Geestelike Gewoontes
|
12 Januarie 2012
Posted in
Didage -
Geestelike Gewoontes
Kom sluit gerus by ons aan as jy ‘n ware soeke na God het en geestelik wil groei, ‘n nuwe visie of geestelike tuiste soek, of gewoon net ‘n afplatting ervaar. Of kom kuier maar net ‘n bietjie by ons op jou reis deur 2012. Mariette Rossouw. (Geen koste)
|
23 September 2011
Posted in
Didage -
Geestelike Gewoontes
By OP PAD MET GOD lees ons die Bybel saam. Dit skop 19 Oktober af en word in kamer langs die kombuis gehou om 18:30. Hier sal jy op verrassende wyses vind hoe verskillende geestelike gewoontes jou kan help om die werklikheid van God in jou lewe raak te sien en te beleef. Jy gaan ook leer op watter maniere God met jou praat, wat Sy wil vir jou lewe is, en hoe Hy jou wil gebruik. Mariette Rossouw.
|
23 September 2011
Posted in
Didage -
Geestelike Gewoontes
Ons doen Lectio Divina met die Psalm van die week van 19 Oktober af elke Woendagaand van 17:30-18:30 in die kerk. Almal is welkom om aan te sluit. Rethie van Niekerk.
|
01 Julie 2011
Posted in
Didage -
Geestelike Gewoontes
Soos reeds 'n aanvang geneem het in die 2de kwartaal, bid ons van 20 Julie af elke Woendagaand van 17:30-18:30 in die gebedskamer vir die gemeente. Almal is welkom om aan te sluit. Rethie van Niekerk.
|
01 Julie 2011
Posted in
Didage -
Geestelike Gewoontes
By OP PAD MET GOD lees ons die Bybel saam. Dit skop 20 Julie af en word in kamer langs die kombuis gehou om 18:30. Hier sal jy op verrassende wyses vind hoe verskillende geestelike gewoontes jou kan help om die werklikheid van God in jou lewe raak te sien en te beleef. Jy gaan ook leer op watter maniere God met jou praat, wat Sy wil vir jou lewe is, en hoe Hy jou wil gebruik. Mariette Rossouw.
|
19 April 2011
Posted in
Didage -
Geestelike Gewoontes
Van 4 Mei af gaan Rethie van Niekerk elke Woendagaand van 17:30-18:30 in die gebedskamer bid vir die gemeente. Almal is welkom om by haar aan te sluit vir hierdie BID-UUR.
|
19 April 2011
Posted in
Didage -
Geestelike Gewoontes
By OP PAD MET GOD lees ons die Bybel saam. Dit het reeds 13 April afgeskop en word in Ark gehou om 18:30. Hier sal jy op verrassende wyses vind hoe verskillende geestelike gewoontes jou kan help om die werklikheid van God in jou lewe raak te sien en te beleef. Jy gaan ook leer op watter maniere God met jou praat, wat Sy wil vir jou lewe is, en hoe Hy jou wil gebruik. Mariette Rossouw.
|
30 November 2010
Posted in
Didage -
Geestelike Gewoontes
God se pad met ons is elke keer uniek, soos hierdie terugblik van getuig.
“Ek het by hierdie groepie ingeskakel op 'n tyd in my lewe toe ek geestelik baie geïsoleerd gevoel het. Ek het 'n behoefte gehad om êrens deel te word, sodat ek geestelik kon groei. Ek wou (en wil steeds) God se stem persoonlik beter "hoor" en verstaan, en Sy grootheid en betrokkenheid in my lewe meer intiem en intens ervaar. Ek glo hierdie pad was God se antwoord op ‘n diepliggende behoefte in my gees.
By ons weekilkse samekoms sien ek hoe God ons elkeen met sy unieke persoonlikheid op ‘n spesiale wyse gebruik om in mekaar se lewens in te bou en waar Hy Sy grootheid kan openbaar. Ons is saam een liggaam in Jesus, met verskillende ledemate en funksies soos Hy dit bepaal. Dis wonderlik om te sien hoe die Heilige Gees met elkeen handel, en die raakpunte t.o.v. ons belewenisse en ervaringe van daardie week op te tel.
