GOD NOOI ONS UIT EN ONS KOM TOT RUS

Verwelkoming

Toetrede

Lied 163 (sit)

Votum

Liturg:           Die Here is my herder,

ek kom niks kort nie.

Gemeente:     Ons glo in die goedheid van God.

Ons glo God voorsien alles wat vir ons goed is.

Liturg:           Hy laat my rus

in groen weivelde.

Gemeente:     Ons glo dat Jesus Christus die Goeie Herder is.

Ons vind rus in Jesus se lewe

en in sy liefde wat aan ons bedien word.

Ons voedsel is om Hom te gehoorsaam.

Liturg:           Hy bring my by waters

waar daar vrede is.

Gemeente:     Ons glo dat die Heilige Gees vrede bring.

Ons les ons dors in die vergifnis van ons sondes.

Liturg:           Hy gee my nuwe krag.

Gemeente:     Ons lewe word van dag tot dag deur Christus

in gemeenskap met die Gees aan die Vader gewy.

In Hom het ons die ewige lewe.

Seëngroet

Lofsang

Lied 417  (staan)

Ps 23  Spies beryming vv 1-2 (sit)

Gebed

 GOD PRAAT MET ONS EN ONS LUISTER

Skriflesing

Johannes 10:1-15

Kindertyd

Verwelkoming & verjaarsdae

Herinner Pinkster

Ø Video: Sakkie Verdwaal

Teks gelees, Jesus roep

Soms weg van Jesus –

stout is – maar bly altyd Jesus kind,

hy jou roep, jy behoort aan hom.

Preek

Woensdag munisipale verkiesing –

tyd voor verkiesing altyd effens plofbaar,

opbloei protes-optredes (bv dienslewering),

elke party probeer bewys is regte een land regeer –

gewoonlik strategie deur wys hoe ander NIE reg is.

 

Week voorberei,

kon net nie wegkom –

glo my, het probeer! –

hoe relevant hierdie teks dan juis hierdie week.

 

Dink almal ken teks –

Jesus:  Ek is goeie herder.

Hoor teen agtergrond Ps. 23,

versorging.

 

Maar as teks regtig gaan lees,

kom agter ken eintlik nie,

verstaan nog minder.

 

Teks nie lees agtergrond Ps. 23,

eerder agtergrond Joh. 8 & 9,

van wat vorentoe gaan gebeur tydens Paasfees,

van v 22:

“dit was die tyd van die fees van die tempelwyding in Jerusalem”.

 

Fees van tempelwyding (Hannuka),

vier Makkabese oorwinning oor Siriërs,

wat tempel in Jerusalem vir drie jaar ontheilig het

deur beeld van Baal te bou op brandofferaltaar.

 

Judas Makkabeus het Siriërs uit tempel verdryf,

nuwe altaar gebou,

tempel her-toegewy aan God.

 

Fees van tempelwyding jaarlikse gevier

as her-toewyding van altaar en tempel.

 

By hierdie geleentheid Eseg. 34 gelees

(gerus hele teks lees).

In teks sê God gaan optree teen herders.

 

Herderskap hele OT –

eintlik hele ONO –

gelykgestel leierskap:

Word na aartsvaders, Moses, Dawid,

as herders verwys.

 

Eseg. 34 klag teen herders,

leiers van volk:

sorg net vir self

Eseg. 34:4:

  • het nie swakkes gehelp nie
  • het nie siekes gedokter nie
  • nie wonde van dié wat seergekry het, versorg nie,
  • nie dié wat verdwaal het, teruggebring nie
  • was harde en wrede regeerders

 

Kleinvee het prooi van al wat wilde dier is geword.

Sê God sal herders straf,

sal self herder wees.

 

Nou kom in Johannes…

 

Joh. 8,

vrou owerspel betrap.

Leiers wil straf – doodmaak.

Jesus direkte konflik leiers,

daag hul toepassing van wet – dus leierskap – uit.

Stry met hulle oor reg om leiers te wees

(hele gesprek wie Vader is,

hul navolging van Abraham).

 

Joh. 9 man blind gebore,

Jesus genees.

Maar verhaal genesing 5 verse –

res (daar’s 41 verse!)

konflik tussen leiers –

wie se skuld hierdie man in eerste plek blind was?

Wie is Jesus om hom te genees?

 

Vraag:  Wie is eintlik hier in beheer.

 

Jesus beskuldig leiers vandag van geestelike blindheid.

 

En DAN,

dan sê Jesus alles in Joh. 10 van self sê.

 

Nou kan mos hoor,

wanneer Jesus hierdie omstandighede sê

“Ek is goeie herder”,

dan nie besig vir skape te sê gaan versorg,

is veilig by my –

(hoewel geïmpliseer).

 

Praat nog ook oor diewe en huurlinge…

 

Jesus besig te sê

HY is eintlik leier,

nie Joodse leiers.

Dan kontrasteer eie leierskap dié van leiers van dag.

 

Eerstens 4 11:

Ek is die goeie herder.

Die goeie herder lê sy lewe af vir die skape.

 

Jesus eintlik paar dae voor dit reeds gewys,

in Joh. 8 & 9 lees.

 

Deur vergifnis vrou owerspel gevang,

genesing blinde man,

wys Jesus leiers se gebrek aan wysheid,

liefde

en barmhartigheid,

onderstreep hulle selfgerigtheid,

selfsug,

gevolglik gebrekkige leierskap.

