind nooit kerk?
Ma in moederskamer, pa alleen in kerk, tot kinders groot genoeg.

Omdat ons sukkel,
En omdat so belangrik,
Gaan hierdie kwartaal oefen,
Leer oop te wees vir mekaar.

Gedink goeie leerskool,
Vreemdelinge wat mense van ander generasie as eie –
Wat nie volgens reëls doen ons gewoond,
Musiek luister nie kan verdra,
Net anders ons is.

Gaan hierdie kwartaal oefen mekaar luister,
Mekaar as gawes ontvang wat ons eie verstaan en kennis van God verruim,
Probeer leer mense in hulle andersheid te verwelkom
Mekaar raaksien, ontdek omring deur engele.

En as eers hiermee begin,
Sal Gees ons ook verder neem,
Dat kring al breër,
Al meer met liefde vir vreemdelinge kan leef.

Rabbi eendag vir dissipels gevra hoe weet as nuwe dag begin het?
Wanneer horison lyn kan erken en die lug van aarde kan onderskei.
Goeie antwoord, Rabbi gesê, maar dink bietjie verder.
Rukkie stilte.
Wanneer bome van diere kan onderskei.
Goeie antwoord, wil steeds hê verder dink.
Later besluit hulle te help:
Ons weet nuwe dag aangebreek,
Wanneer ons vreemdeling in oë kyk
En vriend herken.

Voorbidding

Dankoffer

Slotlied

Lied 530

Seën

Lied 313

AddThis Social Bookmark Button

Lewer kommentaar