header20.jpg

Nuusflitse

My Man het Dementia

Christine Veldsman het 'n aangrypende boek geskryf oor dementia, vanuit haar eie persoonlike belewenis daarvan.  Lees meer ...

Bestel by 041 583 3341.

AANDDIENS:  PREKE

Jy kan ons aanddienste se preke aflaai by www.klema.co.za of deur hier te klik.

BIDDEND LUISTER

As jy onderneem om elke week 'n uur opsy te sit om vir ons gemeente te bid en graag die gebedsriglyne wil ontvang, kontak ds Rethie by rethie@global.co.za vir Biddend Luister, of gee jou naam in by Liésl by die kerkkantoor of laai dit hier af.

Gemeentebrief

Somerstrand Blog

Lewende Hawe
gesprekke in, met en oor die NG Kerk Somerstrand

Bybelskool

Bybelskool
Die Woord is 'n huis om in te woon
Ons het 54 gaste aanlyn

Gebruikers aanlyn

110387
VandagVandag267
GisterGister259
Hierdie weekHierdie week267
Hierdie maandHierdie maand1570
TotaalTotaal110387

Aantal Besoekers

Haloweb

Preke - Chris van Wyk

AddThis Social Bookmark Button

Ons assosieer die woord aanbidding, worship, gewoonlik met godsdiens en ‘n erediens.  Maar aanbidding kan natuurlik ook gevind word in die lewe van agnostici, selfs ateïste.  Adele Calhoun skrywe: “The simple truth is that everybody looks to something or someone to give their lives meaning” (Spiritual Disciplines Handbook 2005: 45).  Die dinge waarvoor ons lief is, die dinge wat ons waardeer, die dinge waarop ons fokus het ‘n groot impak op ons.  Dit gee aan ons lewens betekenis.  En dit bepaal wie ons ten diepste is.

Sommige mense het ‘n groot klem op onafhanklikheid – en sal alles in hulle vermoë doen om dit te verseker: die tipe werk wat hulle doen, die plek waar hulle bly, die instrumente waarin hulle belê, die verhoudinge wat hulle sal najaag of toelaat in hulle lewe.

Sommige sal hulle lewe gee vir ander se goedkeuring, of om sukses te behaal in die loopbaan wat hulle gekies het, of sal fokus op dinge wat hulle gelukkig maak, of beheer gee in die lewe.  En sommige sal fokus op mag, hoe om dit te kry, en hoe om dit te behou.

Atalia

Atalia was só ‘n persoon.  Sy was die dogter van Agab van Samaria, die koning van Israel in Elia se tyd, wat getroud was met Isebel.  Wat ons van Atalia agterkom, is dat daar twee dinge was wat haar gedryf het.  Haar godsdiens, en haar sug na mag.

Lees meer...

Inligting - Kerkraad

AddThis Social Bookmark Button
Ons het aan die einde van 2009 gemeentelede se mening oor 4 sake getoets: 1) hulle betrokkenheid in die gemeente, 2) die wyse waarop ons eredienste ingerig word, 3) die inskakeling by kleingroepe en 4) 'n verhoging in dankoffers ter wille van die begroting.

Die vraelys is in samewerking met NMMU opgestel en verwerk en in verslagvorm aan die kerkraad beskikbaar gestel.  Die volledige dokument is hieronder beskikbaar.

Bevindings

Die belangrikste bevindings is die volgende:

  • Die menings verteenwoordig meesal dié van die ouer lidmate van die gemeente.
  • Die betrokkenheid van die ouer lidmate is besonder goed.
  • Ouer lidmate is tevrede met die kwaliteit van ons eredienste.  Die fokus op praktiese geestelike gewoontes in die erediens joernaal, sowel as om mense meer van God te leer, kom ooreen met die behoeftes van ons lidmate.
  • NB – Mense onder 50 jaar oud verkies ’n informele erediens, veral die groep 30-39 jaar – die mense bo 60 jaar oud verkies die gewone oggenddiens.
  • NB – Mense onder 50 jaar oud verkies kontemporêre musiek, veral die groep 30-49 jaar – die mense bo 60 jaar oud verkies die musiek soos tans.
  • Ouer lidmate waardeer die onderlinge sorg in kleingroepe.
  • Ouer lidmate wil graag deur leraars besoek word, hoewel die helfte self daarvoor wil vra.
  • Ouer lidmate het beloof om hulle dankoffers altesaam met R 20 760 te verhoog en net 36% betaal dit nog met ’n koevert.
    Attachments:
    FileBeskrywingFile size
    Download this file (Vraelys - eerste verslag.doc)Vraelys - eerste verslag.docPersentasies ingevul op die vraelys74 Kb

    Lees meer...

Eredienste - Familiediens

AddThis Social Bookmark Button

STORIES WAT INSPIREER

Ons fokus dié kwartaal op die Heilige Gees wat ons leer:

1.  Om te luister in ‘n wêreld waar wysheid nodig is - 1 Konings 3 – 18 Julie
2.  Om om te gee in ‘n wêreld waar baie onderdrukking is - 1 Konings 12 – 25 Julie
3.  Om te vertrou in ‘n wêreld waar broedertwis is - 1 Konings 15 en 2 Kronieke 16 – 1 Augustus – Nagmaal
4.  Om te bid in ‘n wêreld waar ander godsdienste dreig om die oorhand te kry – 1 Konings 17-18 – 8 Augustus
5.  Om tot verhaal te kom in ‘n wêreld waar ‘n mens maklik uitbrand – 1 Konings 19 – 15 Augustus
6.  Om met verwagting te lewe in ‘n wêreld waar God nog wonders doen – 2 Konings 4-7 – 22 Augustus – Familiediens
7.  Om geregtigheid te doen in ‘n wêreld waar onreg so baie keer seëvier – 1 Konings 21 – 29 Augustus
8.  Om Hom te aanbid in ‘n wêreld waar geestelike strukture bouvallig raak – 2 Konings 11-12 – 05 September
9.  Om vir Hom te lewe in ‘n wêreld waar die landsituasie onveilig is – 2 Konings 18-19 – 12 September
10.  Om geestelik te onderskei in ‘n wêreld waar God se Woord prakties moet word – 2 Konings 22 – 19 September – Familiediens

Didage - Geestelike Gewoontes

AddThis Social Bookmark Button
Watter van die volgende titels sou op die oomblik jou behoefte aan God die beste verwoord? 
  • ‘n Lewe wat God seën
  • Krag in krisis
  • Hier is ek, stuur my
  • Gesalf deur die Heilige Gees
  • ‘n Tyd vir Orde
  • Die Gees van Christus dring ons
  • Gebed kan jou lewe verander
  • Gaan dan heen en maak dissipels
  • Tyd vir vernuwing
  • Op reis met my Koning

Dalk ken jy die naam van die skrywers van sommige van hierdie titels.

Om jou ware verlange na God te verwoord, is die eerste stap wat jy kan neem om uit te vind wat die unieke plan is wat God vir jou lewe het. Of om by Hom te hoor watter pad jy kan loop om Sy vrede en vreugde te ervaar. Of om uit te vind hoe en waar God jou wil gebruik.

Vir hierdie pad het ons mekaar nodig.  Vir seker.

By OP PAD MET GOD lees ons die Bybel saam. Jy sal op verrassende wyses vind hoe verskillende geestelike gewoontes jou kan help om die werklikheid van God in jou lewe raak te sien en te beleef.  Jy gaan ook leer op watter maniere God met jou praat, wat Sy wil vir jou lewe is, en hoe Hy jou wil gebruik.  In die lewe voor God die Vader kry ‘n ontmoeting- met-Hom en ‘n aanraking-deur-Hom héél ‘n nuwe inhoud.  Dit beteken dan dat wanneer jy hand-aan-hand met Jesus stap, Hy vir jou God se Woord vergestalt. Vervolgens ervaar jy dat die Gees van Christus met jou gees resoneer, jou die gawe van onderskeiding gee en ook bekragtig om saam met Hom te leef.

