Verwelkoming & Afk.

Pinkster-Sondag

Sakkie & Sieg

Lied 436 (staan)

Votum

Handelinge 2:1-11

Lied 444 (sit)

Seëngroet

Getuienisse Pinkster

Danksegging reën

Lofsang

Lied 450 (staan)

Gebed – Lied 442:1 (sit)

Preek

Hoe voel jy oor verrassings?

Wie hou van verrassings?

 

Sommige mense mal oor verrassings –

hoe meer verrassings in dag, hoe beter.

 

Ander haat verrassings.

Gooi hele dag omvêr.

Het alles mooi beplan gehad,

verrassings beteken alles nou deurmekaar.

 

Ek nie vreeslik gestruktureerd –

kan maklik dag in nuwe rigting,

nuwe goed doen.

Maar hou nie van verrassings!

Nie soseer omdat planne omvêrwerp,

maar omdat bang gaan teleurgestel –

verrassing nie lekker,

nie iets waarvan hou.

 

Verrassing natuurlik,

per definisie,

iets wat gebeur waarvoor ons nie beplan,

nie kan antisipeer.

Weet dis verrassing,

presies omdat onverwags is.

 

Numeri 11 lees van so verrassing.

(Ingewikkelde teks,

baie vrae –

Joernaalblad)

 

Israeliete in woestyn.

Om een of ander rede begin kla nie vleis –

vreemd, want in Egipte ook nie vleis!

Net mooi laaste strooi vir Moses,

nou genoeg gehad hierdie spul mense so kla!

Gaan na Here toe,

gooi klassieke tantrum:

Arme ek,

hoekom ek so sleg behandel,

hierdie spul nie my kinders

dat ek hulle moet versorg!

 

Interessant,

Here luister na Moses,

help Moses –

sê Moses nog 70 leiers kies

én dat vir volk sal vleis gee.

 

Moses effens skepties,

kan nie sien so iets gaan gebeur.

God:

Dink jy Ek het nie die mag nie?

Jy sal nou self sien of my woord bewaarheid word of nie.

 

24Moses het vir die volk gaan vertel

wat die Here gesê het.

Hy het sewentig leiers van die volk

bymekaar laat kom

en hulle rondom die tent laat staan.

25Die Here het toe in die wolk afgekom,

met Moses gepraat

en ’n deel van die Gees wat op Moses was,

op die sewentig laat kom.

Toe die Gees op hulle kom,

het hulle as profete begin optree,

maar daarna nie meer nie.

⇨26Twee van die manne

onder dié wat opgeskryf was,

het nie na die tent toe uitgegaan nie,

maar het in die kamp agtergebly.

Die een se naam was Eldad

en die ander s’n Medad.

Terwyl die Gees op hulle gerus het,

het hulle in die kamp as profete opgetree.

27’n Jongman het toe gehardloop

en vir Moses gaan vertel:

“Eldad en Medad

tree as profete op in die kamp!”

28Josua seun van Nun,

van jongs af Moses se assistent,

het gesê:

“Laat hulle tog ophou, Meneer!”

29Maar Moses sê vir hom:

“Bekommer jy jou oor my posisie?

Ek sou wou wens

dat die hele volk van die Here profete was,

en dat Hy sy Gees op almal mag lê.”

30Daarna het Moses

en die leiers

na die kamp toe teruggegaan.

 

Interessant hier,

is manier waarop Gees rondom plan,

struktuur werk.

Weet mos nou hoe gaan werk:

kom by tent bymekaar,

leiers kry Gees.

 

Maar dan werk die Gees buite dit ook!

Onverwag!

Verrassend.

 

Mense sommer omgekrap.

Josua:

“Laat hulle tog ophou!”

 

Want dit pas nie in op manier hulle dink Gees veronderstel te werk.

Daar’s immers sekere reëls,

sekere strukture,

leiers.

 

Ons vier vandag Pinksterfees.

Moses wens:

Ek sou wou wens

dat die hele volk van die Here profete was,

en dat Hy sy Gees op almal mag lê.”

waar geword.

 

Beteken Gees nie meer oor beperkte groepie leiers uitgestort,

maar oor kerk,

oor elke enkele gelowige

gedoop in die Naam van die Vader, Seun, Heilige Gees.

 

Deur eeue,

millennia,

vandag nog,

sien dat Gees op verrassende,

onverwagse maniere werk.

 

Baksteenprojek.

Ouderlingeraad.

Hoeveel babatjies vanoggend hier, nie hier moes wees.

Huwelike nie moes hou.

Tog hier,

want Gees werk op onverwagse,

verrassende maniere.

 

Wanneer Gees begin werk,

  • word normale gang versteur,
  • verloor leiers hul houvas op gesag
  • mense in algemeen verloor beheer.

 

Daar is altyd ‘n element van vreemdheid

en onvoorspelbaarheid

wanneer die Gees werk.

 

Praat deesdae van onvoorspelbare (aanpassende) verandering –

discontinuous change.

As een ding is onvoorspelbare verandering,

dan is werk Gees.

 

Voorspelbare verandering

verandering wat verwag,

kan voorberei:

baba grootword,

skool toe,

universiteit…

Tegniese verandering.

Kan bestuur, beheer.

 

Onvoorspelbare verandering

uit aard van saak heeltemal onvoorsien,

kan niks doen te help beheer of bestuur.

Diep verandering wat niks onaangeraak laat.

 

Gees se werk is onvoorspelbaar,

onbeheerbaar,

verrassend,

kragtig.

