|
13 Januarie 2010
Posted in
Didage -
Geestelike Gewoontes
Ons lees die Bybel saam en vind verrassende wyses hoe verskillende geestelike gewoontes jou kan help om die werklikheid van God in jou lewe raak te sien en te beleef. Jy leer ook op watter maniere God met jou praat, wat Sy wil vir jou lewe is, en hoe Hy jou wil gebruik. In die lewe voor God die Vader kry ‘n ontmoeting-met-Hom en ‘n aanraking-deur-Hom héél ‘n nuwe inhoud. Dit beteken dan dat as jy hand-aan-hand met Jesus stap, Hy vir jou God se Woord vergestalt. Vervolgens ervaar jy dat die Gees van Christus met jou gees resoneer, jou die gawe van onderskeiding gee en ook bekragtig om saam met Hom te leef.
(Geen koste.)
Geestelike gewoontes wat kan bydra tot jou geestelike groei is byvoorbeeld :
1. Stilte en afsondering: jy kom by God tot stilstand
2. Eenvoud: in hoe jy aanbid, Bybel lees, kerk toe gaan, eet, koop, aantrek, hoe jy is en leef..…
3. Kommitment vir ’n daaglikse afspraak met God en jou weeklikse afspraak met jou ‘n kleingroep.
4. Stiltetyd / kringwees
Jy kom voor God: sit stil en wéés stil. Jy begin fokus op God – wie of hoe Hy is. Of jy wag op God en gee jou gedagtes vir Hom; wonder oor God en dink ná oor Hom. Of jy fokus op dit waarin jy Hom kan raaksien. Of jy verwonder jou oor God en Sy werklikheid. Of is in verwagting voor Hom om Hom te hoor.
5. Bybel lees
6. Joernaal hou
7. Aanbidding: kom voor God (be in awe).
8. Danksegging: wees dankbaar vir wat (en hoe) God doen / gee.
9. Lofprysing: loof God vir wie en hoe Hy is, praat oor Hom.
10. Belydenis van sonde: jou eie en korporatief:
Jy bring ’n klag, sonde of skuld wanneer jy dit herken – dit raaksien. Jy erken dit voor God en bely dit (confession). In berou hê en betoon (repentance) word jy vry/bevry, sodat jy kan uitstap en elke oomblik in oorwinning saam met Jesus kan leef (cycle of victorious living).
11. Gebed: om toegewyd en volhardend te bid, voorbidding te doen, en/of as intersessor in te tree.
12. Vas-en-gebed.
13. Lering uit en onderwerping (submission) aan die Skrif en ‘n mentor.
14. Lees van geestelike boeke en luister / kyk na geestelike musiek / geestelike programme.
15. Koinonia (fellowship) in jou geloofsgemeenskap. Jy beleef dit wanneer jy eredienste / byeenkomste / etes bywoon, “tiendes” van jou o.a. tyd, energie, geld, ensovoorts, gee; jy het ‘n bediening of is betrokke is by ‘n diensterrein of behoeftiges; jy kan met vreugde getuig oor God se pad met jou en julle kleingroep; jy bid saam bid in jou groep en/of in die gemeente.
Bring asseblief saam: jou Bybel, foliogrootte hardebandboek en skryfgoed.
NB: Die bestaande groep sit hulle pad met God voort. Nuwe mense is baie welkom om in te skakel.
| < Vorige | Volgende > |
|---|






