Vrydag, 23 Julie 2010 11:09
Empatie
Empatie beteken om vir en met ander te voel én om op praktiese maniere te help. Sodoende deel ons in God se hart vir ‘n stukkende wêreld.Bou ‘n tydlyn van jou eie verliese. Skryf by elke punt neer hoe jy gereageer het (bv. woede, ontkenning, blaam, onttrekking, depressie, ens.). Hoe het jy in daardie tyd empatie beleef - of nie beleef nie? Praat met Jesus oor jou gewaarwordinge.
...
Kies een manier waarop jy hierdie week empatie teenoor iemand kan bewys. Nadat jy dit gedoen het, praat met iemand oor wat jy self in die proses beleef het....
Maak ‘n lys van almal wie se dienste jy ontvang: onderwysers, huishulpe, dominees, ens. Skryf langs elke naam iets neer wat jy weet hulle nodig het (bv. persoonlik, fisies). Waartoe roep God jou? Luister, skryf in jou joernaal, tree op....
Oorweeg wie die onderdruktes in jou gemeenskap is. Kies een van hierdie groepe en vind iets van hulle uit. Wat het hulle nodig? Wat kan jy gee? Waar roep God jou om empaties te wees?
| < Vorige |
|---|



AANDDIENS: PREKE
BIDDEND LUISTER



