Verwelkoming en afkondigings

Toetrede

Lied 302:1-2 Ons is genooide gaste Koor is voorsangers (staan)

Votum

Kolossense 2:15-18

Seëngroet

Lofsang

Psalm 2:1-2 almal, 3 koor, 4 mans, 5 dames, 6 almal (sit)

Kindertyd

Nagmaalsformulier

Koor: VONKK 40 “Kom en vul ons met vrede, U alleen, o Heer is heilig”

Gebed

Nagmaal

Dankgebed & epiklese

Kinders verlaat kerk, terwyl gemeente sing:

Lied 253  U het die brood gebreek (staan)

Skriflesing

Psalm 2

Preek

Reeks Psalms – ‘n Lied vir elke dag.

Ps 2:  ‘n lied vir sekerheid in die wêreld

 

reeds kleingroepmateriaal,

Bybelskool,

Huisgodsdiens.

 

Vinnig:

Psalm 2 sê Israel koning deur God aangestel –

opstand teen hom sinneloos,

want agter sy regering regeer God self.

 

Sê volke moet God dien –

doen deur koning te dien.

 

Psalm 1 private kant van geloof,

Ps 2 publieke kant van geloof:

 

Ps 1:  vertrou God in persoonlike lewe

Ps 2: vertrou God in openbare, publieke, politieke lewe.

 

Ps 1: God in beheer van jou lewe.

Ps 2:  God ook in beheer wêreldtoneel.

Daarom lied vir sekerheid in wêreld.

 

Waar Ps 1 konkrete implikasies vir daaglikse persoonlike omgang met God,

Ps 2 konkrete implikasies vir manier ons leef in Suid-Afrika.

 

Gesien materiaal,

Psalm 2 Psalm meeste NT aangehaal –

toepassing Jesus.

H/die Psalm mense beste gehelp beskryf hoe oor Jesus gedink –

wie was, wat kom doen.

 

Bely ons geloof NGB (“Eg glo in God die Vader…),

vroegste /  oudste geloofsbelydenis:

“Jesus is Here”.

 

In Joodse wêreld,

getuig oor Jesus:

Jesus is Koning.

Hy heer, sit op troon.

Hy is koning

wat deur mag en billikheid

reg en versoening na nasies gaan bring.

 

Omdat in Grieks-Romeinse wêreld geleef,

gesê Jesus is “Heer” –

term vir keiser gebruik is.

 

So sê:  “Jesus is Heer”,

nie maar toevallige formulering hier en daar gebruik,

was amptelike belydenis –

meer nog,

was openbare belydenis.

Spesifiek uitspreek teenoor heersers van tyd.

Naaste ekwivalent ons vandag sê:

Jesus is president

of regering

of wêreldmoontheid.

 

Hierdie getuienis Jesus Here is,

vir hulle ontsaglike bron van troos en krag.

Vir hulle beteken Jesus regeer,

daar is koning wat nie net wíl help,

ook kan help –

gedra deur bedreigings en gevare,

aangemoedig volhard in geloof en hoop.

 

Jesus posisie nie intussen verander.

Jesus regeer vandag steeds –

hy is steeds Here en Koning

of president en regering.

 

Bely gereeld:

Opgevaar het na die hemel,

sit aan die regterhand van God die vader.

 

By ons afgewater,

betekenis verloor.

Ons hoor te beteken:

Jesus weggegaan.

Sit nou daar ver,

“watching is from a distance”,

nie meer hier –

dood oorwin,

gaan eendag weer terugkom,

finaal oorwin.

Intussen ons aan onsself oorgelewer –

lewe so goed moontlik,

na beste van vermoë,

doen wat reg –

maar eintlik maar uitgelewer magte en kragte van wêreld.

 

Is nie wat hierdie belydenis sê!

Opgevaar na hemel,

sit aan regterhand,

is NIE weg,

is troonbestyging,

is Jesus posisie ingeneem.

 

Is waarvan Ef 1 praat (20-22):

toe Hy Christus uit die dood opgewek

en hom in die hemel

aan sy regterhand laat sit het:

hoog bo alle bose magte

en enige ander vorm van gesag

waarvan daar sprake mag wees,

nie net in hierdie bedeling nie

maar ook in die bedeling wat kom.

Aan hom het God alles onderwerp,

hom bo alles verhef

en hom aangestel

as hoof van die kerk.

 

En net soos wat realiteit van vroeë Christene belydenis selfde is,

is realiteit van lewe steeds selfde:

ook ons leef in wêreld

waar regerings en volke

blind is vir heerskappy

van God se gesalfde.

 

Maar dis een ding om te glo dat God ons WIL help.

