header19.jpg

Nuusflitse

My Man het Dementia

Christine Veldsman het 'n aangrypende boek geskryf oor dementia, vanuit haar eie persoonlike belewenis daarvan.  Lees meer ...

Bestel by 041 583 3341.

AANDDIENS:  PREKE

Jy kan ons aanddienste se preke aflaai by www.klema.co.za of deur hier te klik.

BIDDEND LUISTER

As jy onderneem om elke week 'n uur opsy te sit om vir ons gemeente te bid en graag die gebedsriglyne wil ontvang, kontak ds Rethie by rethie@global.co.za vir Biddend Luister, of gee jou naam in by Liésl by die kerkkantoor of laai dit hier af.
Haloweb

Dissiplines

AddThis Social Bookmark Button

Eredienste - Dissiplines

AddThis Social Bookmark Button

Geregtigheid

In haar boek “Spiritual Disciplines Handbook” beskryf Adele Calhoun geregtigheid as geestelike dissipline.  As ons gehoorsaam is aan die groot opdrag - “leer hulle om alles te onderhou wat ek julle beveel het” - en ons is gehoorsaam aan die groot gebod - “jy moet die Here jou God liefhê en jou naaste soos jouself” - dan kan geregtigheid nie vermy word nie.  Ons sal leef volgens Miga se groot opdrag:  Mens, die Here het jou bekend gemaak wat goed is: Hy vra van jou dat jy reg sal laat geskied, dat jy liefde en trou sal bewys, dat jy bedagsaam sal lewe voor jou God. (Miga 6:8)  
“Truth and holiness are always matters of substance, not appearance.” sê Calhoun.  Geregtigheid gaan altyd oor konkrete hulpmiddels:  geld, tyd, geleenthede, goedere en dienste.  

Reflekteer:

  1. Waar pas die belang van reg en geregtigheid in jou gedagtes en lewe?
  2. Hoe voel jy daaroor om tyd af te staan aan diens aan armes, onderdruktes, behoeftiges?
  3. Hoe voel dit vir jou om onregverdig behandel te word?  Watter verskil kan ‘n advokaat maak?

Geestelike oefeninge:

  • Word bewus van die sosiale kwessies in jou gemeenskap.  Gaan op ekskursies om uit te vind wat aangaan.  Neem jou kinders of kleingroep saam.  Besoek die werkskeppingsprojek, bosslapers, Thand’usana, CMR ens..  Reël vooraf en vind uit watter tipe hulp hulle benodig.
  • Begin lees oor kwessies van sosiale geregtigheid.
  • Oorweeg jou verantwoordelikheid vir wat jy besit.  Hoe sien God dié dinge wat hy vir jou gegee het?  Hoe kan jy dit met ander deel?  Kan jy klas gee?  Kan jy mense versorg?  
  • In plaas daarvan om net die koerant te lees, gebruik dit as ‘n gebedsbrief:  bid deur die kwessies van vrede en geregtigheid in die koerant.  Wees oop vir wat God wil doen.

Eredienste - Dissiplines

AddThis Social Bookmark Button
Ons het nodig om God se teenwoordigheid in ons lewe op ’n daaglikse basis te erken en met dankbaarheid te lewe.

1 Tes 5:16-18 sê: “Wees altyd bly. Bid gedurig. Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag.”

Fil 4:6-7 sê: “Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend. En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus”

Dankbaarheid is die draad wat die lappieskombers van ons lewe aan mekaar weef.  Moeilike en maklike tye, geluk en ongeluk, kan in iets kosbaar saamgevoeg word deur met dankbaarheid en erkentlikheid te lewe.  Soos Jesus 5 broodjies en 2 vissies met dank aan God gebruik het om so iets besonders vir mense te doen, so kan ons ook met dankbaarheid wat ons het, gebruik om ander se lewens te verryk.

Ons is nie net dankbaar wanneer alles perfek loop nie, maar omdat God teenwoordig is in ons lewe.  Daarom moet ons fokus op hierdie geestelike dissipline om al die dinge wat met ons gebeur met die draad van dankbaarheid aan mekaar te weef, die goeie en die slegte.  Elke gedagte van dank en erkentenis bring ons nader aan God.

Voorstelle vir hierdie week:

  1. Begin om ’n dankbaarheids- en erkentlikheidsjoernaal te skryf.
  2. Sluit elke dag af met ’n gebed waarin jy vir een ding dankie sê.
  3. Skryf ’n dankie-sê kaartjie vir iemand wat jou lewe aangeraak het.
  4. Hou ’n dankie-sê partytjie.
  5. Maak ’n dankie-sê scrapbook – saam met jou foto’s, skryf jou gebede van dankbaarheid.

