LEES

  • Lees die verhaal van Saggeus: Lukas 19:1-10

LUISTER

  • Wat het jou getref?
  • Wat sien jy raak van Jesus se gesprek met Saggeus?
  • Wat leer jy by Jesus?
  • Wat sien jy raak van Saggeus se optrede teenoor Jesus?
  • Wat leer jy by hom?
  • Wie is Saggeus vandag in ons gemeenskap?  Is hy bloot ’n individu, of dalk ’n groep, of ’n sisteem?
  • Hoeveel van Saggeus sit in my, as individu, in my familie, my kerk, ons gemeente?

LEEF

  • Met watter Saggeuse moet ons in die gemeenskap begin verhoudinge bou in die Naam van Jesus?
  • Wat moet ons houding teenoor sulke mense wees?  Hoe gaan ons hulle intrek in gemeenskap met God se mense op ’n manier wat – al oortree dit sosiale taboes – groot vrug vir die koninkryk kan dra?
AddThis Social Bookmark Button

Lewer kommentaar