Die beoefening van geestelike gewoontes skep ‘n ruimte vir God om ons van binne af te verander.  En ons leer dié gewoontes die beste aan in ‘n kleingroep wat dit saam met ons doen.
Adele Calhoun het ‘n unieke boek Spiritual Disciplines Handbook - Practices that transform us geskryf om ons hiermee te help.  In plaas daarvan om haar boek net van hoek tot kant deur te lees, help sy mens om jou spesifieke behoefte aan God te verbind aan die geestelike gewoonte wat die beste daarby pas.  As jy byvoorbeeld ‘n behoefte het om met meer deernis met ander te praat, woorde wat eg, liefdevol en genesend is, stel sy oefeninge voor om die gewoonte om jou “tong te beheer” te beoefen!  As jy behoefte het om die teenwoordigheid van God in alles te kan raaksien, stel sy die gewoonte van kontemplasie voor.  En daar is 60 ander ...!
Koste: R280 vir Adele Calhoun se boek  - net 20 persone
Inskrywings

AddThis Social Bookmark Button

This content has been locked. You can no longer post any comment.