Verwelkoming

Groet (ouer en jonger – verlede week gesukkel)

Afk

Verjaarsdae

God nooi ons uit

Elke erediens – ons God gaste.

Vandag spesiaal, omdat Jesus uitnooi vir ete,

kom as gaste God, gedekte tafel

Lied 302 v 1&4 (sit)

Votum

Die Here is ons herder,

ons kom niks kort nie.

Hy laat ons by ‘n feesmaal aansit,

Hy ontvang ons soos ‘n eregaste,

ons word oorlaai met hartlikheid.

Sy goedheid en liefde

sal ons lewe lank by ons bly

en ons sal tuis wees in die huis van die Here

tot in lengte van dae.

Seëngroet

Danksegging

Vir ons lekker saam God gaste kan wees,

lied sing waarmee sê,

daarna DANKoffers – ook dankie sê.

Lied 553 (staan)

Dankoffer

Skriflesing 1

Gas in enigiemand huis,

luister terwyl praat.

Ons hier na God luister.

 

Reeks gasvryheid,

kinders Sonstraal.

 

Ø Wie ekstra kos skool toe geneem?

Ø Wie vir ander maatjies gegee?

 

Storie God hierdie kwartaal gebruik ons leer gasvry / sonstraal wees,

Lukas 24 – Emmausgangers – Luister

 

  • Video

 

Reageer op God Woord

Vonkk 82 (staan)

Flam 108 (staan)

Luister na God

Verder na God luister,

Lukas 14:7-14

Gebed

Skriflesing

Lukas 14:7-14

 

Preek

Wie hou Shrek?

Wat eet Shrek?  Hoe eet?  - vertel vir ouers.

Hoekom eet Shrek so?  Want ogre – dis hoe ogre’s eet.

 

Hoe eet jy?

Aandete:

Sit by tafel, voor TV?

Wie maak kos?

Watter reëls wanneer eet?

Nie mond vol kos, nie met mes wys...

wie sit waar?

Help tafel afdek klaar?

Wie help almal – wie help NIE?

 

Ons is hoe ons eet.

 

Vriend vertel storie van gemeente Kaapse middestad gepreek,

50/50 Engels & Afr.

Sê rondom teekan elke Sondag stille stryd gewoed

oor wat toelaatbaar is

betreffende wyse waarop beskuit geëet word.

 

Engelssprekende lidmate absolute doodsonde beskuit in koffie doop.

Afrikaanssprekendes ondenkbaar ongedoopte stuk karringmelkbeskuit te eet en af te sluk!

Elke Sondag herbevestig elke groep opnuut eie identiteit,

wie hulle is –

en wie hulle definitief NIE is nie,

deur manier waarop beskuit eet.

 

Daar’s niks so duidelik sê wie is,

is manier waarop ons eet –

ons tafelgewoontes of tafelmaniere.

So as kyk wat mense eet,

hoe,

waar,

saam wie,

saam wie nie –

dan weet waarskynlik meer die mense as wat hulle wil hê jy weet!

 

Elke kultuur ook tafelmaniere,

ons bv. braaivleis –

sê wie is!

Wat eet,

wie maak wat,

wie braai,

wie is waar tydens braai,

waaroor word gesels,

wanneer gebraai...

 

Selfs ander dele van wêreld,

nie eers meer Afrikaans praat –

braai steeds.

 

Is hoe ons eet.

Kyk hoe SA-enrs braai, weet heelwat van ons.

 

Party mense eet voor TV:

kos op skoot (of TV-skinkbord – ook sê hoe is)

geen kontak mense rondom jou –

eet gewoon funksie na besige dag.

Te moeg ander mense te praat,

eet nie eintlik iets,

deel van iets anders – TV kyk terwyl ontspan.

Oggend gryp stukkie brood,

hardloop uit huis.

Te besig tyd mors met eet.

 

Ander hou fancy etes gee,

eetgerei sulke lang rye,

almal reg eet,

pragtige kos,

silwer messegoed,

gaan eintlik nie oor eet,

maar mense nooi beïndruk.

 

Drive-through, fast food –

begin eintlik sommer in kar al eet.

 

Kan natuurlik ook in kerk gaan kyk hoe gemeente Nagmaal vier,

en ook daaruit aflei wie ons is,

wat ons glo.

Ons is hoe ons eet.

 

 

Gesels:

hoe eet?

Wat sê van hoe is?

 

Ons Jesus kinders,

wil graag soos hy wees.

As mens is hoe eet,

dan beteken ook sien hoe Jesus is

uit eetgewoontes.

 

Interessant hoe belangrik Jesus eetgewoontes in Bybel is!

 

Amper elke gelykenis oor koms koninkryk:  ete.

 

Omdat Jesus & volgelinge op reis,

afhanklik ander gasvryheid,

Baie stories Jesus eet, mense Jesus saam eet.

Jesus gebruik mense te leer.

 

Opstanding:  2 eet-verhale,

belangrike deel van verstaan opstanding:

Emmaus & saam dissipels eet toe gaan visvang.

 

So hoe Jesus tafelmaniere?

Wel,

mense hom “vraat en wynsuiper” genoem (Luk 7:34)

 

Een sentrale tekste Jesus tafelmaniere,

teks Luk 14 gelees.

 

Hf 6 Jesus in moeilikheid koringare eet Sabbat,

daarna mense genees Sabbat.

Nou eet by Fariseër –

weer op Sabbat.

Hoe amper asem op,

kan sien hier kom moeilikheid.

 

Wat Jesus by ete sien,

weerspieël waardes samelewing sy tyd,

grief so,

kommentaar lewer.

 

Doen eers deur man genees “aan water gely”.

Spesifieke siekte Jesus tyd simbolies van een of ander vorm hebsug:

eersug, vraatsug, gemaksug...

amper asof iemand drink, dors nooit geles.

So mense gedink ete simbool – jou dors na een of ander vorm besit nooit geles word.

 

Siekte sinspeling Fariseërs eer en aansien gesoek.

Jesus genees van hebsug,

gelykenisse vertel.

 

Verder teks,

vertel nog gelykenis,

oor koninkryk van God –

hoe God se ete lyk.

Mense nooi, verskonings –

nooi mense op straat – armes, kreupeles, ens.

later mense paaie en lanings –

mense buite stad,

uitgewerk omdat onrein:

prostitute,

leerlooiers,

mense lyke werk.

 

Sien God tafelmaniere:

God nooi mense.

 

God regtig ALLE mense nooi, sonder onderskeid –

tema gereeld Lukas sg tafel-tekste voorkom.

 

Altyd NOG plek.

Tafel nooit vol,

kos op –

kan altyd nog mense ingenooi word.

 

So as ons regtig gasvry wil wees –

Christelik gasvry wil wees,

dan Jesus tafelmaniere hê.

 

Onthou, is soos eet.

So tafelmaniere nie net hoe is terwyl eet,

maar hoe altyd is.

Tafelmaniere simbool hele lewe.

 

Vertel altyd Ma Emsie Schoeman “Goeie maniere en etiket”

saam Bybel gelees.

Mense dink spot,

maar regtig.

Ons kinders moes maar verdra,

maar ma gemoan.

Ek dink gevoel reëls bietjie lukraak.

Hoekom hy nie sy brood in vleissous doop?

 

Tot my ma êrens – Sarie of iets –

dink gekry Tannie Emsie self gesê.

Etiket nie lukraak.

Gaan om mense rondom jou.

Dink wat lewe vir hulle aangenaam maak.

Dus bedagsaam.

 

Dis hoekom nie oopmond eet,

res van ons nie jou halfgekoude kos sien.

 

Al groot genoeg,

help kleintjie voer.

Opstaan ouer mens stoel kan sit.

Gee eers vir ander kos voor eie vat.

 

As Jesus tafelmaniere wil hê,

gasvry wees,

dan bedagsaam wees.

 

Christo van Heerden, ds. Newtonpark,

vertel onlangs storie:

Pa nooit ryloper verby gery.

Een aand met twee rylopers by huis aan.

Ma nie te bly – nog kos,

kan sien – en ruik – rylopers al lank op pad.

Pa baie gesteld tafelmaniere.

Vat hande, bid.

Begin eet:  rylopers eet met lepels.

Kinders sien, pa eet ook met lepel!

 

Lukas 14:

Nederigheid.

 

As praat oor gasvryheid,

dan onthou:

gaan nie oor jou nie.

 

Werklike gasvryheid – bedagsaamheid –

om minste te wees,

ander te respekteer,

nie eer-vraat wees.

 

Iemand vertel gemeente klomp mense gemeenskap heeltemal kerklos.

Begin uitreik mense,

gooi pamflette in posbusse, uitnooi.

Aanvanklik geen reaksie.

 

Eendag daag een van die mense,

jong man,

by erediens op.

 

Eerste plek laat.

Erediens aan gang – dominee praat.

Stap in paadjie af,

al pad tot voor,

gaan sit voor preekstoel.

 

Kan dink skande,

mense verontwaardiging!

 

Leier-ouderling opgestaan,

vorentoe geloop,

tot by jong man,

en by hom gaan sit.

 

Bedagsaam leef,

beteken ingestel op ander.

Nie net self dink,

maar be-DAG-saam,

aan ander dink.

 

Lukas 14 – Jesus sê mense nooi,

magteloses.

 

Ons juis aan hulle moet dink,

mense uitgelewer,

altyd be-DAG-saam wees hulle situasie,

hoe daarop reageer.

 

Iemand onlangs so mooi gesê:

verwys 1 Kor 11,

Paulus praat misbruike Nagmaal,

mense alles opeet,

die na hulle niks kry.

 

Stamp en stoot meeste te kry.

 

Tafelmaniere by Jesus leer,

nie kyk wat mense voor jou gekry,

maar kyk of nog genoeg oor is vir mense agter jou kom.

 

Be-DAG-saam van behoeftes

van vreemdeling

(gasvryheid – “liefde vir vreemdeling”)

mense nie soos ons,

nie so bevoorreg soos ons.

 

Frederick Marais vertel

gemeente kos vir haweloses.

Nuwe vrou betrokke.

Dis nonsens, kan nie vir mense sulke kos gee.

Volgende week doen moeite,

heerlike kos.

 

Mense ingekom,

kos ontvang.

Nie begin eet.

Iemand opgestaan,

na vrouens agter potte geloop,

gesê:

Kos baie lekker vandag.

Wil julle nie kom saam eet nie?

 

Hoor jy?

Gas word gasheer.

Amper soos Jesus in verhaal Emmaus-gangers.

 

Wat bring by tafel vandag.

Ons vandag Jesus gaste.

Sit aan by ete,

hy vir ons voorberei.

Hy tafel gedek,

hy ons genooi.

 

Hier beleef Jesus gasvryheid,

hier leer wat ware gasvryheid is.

 

As sê is hoe & wat eet,

dan hierdie HART van Christelike gemeenskap.

 

Hier beleef Jesus homself gee,

mense innooi.

 

Hier WORD ons wat ons eet.

 

En wat ons word,

is die Liggaam van Christus op aarde.

Liggaam wat gegee is,

steeds gegee word

vir wêreld in nood.

 

Formulier sê Nagmaal

viering van gemeenskap

met lewende Here

en met mekaar.

In Nagmaal

word ons verbind – ingenooi –

in Jesus dood,

maar ook in sy lewe,

in die teenwoordigheid Heilige Gees.

 

Maar ons word ook een,

Paulus sê:

Omdat dit een brood is,

is ons,

al is ons baie,

saam een liggaam,

want ons het deel aan die brood

(1 Kor 10:17).

 

Hier word ons in liefde aan mekaar gebind.

 

Nagmaal nie net tussen my en God.

Kan dink ek nooi vir ete by my huis,

kom sit aan tafel –

tjoepstil.

Niemand praat woord,

niemand kyk mekaar in oë.

Sit net met bord kos,

gewyde happie,

oë toe.

 

Het jy al gedink verskil in viering Nagmaal,

afhangende of jy klein stukkie brood & kelkie wyn neem,

net tussen jou en Here,

of ‘n gemeente een brood neem,

dit vir mekaar breek,

een beker deel,

in persoon langs jou se oë kyk?

 

Nagmaal gemeenskapsmaal –

ook met mekaar.

Ons kuier saam aan tafel Jesus ons gedek.

 

Gou-gou vir kinders verduidelik:

Nagmaal ete,

ons almal saam eet.

(Eg Suid-Afrikaanse ontwikkelinge,

ook sê wie ons is:)

 

Vroeër jare almal een tafel gesit.

Eers 8 Januarie 1888 Ds. Albertyn in Riversdal,

brood en wyn in banke bedien.

 

Mense baie kwaad –

een tafel.

Later, prakties –

ruimte voor preekstoel te klein –

gewoonte begin raak,

servette oor kerkbanke,

banke “gedek”,

mense onthou:

almal aan tafel.

 

Onthou:  almal aan tafel.

Ook,

omdat Nagmaalstekens Liggaam Christus is,

een brood, een beker.

 

In 1918 Dr. Nicol van JHB-Oos mense kelkies wyn begin gee,

gesê meer higiënies.

Ook groot bakleiery.

Mense uiteindelik gesê goed,

om praktiese redes,

maar onthou:

eintlik een brood,

een beker,

ons slukkies van kry.

 

In apartheidsjare het bruin/swart kerke gebruik ontwikkel stoel oop te los Nagmaal,

gebruik ook uniek hulle –

dink aan die NIE by tafel,

die nog kort voordat werklik liggaam van Christus kan wees.

 

Ons ook stoel oop los –

soos wat gastekamer het –

dink aan mense nog nie hier aan tafel,

mense nodig nog ingenooi te word,

deel te word liggaam van Christus.

Nagmaal

Kom gaan sit tafel Jesus ons genooi (mense vorentoe)

Ps 23:3 (staan)

Tafelgebed

Ek groot geword:  vat hande,

simbool eenheid.

Vat hande as bid.

  • Gebed

 

Uitdeel van tekens – onthou, een brood en beker, gee vir mekaar aan.

Eet saam

 

Vroeërjare, na ete gebid, dankie gesê.

Nou doen (vat weer hande).

 

As  ons nou geëet het by tafel Jesus –

wat ons gehoor

mense uitnooi

alle mense uitnooi

meer as genoeg plek het –

wat anders daar vir ons te doen,

as om bedagsaam te gaan lewe,

om gasvryheid aan ander te bewys,

hulle so in te nooi,

ook deel te wees Jesus feesmaal.

 

Lied 284 1 & 3 (staan)

 

Na enige ete,

koffie – geniet saam na tyd.

Seën

Lied 313

AddThis Social Bookmark Button

Lewer kommentaar