Eredienste - Dissiplines

AddThis Social Bookmark Button
Sabbat is om ‘n dag per week opsy te sit vir rus en om God te aanbid.  

  • Dink na:  wat maak dit vir jou moeilik om te rus op die Sabbat?  Hoe kan ‘n Sabbat jou plesier in en aanbidding van God verryk?  Hoe kan ‘n     Sabbat jou voed en versterk?
  • Beplan ‘n 24 uur Sabbat waarna jy met afwagting kan uitsien.  Dink na oor dinge wat jou sal help om tot verhaal te kom:  aanbidding, musiek, slaap, stap, tyd met familie.  Maak ruim tyd vir hierdie dinge in jou dag.
  • Gesels saam as familie:  hoe kan ons die skool- en werksweek inten-sioneel agterlaat?  Laat elkeen vertel wat hulle geniet om te doen op Sondae.  Wat keer julle om dit te doen?  Hoe kan julle Sondae benader op maniere wat nie dwing nie?
  • Maak ‘n “Sabbat-mandjie” of trek ‘n boks oor met geskenkpapier.  Kom elke Saterdag-aand bymekaar en plaas alles wat jy nie saam met jou in die Sabbat inneem nie, in die boks.  Gooi selfone, kredietkaarte,          projekte, huiswerk in die mandjie.  Vertel vir mekaar waarna julle uitsien soos wat julle die Sabbat binnegaan.  Bid saam om die geskenk van God se rus te ontvang.

Eredienste - Dissiplines

AddThis Social Bookmark Button
2 Kronieke 16 leer ons dat ons nie bedoel is om te lewe as selfstandige, onafhanklike konings nie (Asa).Ons kan nie die Christelike lewe leef sonder betekenisvolle ander mense in ons lewe nie (Ganani), mense wat nie sal terugdeins, om ons verantwoordelik te hou vir dít waarin ons self sê dat ons glo nie. Ons is immers gemaak vir gemeenskap met ander mense, nie net sodat dit ons kan koester en versorg nie, maar ook dat dit ons kan beskerm teen onsself, en teen ons swakhede en mislukkings.

Daarom het ons nodig om mense in ons lewe toe te laat wat ons verantwoordelik kan hou.  Jak 5:16 sê immers: “Bely julle sondes eerlik teenoor mekaar en bid vir mekaar, sodat julle gesond kan word.” Het Asa maar dié raad gevolg!

En die Hebreërskrywer raai ons aan: “Julle moet mekaar elke dag aanspoor sodat niemand van julle deur die misleiding van die sonde verhard word nie.  Ons behou deel aan Christus as ons end-uit volhard in die vertroue waarmee ons begin het.” (3:13)

Die Here roep ons op tot twee reaksies:

  1. Om na te dink oor iemand met wie ons oor ons geestelike lewe kan gesels.  En met wie ons eerlik kan wees en met wie ons ’n oop verhouding kan handhaaf.  Dit hoef nie iemand te wees wat ouer as jy is nie, of wat wyser is as jy nie.  Maar dit moet iemand wees met wie jy die vrymoedigheid sal hê om jou lewe mee te deel.
  2. Om na te dink oor iemand vir wie jy ’n oop deur wil gee, om met jou oor hulle geestelike lewe te gesels.

Eredienste - Dissiplines

AddThis Social Bookmark Button

Empatie

Empatie beteken om vir en met ander te voel én om op praktiese maniere te help.  Sodoende deel ons in God se hart vir ‘n stukkende wêreld.  

Bou ‘n tydlyn van jou eie verliese. Skryf by elke punt neer hoe jy gereageer het (bv. woede, ontkenning, blaam, onttrekking, depressie, ens.).  Hoe het jy in daardie tyd empatie beleef - of nie beleef nie?  Praat met Jesus oor jou gewaarwordinge.
...
Kies een manier waarop jy hierdie week empatie teenoor iemand kan bewys.  Nadat jy dit gedoen het, praat met iemand oor wat jy self in die proses beleef het.
...
Maak ‘n lys van almal wie se dienste jy ontvang: onderwysers, huishulpe,   dominees, ens.  Skryf langs elke naam iets neer wat jy weet hulle nodig het (bv. persoonlik, fisies).  Waartoe roep God jou?  Luister, skryf in jou joernaal, tree op.
...
Oorweeg wie die onderdruktes in jou gemeenskap is.  Kies een van hierdie groepe en vind iets van hulle uit.  Wat het hulle nodig?  Wat kan jy gee?  Waar roep God jou om empaties te wees?