Doen moeite om as gesin mekaar hierdie week bewustelik te waardeer.  Doen elke dag die volgende oefening met ‘n lid van die familie, totdat álmal ‘n beurt gekry het:

  • Die persoon wat “waardeer” word, draai hulle stoel om (sy/hy sit dus met hul rug na die res van die gesin en mag nie praat nie).
  • Die res van die gesin gesels oor die gawes wat hulle in die persoon “op die stoel” waardeer en wil bevestig.  Iemand skryf alles neer terwyl die hele gesin gesels.
  • Die persoon draai haar/sy stoel terug na die famille en die lysie word aan haar/hom voorgelees en verduidelik.
  • Die persoon ontvang die lysie sonder om daarop kommentaar te lewer.
  • Die groep bid vir die persoon.
  • Maak seker dat ELKE lid van die familie ‘n kans kry om “op die stoel te sit”.

 (Aangepas uit "God Praat, Leef Luisterryk - vir Vergaderings" deur Frederick Marais)

AddThis Social Bookmark Button

Lewer kommentaar