header13.jpg

Nuusflitse

My Man het Dementia

Christine Veldsman het 'n aangrypende boek geskryf oor dementia, vanuit haar eie persoonlike belewenis daarvan.  Lees meer ...

Bestel by 041 583 3341.

AANDDIENS:  PREKE

Jy kan ons aanddienste se preke aflaai by www.klema.co.za of deur hier te klik.

BIDDEND LUISTER

As jy onderneem om elke week 'n uur opsy te sit om vir ons gemeente te bid en graag die gebedsriglyne wil ontvang, kontak ds Rethie by rethie@global.co.za vir Biddend Luister, of gee jou naam in by Liésl by die kerkkantoor of laai dit hier af.

Somerstrand Blog

Lewende Hawe
gesprekke in, met en oor die NG Kerk Somerstrand

Bybelskool

Bybelskool
Die Woord is 'n huis om in te woon
Haloweb

Bronne - Boeke

AddThis Social Bookmark Button

My Man het Dementia - Christine Veldsman

Ons is bevoorreg om vir Christine as deel van die liggaam van Christus in Somerstrand te hê.  Ons ken haar hartlike vriendelikheid, haar passie vir gebed en haar getroue betrokkenheid by baie van die gemeente se aktiwiteite.  Haar boek  is aangrypend ..., nie net omdat die agtergrond waarteen dit plaasvind ons bekende omgewing is nie, maar omdat die mense waarvan vertel word, vir ons bekend is en die storie van die invloed van dementia daarom ook soveel meer werklik, naby.

Luister na wat Christine en ander sê:

My man Danie het in 1998 ʼn aneurisme operasie ondergaan as gevolg waarvan hy vermoedelik breinskade, dementia, opgedoen het. Dit word beskryf as "a most devastating illness. We are  not concerned about the patient but about the carer. They are a candidate for chronical depression." Daar is geen hoop op herstel of beterskap nie.  Die psigotiese medikasie het hoogstens ʼn kalmerende uitwerking op die emosionele en aggressiewe uitbarstings.

Ek was gekonfronteer met die grootste krisis in my lewe. Sou ek as gelowige dit regkry om saam met Habakuk te kan sê: "nogtans sal ek jubel in die Here my God?"

Ek het begin skryf en so het my boek "My man het dementia" oor die 12 jaar wat hy siek was, die lig gesien.

Wat die inhoud van die boek betref, sê dr J C E Bouwer op die flapteks:

In hierdie boek maak die lewe kennis met die ervaring en gewaarwordings van ʼn eggenote wat ten nouste met haar man se dementia saamleef. Dit is geen wetenskaplike bespreking van die siekte nie, hoewel daar by tye noodwendig bepaalde feite genoem word.

Dit is eerder die intelligente, begrypende waarneming en evaluering van ʼn lewensmaat se verlies van breinfunksies deur dementia.

Hierdie werk sal ʼn kosbare bydrae maak in talle huishoudings vir liefdevolle begrip en deernis.

Dinie van Pretoria wat die boek gelees het, skryf:  Dele daarvan is vir my oorbekend, en al wil ek die probleem ontken en  weg dink onderstreep dit net weereens vir my die werklikheid. Die goeie van die boekie is dat u hoop bring. Die pad wat die Here met u geloop het en die wyse waarop u geestelik versterk is, beteken vir my baie.

Elsabe van die Kaap bedank in ʼn brief aan hulle vriende vir Cicile wat die boek vir haar gestuur het en sê: dit beteken oneindig baie vir my. Die hoofstukkie wat Christine "Laaste dinge" noem is ook deel van die rouproses waarin ons verkeer. Ek het al die brille vandag gebêre, behalwe die enigste een wat nog darem help. Neem nie meer grootdurkboeke uit nie, want hy wend nie meer enige poging om te lees nie.

Die boek kan van die skryfster by faksnommer  041 583 3341 bestel word.

Comments (3)
Ontwerp van webtuiste
3 Woensdag, 11 Augustus 2010 10:21
Webmeester
Chris van Wyk het dit ontwerp en hou dit in stand. E-pos hom by acv.vanwyk@gmail.com vir meer inligting.
Gemeentebestuurder, George Moedergemeente
2 Woensdag, 11 Augustus 2010 09:57
Drew de Kock
Goeiedag,
Ek het toevallig op julle webwerf afgekom en is baie beïndruk daarmee. Ek het so paar vragies en sal bly wees indien u my daarmee kan help:
Wie het dit vir julle ontwerp?
Wat het dit gekos?
Wat kos dit julle per maand?
Baie dankie
Vriendelike groete
Drew
Groete
1 Sondag, 20 Junie 2010 20:44
JOHAN PRETORIUS
Ek was laas in feb 1994 by tannie Christine en
prof toe ek elektriese werk vir hulle gedoen het.

Ek het tannie eendag oor RSG gehoor en gewonder hoe dit gaan. Ja die liewe Heer sal ons nie bo ons vermoe
toets nie. Ek het self deur diepe waters gegaan toe gee
die Here vir my Kwikkie Botha van Kaap Reciefe skool. Ons sal die einde van die maand al 13 jaar getroud wees. Ek hoop tannie se boek sallandwyd waardeer word.
Groete Johan

Lewer kommentaar

Your name:
Your email:
Titel:
Kommentaar: