Didage

AddThis Social Bookmark Button
Lees saam met ons hierdie kwartaal Paulus se vier briewe wat hy uit die gevangenis in Rome skrywe aan die gemeentes in Filippi, Kolosse en Efese, sowel as aan Filemon.  Ons sluit af met sy drie pastorale briewe aan Timoteus en Titus.  Die briewe aan die gemeentes in Filippi en Efese (Johannes het ook ‘n boodskap vir hulle in Open 2:1-7) sal ook in die lig van die uitvoerige verhale oor die stigting van dié gemeentes gelees word soos Lukas ons in die boek Handelinge vertel. Elke weeksdag is daar 'n bydrae by www.bybelskool.com, waar jy meer kan lees, jou kommentaar kan lewe, en ook jou vrae kan vra.  Registreer by die bybelskool.com webtuiste om die bydraes ook elke weeksdag per  e-pos te ontvang.  Skryf in by die kerkkantoor - 0415835115 - indien jy die Bybelskool byeenkomste in die Konsistorie elke Woensdagaand wil bywoon om 18:30-19:30, vanaf 18 Januarie tot aan die einde van Februarie.  Chris van Wyk
AddThis Social Bookmark Button
LECTIO DIVINA  vanaf 18 Januarie Woensdae om 17:30 in die kerkgebou.  Kom op jou eie en volg gewoon die instruksies op die skerm:  word stil, luister na mooi musiek, oordink die week se Skrifgedeelte en antwoord in stil gebed.  Rethie van Niekerk
AddThis Social Bookmark Button
By OP PAD MET GOD reis jy saam met medegelowiges op jou geloofspad. Hier sal jy op verrassende wyse vind hoe dissipelskap jou kan help om die werklikheid van God in jou lewe raak te sien, en hoe God met jou bemoeienis maak en met jou praat. In die lewe voor God, jou Vader, kry ‘n ontmoeting-met-Hom en ‘n aanraking-deur-Hom ‘n héél ‘n nuwe inhoud. Jy stap met verwagting hand-aan-hand met Jesus – elke dag.

Kom sluit gerus by ons aan as jy ‘n ware soeke na God het en geestelik wil groei, ‘n nuwe visie of geestelike tuiste soek, of gewoon net ‘n afplatting ervaar. Of kom kuier maar net ‘n bietjie by ons op jou reis deur 2012. Mariette Rossouw. (Geen koste)

AddThis Social Bookmark Button
Maak vir jou kinders 3 houers, gemerk “Geld vir God”, “Spaargeld” en “Geld om te spandeer.” So kan jy jou kinders van vroeg af leer hoe om met geld te werk.  Gee hul sakgeld in kleingeld (bv. R10 as R1e).  So kan hulle self besluit hoeveel in watter houer kom.  Laat hulle dan elke Sondag geld uit die “Geld vir God” houer neem en by die kerk in die kollektebord gooi.

 Gesels met jou kinders:

  • ­ God maak alles, so alles is God s’n.  Ook ons.  Ons is dankbaar omdat God alles gemaak het.  Hy het vir ons so baie gegee dat ons vir hom wil teruggee.
  • ­ Ons dink eerste oor God.  Daarom gooi ons eerste geld in die “Geld vir God” houer.
  • ­ Ons gee vir God omdat ons hom liefhet.  Ons wys ook vir God dat ons hom liefhet deur kerk toe te gaan, met hom te gesels in gebed en deur goed te doen aan ander.  Ons gee ons dankoffer by die kerk, sodat die kerk die dinge kan doen wat God wil hê.  Dit help die kerk om mense van God te leer en om mense te help.

 Hoekom so?

Gewoonlik stop ouers Sondae vir kinders geld in die hand om in die sakkie te gooi.  Dit is goed vir jonger kinders (ongeveer 2-4), omdat hulle kan deelneem.  Vir ouer kinders kan dit egter die verkeerde boodskap stuur:

  • ­ Die geld was in die eerste plek nie hulle s’n nie, so hulle beleef nie die bevrediging van gehoorsaam geld vir God gee nie.  Dankoffer is ‘n manier om ons liefde vir God uit te druk.
  • ­ Hulle gee al die geld wat jy vir hulle gee, so hulle leer nie om ‘n gedeelte van hul geld vir God te gee nie.  As ons werklik vir ons kinders leer van dankoffer, sal hulle die R1 wat jy vir hulle gee vat, in hulle sak steek en 10c in die bordjie gooi!
  • ­ Dit leer hulle nie om God eerste te stel in hul finansies nie.  Jou kinders moet leer om intensioneel te wees in die manier waarop hulle geld hanteer - ook die manier waarop hulle God dien met hul geld.

