‘n Lied vir toevlug in aanvegting – Ps 14

Tiendemaand Dankofferfees 6 November 2011

Verwelkoming & Afkondigings


Toetrede

Lied 521 (sit)

Votum

100 ’n Dankpsalm.

Seëngroet

Kinder-verwelkoming

Lofsang

Lied 525 Here hoe blymoedig – en in dank oorvloedig (staan)

Nadenke

DANKofferfees

Vandag spesifiek Here dankie sê,

dink waarvoor dankbaar.

Waarvoor jy dankbaar?

Dink

Gesinne gesels

Lied 529 Dank, dank die Heer (Koor v 1, dan staan, ding)

Dankoffer

Gebed

Kindertyd

Bosbok en Olifant raak bang deur Ewald van Rensburg


Skriflesing

Ps 14

Respons

Psalms bedoel gebid/ gesing te word:

Ps 14 (melodie Ps 134) v 1, 2 en 6 almal, 3 koor, 4 dames, 5 mans.

Preek

Hoe leef ‘n mens met die monster wat jou bedreig?

Ps 14 bykans selfde Ps 53,

waar Ps 8 verlede week  mens bietjie minder goddelike wese,

Ps 14 ander kant van mens:

daar is nie een wat goed doen nie,

almal het afgedwaal

die laaste een het ontaard

daar is nie een wat goed doen nie,

selfs nie één nie.

 

Vonkk 115 som Psalm op:

God soek verniet

na iemand wat Hom hoor,

want almal

het die goeie pad verloor.

Spontaan

vang mense slegte dinge aan

en laat ‘n spoor

van sonde

waar hul gaan.

 

Vraag Psalm

hoe leef ons hierdie wêreld

wêreld deurspek korrupsie,

uitgelewer aan mekaar en eie boosheid?

 

Hoe leef in wêreld,

waar stem van monster helder hoor,

waar “almal wat onreg pleeg”,

dreig ons “opeet asof ons brood is”?

 

Geloof as verbeelding: om die onsienlike te sien

Wat Ps vir ons wys,

is dat geloof dikwels bely word

téén alle “sien” in.

 

So was dit deur eeue met gelowiges

in tye van nood,

veral as dié nood

veroorsaak is  deur onreg van magtiges.

 

Geloof word bely,

bo-oor stem van monster dreig ons op te eet,

op individuele vlak,

in huisgesinne

families

werksomstandighede,

waar gelowiges dikwels hulpeloos is,

swaar kry

verneder word

benadeel word.

 

Maar geloof word ook bely

op gemeenskapsvlak –

ekonomie & politiek,

waar voel soos bosbokkie

reuse monster dreig ons te eet.

 

Elna Mouton skryf

ons kan kies om ons verhale op so ‘n manier te vertel

dat dit ‘n NUWE verhaal word –

verhaal waardeur nie alleen verlede nuut word nie,

maar ook die hede

en die toekoms

vrygestel word.

 

Beteken nie oneerlik wees met ons verhale nie –

juis nie.

 

Wat wel beteken,

is dat leer om ANDERS te kyk.

Om te weier

om die hartseer

en lyding

in en rondom ons

as die finale werklikheid te aanvaar.

 

Om nie hulpeloos daarna te kyk

asof dit die laaste sê het nie.

 

Geloof,

soos sien in Ps 14,

is om aan ‘n ANDER werklikheid

groter gesag toe te ken

as dít wat ons met die blote oog kan sien.

 

DIT is die geloof wat die Psalmdigter dra,

wat gelowiges deur eeue gedra

deur hongersnood

vervolging

ballingskap

egskeiding

dood van ‘n geliefde…

 

Kan natuurlik vra:

is dit regtig so eenvoudig?

As monster agter deur

NIE brulpadda is nie

 

(Eers eerlik wees:

meestal is maar brulpadda,

jaag ons monsters op,

sien in geestesoog hoe geëet word –

al die tyd maar ou paddatjie.)

 

Maar wat van die kere

wat monster nié padda is,

wat ons regtig soos brood geëet word?

 

Kan ons dan nog kies om anders te kyk,

te bly hoop?

 

Wil natuurlik nie vernietigende effek

van sommige omstandighede onderskat,

maar getuienis iemand soos Victor Frankl bly merkwaardig.