 

Belydenisgroep – geen beweging, groei, hoe kan ek help?

Een sê was Kensington, hoe help?

Kensington:  hou basaar, soek hulp!

 

Ons kan nie voorspel hoe en wanneer Gees gaan werk,

kan nie laat werk –

kan wel gereed wees wanneer begin werk!

 

Hoe gereed wanneer Gees begin werk?

Eerder:  hoe neem deel aanwerk van Gees?

 

Eerstens:

Verwag dat Gees gaan werk –

op onverwagse, onvoorspelbare manier.

 

Siegfried – Franse vrou – hoe begin geloof –

Niemand God vra self openbaar,

hy nie gedoen.

 

Mens dink:  sjoe, waagmoedig!

Wat as God NIE doen.

Maar feite is:  Gees gáán werk.

Waarskynlik anders ons verwag –

maar gaan.

 

Tou span Pinkster –

Hendrik – ongeloof –

moes toue afhaal.

 

Dalk dit een ding God vandag vir ons sê:

ons moet verwag dat sal werk.

Natuurlik, is mense, gaan idee hê van hoe goed gaan werk,

verwag –

en Gees waarskynlik op ander manier ingryp!

Maar hy gaan.

 

Goeie voorbeeld iemand nie Here dien,

jy bid.

Bid, hoop, wil regtig hê –

maar dink nie regtig kan gebeur.

Kan so iemand regtig verander?

 

So mooi iemand in week

iemand anders jare gebid,

tot bekering gekom!

Bitterlik bly –

en bang om te glo.

Is dit regtig?

Kan dit wees?

Kan almal identifiseer daardie gevoel –

Verwag Gees gaan werk,

wanneer hy dit dan wel doen,

onseker…

is dit nou regtig?

gaan dit hou?

nie net my verbeelding?

 

Tweedens:

Hou jou oë oop vir die werk van die Gees!

Geloofsonderskeiding.

 

Iemand vergelyk atoombom Hiroshima,

atoom kragsentrale om die draai.

Atoombom binne sekondes hele stad vernietig,

70 000 mense dood,

nog 70 000 ernstig beseer.

Meer krag as 20 000 ton TNT.

 

Reaktor om die draai staan maar net daar,

klein.

 

Maar selfde krag.

om te glo het minder krag

omdat nie so duidelik sigbaar,

sou onnosel wees.

 

Werk van Gees

nie altyd soos die van atoombom.

Soms saggies,

nie stormwind,

maar sagte briesie.

 

Beteken dat kyk –

deur besig te wees met Woord –

SAAM besig woord,

want in proses word ons gevorm

en hervorm

om werk van Gees raak te sien.

 

Bestuursraad vorige vergadering,

Lees Fil. 4 soos by elke vergadering –

Gees maak nuwe werklikhede oop,

ontdek nuwe dinge,

word omvorm –

en aan mekaar verbind.

 

Beteken ook oë oop vir konteks,

vir wat om ons aangaan,

ook daarin werk van Gees raak te sien.

 

Verlede jaar stakings hospitale ens.,

meeste ons:  ja sien, tipies.

Een dominee:  Here roep kerk te wees wie is – diensbaar.

Organiseer gelowiges,

ons almal gaan help, maar hospitale skoon.

 

‘n Lidmaat ry deur area,

sien kinders rondstaan,

nie in skool,

nie kos,

nie versorg…

begin sopkombuis,

gee vandag 2x week

vir meer as 350 kinders kos,

kliniek bedryf in area.

 

Lutherse predikant,

Dan Mangler,

vertel het Shetland skaaphond naam Amber.

Vreeslik lief winderige dae –

maak nie saak hoe winderig,

op gras voor huis gaan staan,

gekyk in rigting wind waai,

neus in lug gesit –

in honde hemel!

Niks anders saak gemaak.

 

Sien,

moes op werf bly,

Lewe was beperk tot dit wat in onmiddellike omgewing gebeur.

 

Maar wanneer met neus in wind staan,

kon verlustig in reuke wat wind bring.

Wind ervarings gebring van heel nuwe wêreld –

reuke van bome en blomme,

eekhorings en hase,

varke,

koeie,

skape.

 

Pinkster is die wind

wat verrassende ervarings bry

heeltemal buite eie vermoë.

 

Vanoggend saam Nagmaal.

Maaltyd wat Jesus ons gegee

om ons te help onthou:

Onthou dat hy vir ons aan kruis gesterf, ook opgestaan, nou lewe.

 

Brood laat ons dink aan swaarkry en dood van Jesus aan kruis.

Wyn laat dink aan bloed van Jesus aan kruis gevloei.

 

Wanneer brood en wyn gebruik,

sê ons almal saam vir die Here

dat ons sy kinders is.

 

Sê ook daarmee dat ons glo

dat eendag saam met Jesus in hemel gaan wees.

 

Daarom bly wanneer Nagmaal gebruik,

sien uit na hoe eendag gaan wees

en sê vir Here dankie vir alles hy vir ons gedoen.

 

Kom ons staan nou op

en sê vir die Here

en vir mekaar

wat ons glo.

Geloofsbelydenis

 

Tafel gereed,

mense saam gaan sit, vorentoe.

Gebed:  Lied 442:2 (sit)

Uitdeel van tekens

Instelling & gebruik

Dankgebed

Dankoffer

Lied 440:1, 2 & 4 (staan)

Seën

Lied 313

AddThis Social Bookmark Button

Lewer kommentaar