 Moenie met jonger kinders praat oor 10% nie - hulle weet nog nie van persentasies nie!  Met die houers kan hulle besluit hoeveel hulle gee, sonder dat dit wetties raak.

Vertaal van hierdie artikel deur Dan.

 

AddThis Social Bookmark Button

Immergroen Ouerskap

Immergroen Ouerskap wil ouers en ander opvoeders bemagtig met raad, hulpmiddels en opleiding.  Hulle verkoop hulpmiddels, maar het ook gratis hulpmiddels op hul werbwerf, soos artikels en weeklikse wenke.  Om die kursus te doen, kontak vir Lynette van Wyk via die kerkkantoor.

Raising Up Spiritual Champions

Pret idees vir familietyd, artikels vir ouers en vele meer.  Praktiese artikels oor hoe om 'n kind te leer bid, na Christus te lei, te leer om keuses te maak, ens.

Vibrant Faith Ministries

Artikels oor geloofsoordrag en praktiese familielewe soos

Spiritual Growth for Kids

Focus on the Family het idees vir:

  • Mealtime Devotionals
  • Develop Moral Character
  • Blessing your child
  • Serving as a family
  • ens

Hou hierdie spasie dop vir nog hulpmiddels!

AddThis Social Bookmark Button
Laai die grafiese uitbeelding van die Tien Gebooie hier af.  Uit "Handboek vir die Kategeet Graad 3".
AddThis Social Bookmark Button
BYBELSKOOL

Dit begin 19 Oktober in die ARK 18:30-19:30 en duur 7 weke tot 29 November.  Ons behandel die eerste Psalmboek, Psalms 1 tot 41.  In die proses gaan ons leer hoe om die Psalms in ons eie persoonlike geestelike lewe te gebruik.  Skryf in by die kerkkantoor om weekliks in die lees van die Psalms begelei te word (0415835115) sowel as by die webtuiste Bybelskool om die bydraes daaroor elke weeksdag per e-pos te ontvang. Chris van Wyk.

OP PAD MET GOD

Hier lees ons die Bybel saam. Dit begin ook 19 Oktober in die kamer langs die kombuis om 18:30.  Hier sal jy op verrassende wyses vind hoe verskillende geestelike gewoontes jou kan help om die werklikheid van God in jou lewe raak te sien en te beleef.  Jy gaan ook leer op watter maniere God met jou praat, wat Sy wil vir jou lewe is, en hoe Hy jou wil gebruik.  Mariette Rossouw.

LECTIO DIVINA

Ons doen Lectio Divina met die Psalm van die week van 19 Oktober af elke Woendagaand van 17:30-18:30 in die kerk.  Almal is welkom om aan te sluit.  Rethie van Niekerk.

AddThis Social Bookmark Button
Dit begin 19 Oktober in die ARK 18:30-19:30 en duur 7 weke tot 29 November.  Ons behandel die eerste Psalmboek, Psalms 1 tot 41.  In die proses gaan ons leer hoe om die Psalms in ons eie persoonlike geestelike lewe te gebruik.  Skryf in by die kerkkantoor om weekliks in die lees van die Psalms begelei te word (0415835115) sowel as by die webtuiste Bybelskool om die bydraes daaroor elke weeksdag per e-pos te ontvang. Chris van Wyk.
AddThis Social Bookmark Button

By OP PAD MET GOD lees ons die Bybel saam. Dit skop 19 Oktober af en word in kamer langs die kombuis gehou om 18:30.  Hier sal jy op verrassende wyses vind hoe verskillende geestelike gewoontes jou kan help om die werklikheid van God in jou lewe raak te sien en te beleef.  Jy gaan ook leer op watter maniere God met jou praat, wat Sy wil vir jou lewe is, en hoe Hy jou wil gebruik.  Mariette Rossouw.