header19.jpg

Nuusflitse

My Man het Dementia

Christine Veldsman het 'n aangrypende boek geskryf oor dementia, vanuit haar eie persoonlike belewenis daarvan.  Lees meer ...

Bestel by 041 583 3341.

AANDDIENS:  PREKE

Jy kan ons aanddienste se preke aflaai by www.klema.co.za of deur hier te klik.

BIDDEND LUISTER

As jy onderneem om elke week 'n uur opsy te sit om vir ons gemeente te bid en graag die gebedsriglyne wil ontvang, kontak ds Rethie by rethie@global.co.za vir Biddend Luister, of gee jou naam in by Liésl by die kerkkantoor of laai dit hier af.

Somerstrand Blog

Lewende Hawe
gesprekke in, met en oor die NG Kerk Somerstrand

Bybelskool

Bybelskool
Die Woord is 'n huis om in te woon
110381
VandagVandag261
GisterGister259
Hierdie weekHierdie week261
Hierdie maandHierdie maand1564
TotaalTotaal110381

Aantal Besoekers

Haloweb

Didage - Geestelike Gewoontes

AddThis Social Bookmark Button
Watter van die volgende titels sou op die oomblik jou behoefte aan God die beste verwoord? 
  • ‘n Lewe wat God seën
  • Krag in krisis
  • Hier is ek, stuur my
  • Gesalf deur die Heilige Gees
  • ‘n Tyd vir Orde
  • Die Gees van Christus dring ons
  • Gebed kan jou lewe verander
  • Gaan dan heen en maak dissipels
  • Tyd vir vernuwing
  • Op reis met my Koning

Dalk ken jy die naam van die skrywers van sommige van hierdie titels.

Om jou ware verlange na God te verwoord, is die eerste stap wat jy kan neem om uit te vind wat die unieke plan is wat God vir jou lewe het. Of om by Hom te hoor watter pad jy kan loop om Sy vrede en vreugde te ervaar. Of om uit te vind hoe en waar God jou wil gebruik.

Vir hierdie pad het ons mekaar nodig.  Vir seker.

By OP PAD MET GOD lees ons die Bybel saam. Jy sal op verrassende wyses vind hoe verskillende geestelike gewoontes jou kan help om die werklikheid van God in jou lewe raak te sien en te beleef.  Jy gaan ook leer op watter maniere God met jou praat, wat Sy wil vir jou lewe is, en hoe Hy jou wil gebruik.  In die lewe voor God die Vader kry ‘n ontmoeting- met-Hom en ‘n aanraking-deur-Hom héél ‘n nuwe inhoud.  Dit beteken dan dat wanneer jy hand-aan-hand met Jesus stap, Hy vir jou God se Woord vergestalt. Vervolgens ervaar jy dat die Gees van Christus met jou gees resoneer, jou die gawe van onderskeiding gee en ook bekragtig om saam met Hom te leef.

Kom sluit gerus aan by OP PAD MET GOD as jy geestelik wil groei, ‘n nuwe visie of geestelike tuiste soek, gewoon net ‘n afplatting ervaar, of ‘n ware soeke na God het. 
(Geen koste.)

Lewer kommentaar

Your name:
Your email:
Titel:
Kommentaar: