|
12 Augustus 2010
Posted in
Eredienste -
Dissiplines
- Dink na: wat maak dit vir jou moeilik om te rus op die Sabbat? Hoe kan ‘n Sabbat jou plesier in en aanbidding van God verryk? Hoe kan ‘n Sabbat jou voed en versterk?
- Beplan ‘n 24 uur Sabbat waarna jy met afwagting kan uitsien. Dink na oor dinge wat jou sal help om tot verhaal te kom: aanbidding, musiek, slaap, stap, tyd met familie. Maak ruim tyd vir hierdie dinge in jou dag.
- Gesels saam as familie: hoe kan ons die skool- en werksweek inten-sioneel agterlaat? Laat elkeen vertel wat hulle geniet om te doen op Sondae. Wat keer julle om dit te doen? Hoe kan julle Sondae benader op maniere wat nie dwing nie?
- Maak ‘n “Sabbat-mandjie” of trek ‘n boks oor met geskenkpapier. Kom elke Saterdag-aand bymekaar en plaas alles wat jy nie saam met jou in die Sabbat inneem nie, in die boks. Gooi selfone, kredietkaarte, projekte, huiswerk in die mandjie. Vertel vir mekaar waarna julle uitsien soos wat julle die Sabbat binnegaan. Bid saam om die geskenk van God se rus te ontvang.
| < Vorige | Volgende > |
|---|






