Lectio Divina - geestelike lees – is `n baie ou geestelike dissipline. Dit het ontstaan as `n manier van luister na die Woord van God in ‘n tyd van grootskaalse ongeletterdheid. Dit gaan dus oor die kuns om werklik te leer luister na die Woord en die relevansie daarvan vir jou eie lewe.
Tydens ons Lectio Divina sessies gaan ons met jou van die belangrikste beginsels rondom die benadering deel. Dit is alreeds lewensveranderend. Ons gaan dit daarom ook elke week prakties beoefen. Ons gaan dus leer deur dit self te doen en met mekaar te deel wat ons hoor.  Dit geskied in `n atmosfeer van stilte en luister. Ons sal ook gewyde musiek gebruik om onsself in te stem op God se teenwoordigheid.
Inskrywings
 

AddThis Social Bookmark Button

This content has been locked. You can no longer post any comment.