Heel ander ding te glo God ons KAN help.

 

Almal bekend ateïsme –

mense glo God nie bestaan.

Dink nie daar’s baie ateïste in kerk.

 

Maar ook baie mense glo God bestaan,

maar dat nie eintlik inmeng gang van sake op aarde.

Jesus is nou weg.

Wêreld hier,

God daar doer in hemel.

Hy het wêreld aan gang gekry,

maar nou sit terug.

 

Glo steeds God is almagtig,

maar verwág nie juis iets sal dóén,

veral nie in publieke wêreld.

Dalk nog persoonlike lewe –

voorsien in spesifieke behoefte,

siekte genees –

maar nie land,

wêreldpolitiek.

 

God is in hemel,

ons is op aarde.

En as kat weg is,

is muis baars.

 

Magtiges van hierdie wêreld

reken kan wegkom met enigiets:

uitbuit van swakkes,

onreg,

geweld,

noem maar op.

 

Op oog af,

lyk of hulle in beheer is.

 

As dit waar is,

is ons heeltemal uitgelewer.

Dan help dit nie om te bid nie.

Nie regtig nie.

 

Maar Psalm 2 help ons juis

om te kan bid.

Sien in Psalm 2

God wat raaksien wat gewetenlose mense met mag doen,

wat hulle uitlag,

wat sy Messias stuur

om hul mag te verpletter.

 

En ons?

Hoe lyk dit wanneer ons dit regtig glo?

Wanneer regtig glo God regeer,

ook nou,

ook op wêreld-gebied,

in politiek,

in SA?

 

Kan sekerlik baie sê,

miskien vanmiddag na rugby om vuur gesels…

beteken bid,

vertrou,

beteken anders praat oor land,

oor konteks.

 

Brueggemann wonderlike artikel

“Voice as counter to violence” (fb),

waarin sê geweld /  onreg in wese mense stil maak.

 

Gebruik vb Job,

vriende sê moet situasie gelate aanvaar,

Job weier.

 

Boek The Body in Pain: The Making and Unmaking of the World

deur Elaine Scarry,

navorsing mishandeling:

regerings of organisasies mishandel mense nooit inligting te bekom,

to unmake persons so that they cease to exist as identifiable agents.

stroop letterlik nie net menswaardigheid,

maar mens-wees.

 

Beweer dan dat enigste teëvoeter vir mishandeling,

is spraak:

As torture unmakes persons,

so speech makes persons.

 

Brueggeman self eie boek,

Praying the Psalms

(wat ons hierdie kwartaal doen!),

praat hoe onreg hanteer –

ons vanoggend:  hoe leef in oortuiging God regeer,

in aangesig van onreg

en geweld

en korrupsie

en onbevoegdheid?

 

Eerstens,

ons almal weet:

gee stem aan woede.

Praat daaroor.

Maar in ons terapeutiese samelewing stop hier.

 

Psalms – spesifiek klagpsalms – leer ons aangaan:

onderwerp magteloosheid wat beleef,

aan God.

 

Derdens:

gee dit oor aan God.

 

God regeer.

ook nou,

ook in SA.

 

Is tekens waar kan sien.

Ook ongelukkig baie plekke nié so lyk.

 

Ons roeping opstaan teen wat verkeerd,

stem te gee daaraan,

opstaan wat reg,

as burgers nie eerste plek hierdie bestel,

maar koninkryk waar Jesus regeer.

 

Oliver Cromwell

beroemde Engelse generaal,

sekretaris was op stadium op nb reis

een van daardie vreeslike slapelose nagte.

Vrees hom beetgepak.

 

Stap na een van amptenare

saam hom op reis,

maak hom wakker:

“Ek kan nie slaap nie,

want ek het net ‘n voorgevoel

iets aakligs gaan op die reis met ons gebeur.”

 

Deur die slaap amptenaar hom verdwaas aangekyk, gevra:

Kan ek vir jou drie vrae vra?

 

Instemmend geknik.

 

Eerstens:

het God regeer voordat ons gebore is?

Ja, geantwoord, gewonder waarheen vrae lei.

 

Tweedens, sal God regeer na ons dood?

Ja.

 

Derdens, moet ons dan nie vir God vertrou om ook oor die hede, dié nag en dié reis, te regeer nie?

 

Gebed

Dankoffer

Koor VONKK 107 “Heer God Almagtig, Redder, Verlosser”

Slotlied

Lied 282:1-2, 4-5 Terwyl ons bid vir elke volk (staan)

 

Seën

Openbaring 5:

Vonkk 58 (Ons vind ons krag in die Here)

Amen

AddThis Social Bookmark Button

Lewer kommentaar