Hulpmiddels vir families

Laat die dokument (2.3MB) met riglyne om jou kind voor te berei vir Nagmaal, hier af. 

ouers-berei-kinders-voor-vir-nagmaal-ng-somerstrand

Attachments:
FileBeskrywingFile size
Access this URL (http://www.ngkerksomerstrand.co.za/dokumente/Ouers%20berei%20kinders%20voor%20vir%20Nagmaal.pdf)Berei jou kind voor vir NagmaalBoekie met riglyne vir gesprek2299 Kb
AddThis Social Bookmark Button

Inleiding

Ons gee om vir julle en jul kind(ers).  Saam met julle wil ons graag hê dat jul kind(ers) die Here sal dien.  Derhalwe wil ons julle bystaan in jul taak om jul kinders van ons geloof te leer.  Een so ‘n manier waarop ons ons kinders van geloof leer, is deur die seën van die Here oor hulle te bid.

Seënbedes

Dink aan verskillende maniere waarop jy mense kan seën (bv. deur dinge wat jy sê wanneer mense nies, dinge wat jy sê wanneer iemand seer het of in nood is).  Hoe sal die teenoorgestelde lyk?  (Afdruk, vloek, negatiewe kommentaar)  Ons vermoed dat mense baie meer van die negatiewe as van die seën hoor in hul huise!

Hoekom God se seën oor my kind bid?

Kyk gou na Numeri 6:22-27:

22Die Here het vir Moses gesê: 23“Sê vir Aäron en sy seuns: So moet julle sê wanneer julle die Israeliete seën: 24Die Here sal julle seën en julle beskerm; 25die Here sal tot julle redding verskyn en julle genadig wees; 26die Here sal julle gebede verhoor en aan julle vrede gee! 27“So moet die priesters my Naam oor die Israeliete uitroep, en Ek sal hulle seën.”

Die sleutel tot seën is die Here.  Dit gaan oor hom en sy mag en gesag.

So hoekom bid ons die seënbedes oor ons kinders?

Rede 1:  “So moet die priesters my Naam oor die Israeliete uitroep”.

Wie se naam wil jy oor jou kind hê?  Nike?  Reebok?  Springbok?  Wil jy hê dat jou kind bekend sal wees as God se kind?  Ander name is net vir ‘n tyd lank geldig;  God se naam is ewig.

Rede 2:  “en Ek sal hulle seën.”

Dink ‘n bietjie:  Hoe lyk God se seën?

Jy kan ook na die volgende teksgedeeltes kyk:

  • Deuteronomium 28:1-14
  • Gen 12:2-3
  • Matt 19:13-16

Hoewel daar ‘n maniere is waarop God ons seën, sal ons graag twee wil uitlig:

  • God seën om ons tot ‘n seën te maak en
  • Om God te ken, is om geseënd te wees.

Hoe werk dit?

Gaan kyk na hierdie video, waarin Mark Holmen vertel van die gebruik

Dink nou eers na:

Hoe gereeld sal jy die seënbede oor jou kind bid?

  • Aan die begin van elke dag, aan die einde van die dag wanneer hulle gaan slaap, elke keer wat jy vir hulle totsiens sê, elke keer wat hulle die huis verlaat?  [Onthou, daar is nie ‘n regte of verkeerde tyd of manier nie – dit gaan oor wat vir julle gemaklik voel!]

Hoe gaan jy dit doen?

  • Ons dink dis belangrik dat jy jou kind(ers) aanraak wanneer jy hulle seën.  Party mense maak ‘n kruisie op hul voorkop.  Dalk kan jy jou hand op hul koppie(s) sit, of op ‘n armpie.  Laat jou lei deur elke kind se temperament.
  • Dis belangrik dat jy dit hardop doen, dat jou kind(ers) hóór hoe jy die seën oor hulle bid!

Kies een van die seënbedes

18Mag julle in staat wees om saam met al die gelowiges te begryp hoe wyd en ver en hoog en diep die liefde van Christus strek. 19Mag julle sy liefde ken, liefde wat ons verstand te bowe gaan, en mag julle heeltemal vervul word met die volheid van God. (Efesiërs 3:18–19).


16Laat julle lig so voor die mense skyn, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemel is, verheerlik.” (Matteus 5:16).


13Die genade van die Here Jesus Christus en die liefde van God en die gemeenskap van die Heilige Gees sal by julle almal wees. (2 Kor 13:13).


2Mag daar vir julle genade en vrede in oorvloed wees deur julle kennis van God en van Jesus ons Here! (2 Petrus 1:2).


24Die Here sal julle seën en julle beskerm; 25die Here sal tot julle redding verskyn en julle genadig wees; 26die Here sal julle gebede verhoor en aan julle vrede gee! (Numeri 6:24–26).