Kom sluit gerus aan by OP PAD MET GOD as jy geestelik wil groei, ‘n nuwe visie of geestelike tuiste soek, gewoon net ‘n afplatting ervaar, of ‘n ware soeke na God het. 
(Geen koste.)

Didage - Narratiewe terapie

AddThis Social Bookmark Button
Tydens die tweede kwartaal se Narratiewe Terapie kursus het dit duidelik geword dat daar ’n behoefte is aan ’n lewensverrykingskursus of lewenskuns kursus.  Daar is toe besluit om as deel van die Didache in die derde kwartaal die beginsels van die narratiewe terapie in ’n nuwe formaat te giet.  Ons wil probeer om die beginsels toe te pas op wat nodig is vir persoonlikheidsgroei of groei na volwassenheid, en ook groei in ’n mens se volwasse uitlewing van jou geloof.

Almal wat reeds die Narratiewe Terapie kursus deurloop het, word uitgenooi om van hierdie proses deel te word.  Die tyd waarop dit sal plaasvind sal deur die groep self gekies word.

Didage - Bybelskool

AddThis Social Bookmark Button
Hierdie kwartaal fokus ons op Paulus se eerste vier briewe: 1 en 2 Tessalonisense en 1 en 2 Korintiërs.  Ek beplan om in die eerste sessie eers die verhaal van die twee gemeentes in Handelinge te hanteer, om uit daardie hoek dan weekliks na Paulus se briewe te kyk.  Dit laat ‘n mens die briewe met baie meer perspektief lees.

Soos altyd, sal ek weekliks ‘n bydrae by die webtuiste lewer.  Die nuwe adres is: www.bybelskool.com.  Enige gemeentelid is welkom om te registreer en daagliks my bydraes as dagstukkies te gebruik.  Die eerste bydraes begin 21 Julie, met die eerste byeenkoms 28 Julie18:30.  Dit is gratis.

Didage - Algemeen

AddThis Social Bookmark Button

Daar is vir ons niks meer belangrik as dat die mense in ons gemeente geestelik groei.  Daarom is dit die fokus in alles wat ons doen ook in Didage.

Baie mense vra egter:

  • Wat is geestelike groei?
  • Hoe meet 'n mens geestelike groei?
  • Watter katalisators is daar wat jou geetelik kan laat groei?
  • Hoe hanteer ek stagnasie en ander hindernisse in my geestelike groei?
Willow Creek het hieroor indringende navorsing gedoen in meer as 'n 1000 gemeentes, onder meer as 250 000 lidmate, in 20 denominasies en 19 lande.  Hier is die resultaat van hulle ondersoek:

INHOUDSOPGAWE

1       Wat is geestelike groei?.

2       Hoe meet ‘n mens geestelike groei?.

3       Mense is versprei in vier voorspelbare "geestelike groei" segmente.

4       Om te kan groei, moet jy jou behoefte aan groei agterkom..

5       Vier katalisators het ‘n groot impak op geestelike groei

6       Hoe werk die katalisators?.

7       Wat bevorder dan geestelike groei?.

8       Hoe het Willow Creek op dié bevindinge gereageer?.

9       Verdere nadenke uit die navorsing (as ‘n bonus!)

9.1          Die kern drywers wat geestelike groei inspireer.

9.2          Watter gemeente eienskappe is vir mense die belangrikste in geestelike groei?.

9.3          Twee probleme wat mense in geestelike groei ervaar.

9.3.1      Stagnasie:

9.3.2      Ontevredenheid:

9.4          Bonus bevindinge van die ondersoek.

10          Bronne.

Lees meer...