 

Self Nazi konsentrasiekampe oorleef,

skryf:

Ons wat in konsentrasiekampe geleef het,

kan die mense onthou

wat deur ons slaaplokale geloop het

om ander te troos.

 

Hulle het selfs hul laaste brood vir ander gegee.

Hulle was dalk min;

tog is hulle die bewys daarvan

dat alles van ons weggeneem kan word,

behalwe één ding,

die laaste menslike vryheid,

naamlik om jou eie houding

in enige omstandighede

te kan kies.

 

Geloof,

soos sien in Ps 14,

is vermoë om werklikheid te HER-beskryf,

om ANDER name aan ervaringe te gee,

verhale vanuit NUWE hoeke te vertel,

te kies

om ons verhale deur lens

van God se

mag

en regering

en liefde

en genade

OOR te vertel.

 

 

Luther:

Geloof

is om te sien

wat jy (nog) nie sien nie

en nie te sien wat jy sien nie.

 

Geloof,

sê Luther,

is om dieper te kyk

as wat jou oë sien,

en dié dinge raak te sien

wat jy nog nie met jou blote oog kan sien ie.

 

Terselfdertyd beteken dit

om die dinge wat jy met jou gewone oog sien,

mis te kyk,

daarby verby te kyk

en te kies om dieper te kyk

en God se werklikheid

Gode toekoms

raak te sien.

 

Geloof is om dinge te sien

soos GOD hulle sien,

om as’t ware met God se oë

na die wêreld

en sake van die dag

te kyk.

 

Is selfde wat Brueggemann sê,

wanneer praat van mag van Psalms,

mag van bid – uitspreek – van Psalms

om alternatiewe werklikheid te skep.

 

Bid van Ps soos Ps 14,

nie om werklikheid van monster agter deur te ontken,

maar om ander werklikheid lewend te spreek –

omdat dit ONS verander,

omdat dit ons help monster anders te sien,

in perspektief te sien,

om leeu langs ons te sien.

 

Geloof as hulpkreet: om vrees teenoor God te verwoord

Maar wat nou as ons dit nie regkry nie?

 

Hier waag om Brueggemann te verskil

(voel so bietjie heiligskennis).

 

Kan nie oor Ps praat sonder Brueggemann.

Sy deurbraak werk,

Ps opgedeel:

Oriëntasie, dis-oriëntasie, her-oriëntasie.

Hierdie Ps vlgns B ps van oriëntasie:

gemeenskap beleef geloof nb en bevredigend,

ps van oriëntasie

ps van rustige sekerheid.

Sekere goed is net so,

geen twyfel,

geen angs.

 

Maar ook moontlik,

dink ek,

hierdie juis Ps van dis-oriëntasie.

Dink nie Ps 14 verteenwoordig rustige sekerheid

dat niks sal kom van goddelose se planne.

 

Ek dink Ps uitroep

te midde van onsekerheid,

gevoel van hulpeloosheid.

 

Psalmdigter

staan en bewe voor deur

hoor stem van monster wat wil opeet…

 

terwyl staan en bewe,

deeglik bewus deur enige oomblik gaan oopbars,

monster uitspring,

soos brood opeet…

 

weet God bly toevlug…

maar terselfdertyd soebat:

Ag,

mag daar tog uit Sion

vir Israel redding kom!

 

Geloof anders te kyk,

maar geloof OOK

terwyl broek bewe,

tot God te draai,

te roep

te pleit

te smeek:

Kom tog!

Help tog!

Bevry tog!

 

Wees tog ‘n hulp vir die hulpelose!

Maak tog ons getuienis waar!

 

Daarom Psalms gebid word,

nie gepreek word.

 

Weet nie monster agter jou deur,

wat magte dreig jou soos brood te eet.

 

Oomblik stilte,

vir God gee,

teenoor hom roep om redding

en vrede

 

Stil gebed

 

Lied 178 x 2 (koor sing kanon) (sit)

Gebed

Slotlied

Geloof téén sien in te sien,

te bly jubel:

Lied 516 Al sou die vyeboom nie bot nie(staan)

Seën

Lied 189 (staan)

 

AddThis Social Bookmark Button

Lewer kommentaar