header3.jpg

Nuusflitse

My Man het Dementia

Christine Veldsman het 'n aangrypende boek geskryf oor dementia, vanuit haar eie persoonlike belewenis daarvan.  Lees meer ...

Bestel by 041 583 3341.

AANDDIENS:  PREKE

Jy kan ons aanddienste se preke aflaai by www.klema.co.za of deur hier te klik.

BIDDEND LUISTER

As jy onderneem om elke week 'n uur opsy te sit om vir ons gemeente te bid en graag die gebedsriglyne wil ontvang, kontak ds Rethie by rethie@global.co.za vir Biddend Luister, of gee jou naam in by Liésl by die kerkkantoor of laai dit hier af.

Somerstrand Blog

Lewende Hawe
gesprekke in, met en oor die NG Kerk Somerstrand

Bybelskool

Bybelskool
Die Woord is 'n huis om in te woon
110370
VandagVandag250
GisterGister259
Hierdie weekHierdie week250
Hierdie maandHierdie maand1553
TotaalTotaal110370

Aantal Besoekers

Haloweb

Familiediens

AddThis Social Bookmark Button

Eredienste - Familiediens

AddThis Social Bookmark Button

STORIES WAT INSPIREER

Ons fokus dié kwartaal op die Heilige Gees wat ons leer:

1.  Om te luister in ‘n wêreld waar wysheid nodig is - 1 Konings 3 – 18 Julie
2.  Om om te gee in ‘n wêreld waar baie onderdrukking is - 1 Konings 12 – 25 Julie
3.  Om te vertrou in ‘n wêreld waar broedertwis is - 1 Konings 15 en 2 Kronieke 16 – 1 Augustus – Nagmaal
4.  Om te bid in ‘n wêreld waar ander godsdienste dreig om die oorhand te kry – 1 Konings 17-18 – 8 Augustus
5.  Om tot verhaal te kom in ‘n wêreld waar ‘n mens maklik uitbrand – 1 Konings 19 – 15 Augustus
6.  Om met verwagting te lewe in ‘n wêreld waar God nog wonders doen – 2 Konings 4-7 – 22 Augustus – Familiediens
7.  Om geregtigheid te doen in ‘n wêreld waar onreg so baie keer seëvier – 1 Konings 21 – 29 Augustus
8.  Om Hom te aanbid in ‘n wêreld waar geestelike strukture bouvallig raak – 2 Konings 11-12 – 05 September
9.  Om vir Hom te lewe in ‘n wêreld waar die landsituasie onveilig is – 2 Konings 18-19 – 12 September
10.  Om geestelik te onderskei in ‘n wêreld waar God se Woord prakties moet word – 2 Konings 22 – 19 September – Familiediens

Eredienste - Familiediens

AddThis Social Bookmark Button
Kan jy glo, ons staan reeds aan die begin van die tweede kwartaal?  Terwyl die jaar té vinnig verbyglip, is daar soveel dinge in ons gemeente waarvoor ons vir die Here kan dankie sê.
Terugblik

In die eerste kwartaal het ons weer bevestig dat die Bybel vir ons belangrik is - ons is ‘n Woord-gemeente.  Ons het ook gesels oor wat dissipelskap beteken, hoe ons in die voetspore van Jesus volg.  Hieruit het die Here vir ons duidelik gemaak dat hy wil hê dat ons hom moet volg, dat ons sy wil moet soek en nie ons eie agendas moet bepaal nie.

Verwagting

Hier, aan die begin van die nuwe kwartaal, heers daar nou ‘n gees van afwagting.  Ons kon sien hoe die Here verlede kwartaal die pad gereed maak.  Nou sien ons opgewonde uit na die pad wat die Here in die komende kwartaal met ons wil stap.  Hierdie kwartaal wil ons bevestig dat ons as gemeente in afhanklikheid van die Heilige Gees leef.  Ons wil onsself volledig in God se hande plaas en op sý krag vertrou, nie ons eie kragte en planne nie.

Gebed

Omdat ons ons afhanklikheid van die Gees wil bevestig, gaan gebed hierdie kwartaal ‘n baie belangrike rol speel - meer nog as gewoonlik.  Saam met die hele land gaan ons vir 40 dae lank wag op die Here en pleit om herlewing.  Dit is vanjaar 150 jaar sedert die vorige herlewing soos ‘n golf oor SA gespoel het en die Pinkster-bidure daaruit ontstaan het.  As ons kyk na die plofbare, onversoende situasie wat op die oomblik in ons land heers, is dit duidelik dat ons dringend weer so ‘n herlewing nodig het.

Program

In ons eredienste gaan ons nadink oor wat gebeur wanneer ons in afhanklikheid van die Gees leef.

Bid saam met ons om herlewing!  In die weeklikse Joernaalblad sal daar riglyne vir daaglikse gebed wees.  Jy kan ook jou naam op die “muur” skryf en deel vorm van die 24 uur gebedsketting.  Die kerk sal elke dag van 15:00 tot 16:00 oop wees vir mense wat hier wil kom stil raak.

Tydens Didage kan jy in die kerk, met behulp van stilte, Skrif en kuns, op die Here wag.  Of jy kan inskakel by die Bybelskool, Op pad met God of GriefShare.

Terwyl ons bid om die uitstorting van die Gees op ons gemeente, gaan ons ook geleenthede skep vir ons lidmate om die verskillende plekke waar ons betrokke is, te besoek.

Ons gaan Pinkster vier soos wat dit oorspronklik, 150 jaar gelede, gevier is.  Terwyl die kinders in die Ark Pinkster hou, gaan die grootmense saam sing, bid en die Here se aangesig soek.     Soos die eerste bidure gaan ons onsself voor God verootmoedig, in afwagting van die werk wat hy in en deur ons wil doen.

Eredienste - Familiediens

AddThis Social Bookmark Button
18 APRIL 09:00
“God gee om vir gewone mense“ (Hand 9:32-43)
25 APRIL 09:00
“God beweeg hemel en aarde om mense in te sluit“ (Hand 10:1-48)
2 MEI 09:00
“God werk deur gewone gelowiges“ (Hand 11:19-30)
9 MEI 09:00
“God bring publieke figure tot geloof“ (Hand 13:4-12)
13 MEI 18:30
Hemelvaart “Wag op die Gees” (Hand 1:1-11)
16 Mei 09:00
Herlewing “Julle sal krag ontvang” (Hand 1:1-11)
18:30
Gebed “Bid gedurig” (Ef. 6:18)
23 Mei 09:00
Nagmaal “Die Gees sal by julle bly”  (Joh 15)
30 MEI 09:00
“Ons sal die waarheid ken“ (Joh 16:12-15)
6 JUNIE 09:00
Omgewing Sondag “Die Gees stuur ons na die omgewing“ (Ps 30)

Vorige preke