Ek beleef die saamwees baie positief. Ek vind dit inspirerend en dikwels verstommend: Jesus is deur Sy Gees betrokke in my lewe! Hy praat met my, ook deur die groeplede se bydraes, maar Hy gebruik my ook in hulle lewens - dikwels sonder dat ek eers daarvan bewus was. Die Heilige Gees bly besig met my, en ek raak al meer bewus van en sensitief vir Sy influisteringe.
Die geestelike gewoontes van stilwees voor God, luister na Sy stem, wandel met Hom, delf in Sy Woord, kyk wat Hy vir my wys-en-sê deur wat ek in my onmiddelike omgewing waarneem, gebed en intersessie, gehoorsaamheid, geduld, geloof ten spyte van moeilike omstandighede, ensovoorts, het vir my nuwe betekenis gekry. Dit het ook 'n verdieping in my verhouding en wandel met Jesus gebring. Ek het God as YAHWE (God, die algenoegsame God) leer ken en vertrou, en dit is 'n ongekende seën en genade uit Sy hand! Ek het myself beter leer ken, en meer bewus geraak van watter gawes ek van God ontvang het, en hoe Hy my kan en wil gebruik.
Woensdagaande is ‘n lafenis vir my siel... dikwels, as ek baie moeg of "af " voel, vind ek dat die Here juis hierdie groepie gebruik om my op te tel en nuwe inspirasie te gee. Ons kan elkeen 'n bydrae lewer en van mekaar leer, maar Jesus is en bly die Leier. Daarom is elke byeenkoms vars en nuut, en kan ek steeds 'n verdieping in my persoonlike verhouding met God ervaar. Ek is opgewonde om elke dag van Hom te leer, terwyl ek weet God is steeds besig met Sy transformasiewerk in my lewe!
Ek glo ons OP PAD MET GOD is deel van die roete en proses waardeur God besig is om Sy beloftes vir my waar te maak. Ek sê saam met Moses: Please, show me Your Glory, God! Dit bly my hartsbegeerte! DANKIE HERE JESUS! AAN GOD AL DIE LOF, EER EN DANK! U IS WAARLIK HERE!”
|
08 Oktober 2010
Posted in
Didage -
Geestelike Gewoontes
- ‘n Lewe wat God seën
- Krag in krisis
- Hier is ek, stuur my
- Gesalf deur die Heilige Gees
- ‘n Tyd vir Orde
- Die Gees van Christus dring ons
- Gebed kan jou lewe verander
- Gaan dan heen en maak dissipels
- Tyd vir vernuwing
- Op reis met my Koning
Dalk ken jy die naam van die skrywers van sommige van hierdie titels.
Om jou ware verlange na God te verwoord, is die eerste stap wat jy kan neem om uit te vind wat die unieke plan is wat God vir jou lewe het. Of om by Hom te hoor watter pad jy kan loop om Sy vrede en vreugde te ervaar. Of om uit te vind hoe en waar God jou wil gebruik.
Vir hierdie pad het ons mekaar nodig. Vir seker.
By OP PAD MET GOD lees ons die Bybel saam. Jy sal op verrassende wyses vind hoe verskillende geestelike gewoontes jou kan help om die werklikheid van God in jou lewe raak te sien en te beleef. Jy gaan ook leer op watter maniere God met jou praat, wat Sy wil vir jou lewe is, en hoe Hy jou wil gebruik. In die lewe voor God die Vader kry ‘n ontmoeting- met-Hom en ‘n aanraking-deur-Hom héél ‘n nuwe inhoud. Dit beteken dan dat wanneer jy hand-aan-hand met Jesus stap, Hy vir jou God se Woord vergestalt. Vervolgens ervaar jy dat die Gees van Christus met jou gees resoneer, jou die gawe van onderskeiding gee en ook bekragtig om saam met Hom te leef.
Kom sluit gerus aan by OP PAD MET GOD as jy geestelik wil groei, ‘n nuwe visie of geestelike tuiste soek, gewoon net ‘n afplatting ervaar, of ‘n ware soeke na God het.
(Geen koste.)