16–17En mag julle in al die goeie wat julle in woord en daad doen, bemoedig en gesterk word deur ons Here Jesus Christus en God ons Vader. Hy het aan ons sy liefde bewys en aan ons deur sy genade ’n blywende troos en goeie hoop gegee. (2 Tessalonisense 2:16-17).

Oefen dit gou!

Moenie bekommerd wees as dit vreemd voel of jy oor jou woorde struikel of die kind onder jou hande uit wriemel nie!  Die eerste keer is die moeilikste – julle sal gou in jul patroon gevestig raak.

Leef dit

Onderneem om die seënbede wat julle gekies het, so gereeld soos wat julle besluit het, vir julle kind te bid!  Druk een van die plakkate met jul seëngebed op mooi in kleur.  Plak dit in die kind se kamer waar jy dit maklik kan sien.

Bronne

Jy het nie regtig nodig om meer te lees nie – dis belangrik dat jy dit doen!  As jy egter nog inligting soek, kan jy na die volgende bronne en hulpmiddels kyk:

Boeke:

I’d Choose You deur John Trent

Seën met Slaaptyd deur John Trent

Internet artikels:

Attachments:
FileBeskrywingFile size
Download this file (gebede.pdf)Plakkate van SeënbedeKindervriendelike uitbeeldings van verskillende seënbedes in die Bybel om in jou kind se kamer op te hang132 Kb
AddThis Social Bookmark Button
Maak vir jou kinders 3 houers, gemerk “Geld vir God”, “Spaargeld” en “Geld om te spandeer.” So kan jy jou kinders van vroeg af leer hoe om met geld te werk.  Gee hul sakgeld in kleingeld (bv. R10 as R1e).  So kan hulle self besluit hoeveel in watter houer kom.  Laat hulle dan elke Sondag geld uit die “Geld vir God” houer neem en by die kerk in die kollektebord gooi.

 Gesels met jou kinders:

  • ­ God maak alles, so alles is God s’n.  Ook ons.  Ons is dankbaar omdat God alles gemaak het.  Hy het vir ons so baie gegee dat ons vir hom wil teruggee.
  • ­ Ons dink eerste oor God.  Daarom gooi ons eerste geld in die “Geld vir God” houer.
  • ­ Ons gee vir God omdat ons hom liefhet.  Ons wys ook vir God dat ons hom liefhet deur kerk toe te gaan, met hom te gesels in gebed en deur goed te doen aan ander.  Ons gee ons dankoffer by die kerk, sodat die kerk die dinge kan doen wat God wil hê.  Dit help die kerk om mense van God te leer en om mense te help.

 Hoekom so?

Gewoonlik stop ouers Sondae vir kinders geld in die hand om in die sakkie te gooi.  Dit is goed vir jonger kinders (ongeveer 2-4), omdat hulle kan deelneem.  Vir ouer kinders kan dit egter die verkeerde boodskap stuur:

  • ­ Die geld was in die eerste plek nie hulle s’n nie, so hulle beleef nie die bevrediging van gehoorsaam geld vir God gee nie.  Dankoffer is ‘n manier om ons liefde vir God uit te druk.
  • ­ Hulle gee al die geld wat jy vir hulle gee, so hulle leer nie om ‘n gedeelte van hul geld vir God te gee nie.  As ons werklik vir ons kinders leer van dankoffer, sal hulle die R1 wat jy vir hulle gee vat, in hulle sak steek en 10c in die bordjie gooi!
  • ­ Dit leer hulle nie om God eerste te stel in hul finansies nie.  Jou kinders moet leer om intensioneel te wees in die manier waarop hulle geld hanteer - ook die manier waarop hulle God dien met hul geld.

 Moenie met jonger kinders praat oor 10% nie - hulle weet nog nie van persentasies nie!  Met die houers kan hulle besluit hoeveel hulle gee, sonder dat dit wetties raak.

Vertaal van hierdie artikel deur Dan.

 

AddThis Social Bookmark Button
Laai die grafiese uitbeelding van die Tien Gebooie hier af.  Uit "Handboek vir die Kategeet Graad 3".
AddThis Social Bookmark Button
Laai die dokument (514kb) met riglyne om jou kind voor te berei vir Nagmaal, /public_html/attachments/Ouers%20berei%20kinders%20voor%20vir%20Nagmaal.pdf" target="_blank">hier af.

alt

Attachments:
FileBeskrywingFile size
Download this file (Ouers berei kinders voor vir Nagmaal NG Somerstrand.pdf)Ouers berei kinders voor vir Nagmaal NG Somerstrand.pdf 514 Kb
AddThis Social Bookmark Button