11 September 2008
Posted in
Didage -
Geestelike Gewoontes
|
LectioDivina - `n geestelike lees van die Bybel – is `n baie ou geestelikedissipline. Gelowiges het deur al die eeue baie baat daarby gevind. Dithet eintlik ontstaan as `n manier van luister na die Woord van God in‘n tyd toe die meerderheid van gelowiges nog ongeletterd was. Dit gaandus oor die kuns om werklik te leer luister na die Woord en dierelevansie daarvan vir jou eie lewe.
Tydensons Lectio Divina sessies gaan ons met jou van die belangrikstebeginsels rondom die benadering deel. Dit is alreeds lewensveranderend.Ons gaan dit daarom ook elke week prakties beoefen. Ons gaan dus leerdeur dit self te doen en met mekaar te deel wat ons hoor.
Ditgeskied in `n atmosfeer van stilte en luister. Ons sal ook van gewydemusiek gebruik maak om onsself eers in te stem op God seteenwoordigheid. |
This content has been locked. You can no longer post any comment.