 

Aan eenkant hulle mense gesagsposisies beklee,

wette toepas,

op dié manier gesag probeer afdwing.

 

In teenstelling daarmee Jesus leierskap

gekenmerk deur diensbaarheid.

 

Gee om vir mense soos goeie herder vir skape omgee –

hy het hulle lief.

Vergewe hulle,

herstel hul menswaardigheid,

genees hulle.

 

Goeie herder lê lewe af.

Nou kan mens nogal wonder hieroor –

as herder lewe aflê,

is skape nie dan éérs uitgelewer nie?

 

Tensy Jesus se sterwe natuurlik iets dóén –

iets tot stand bring.

Jesus se sterwe is nie ‘n herder wat doodgaan,

skape nou alleen.

(Sien Joernaalblad).

 

Jesus sterwe verander die skape se status.

Dit gee vir hulle lewe –

deur vooruit deur die hek na die altaar te gaan geoffer te word,

bevry skape van selfde altaar,

word skape ontvangers van offer.

 

MAAR sterwe doen ook iets aan die bose aanvallers –

hulle word geneutraliseer,

vernietig.

 

Jesus se doodmaak die bose dood

en verseker die lewe van sy skape.

 

Dit is die een daad van die herder

wat die huurlinge en diewe

heeltemal ontmagtig,

neutraliseer.

 

Dan sê Jesus:

v 14:

Ek is die goeie herder,

Ek ken my skape.

 

Elke nood

elke pyn

elke vrees

elke vreugde

van sy skape –

hy ken hulle.

 

Hierdie ken is nie maar net

kennisneem

of koue rasionele weet nie.

“Ken” onbeskryflik intiem,

soos wat verhouding tussen God en Seun is.

 

Hierdie “ken” wil dat ons intiem met hom saamleef,

hom ken,

in gemeenskap met hom leef.

 

Gevolg hiervan,

gevolg van Jesus herderskap,

is dat ons lewe in oorvloed kan hê (v10).

 

Oorvloed hier ter sprake

natuurlik nie materiële oorvloed,

maar oorvloed van verhouding Herder,

oorvloed van lewe ontvang deur sy sterwe,

van leef in intieme verhouding met hom.


Wanneer Jesus self as goeie herder aan volgelinge bekend stel,

lewe in oorvloed gee,

beteken dit dat hy ‘n nuwe gemeenskap tot stand bring.

 

Sy volgelinge staan voortaan in nuwe verhouding met hom

as hulle leier.

 

Dit wat hulle by Jesus leer,

sáám met hom beleef,

van om ontvang,

by hom sien gebeur,

bring hulle nader aan hom.

 

En in die proses vorm Jesus hierdie nuwe gemeenskap.

Sy diensbaarheid

en versorging

en omgee

vloei oor na meer en meer mense.

 

Wanneer ons verhouding met die Goeie Herder

onderliggend

en bepalend is

vir al die ander verhoudings in ons lewe,

kan ons nie anders

as om in ‘n stukkende wêreld

vir mekaar

en ons medemens

om te gee

en om medeverantwoordelikheid te aanvaar nie!

 

Dan kan ons nie anders

as om inklusiewe gemeenskap te wees

wat met waardes van herder leef –

mense innooi,

t.s.v. sondes,

omgee,

versorg,

dien.

 

Daarom so belangrik kennis neem werk bedieningsraad doen –

omdat hulle ons juis hierin lei,

in konkrete gestalte gee

aan hierdie gemeenskap Jesus kom skep.

(Kyk almanak).

 

Hier in Paastyd

word ons weer bewus gemaak van –

en uitgedaag tot! –

‘n ander soort leierskap

en ‘n ander soort oorvloed:

leiers wie se oorvloed nie gekenmerk word deur

grypsug

en selfgerigtheid nie,

maar deur oorvloed

wat juis uitmond

in ‘n leegmaak van jouself

ter wille van ander,

‘n oorvloed wat bestaan uit

omgee

en diensbaarheid.

 

My gebed

is dat ons gemeente

‘n gemeenskap sal wees

gekenmerk deur die Goeie Herder se leierskap.

En dat elkeen van ons

hierdie waardes sal uitleef,

dat ons almal met wie ons te doen het,

sal dien –

onselfsugtig,

sonder om vir onsself eer of mag of finansiële gewin in te palm,

maar omdat ons omgee,

omdat ons skape is van die Goeie Herder.

GOD STUUR ONS OM TE LEEF

Gebed

Gebed vir verkiesing – Martin Oosthuizen

Lied 282:1, 4, 6     (sit)

Kerkraadsvoorstelling

Gebed: Lied 304:2-3

Afkondigings

Dankoffer

Slotlied

Lied 577:1, 2, 5                          (staan)

Seën

Liturg:           Die Here sal julle seën

en julle beskerm.

Gemeente:     U goedheid en liefde sal my lewe lank by my bly;

Liturg:           Die Here sal tot julle redding verskyn

en julle genadig wees;

Gemeente:     en ek sal tuis wees in die huis van die Here

tot in lengte van dae.

Liturg:           die Here sal julle gebede verhoor

en aan julle vrede gee!

Gemeente:     Lied 313

AddThis Social Bookmark Button

Lewer kommentaar