23 Oktober 2008
Posted in
Didage -
Geestelike Gewoontes
NORMALE LEES | LECTIO DIVINA |
| Soek inligting, analiseer, probeer verstaan | Stel jouself oop om in jou menswees aangeraak te word deur die Woord. |
| Fokus op idees en konsepte | Fokus op die Boodskapper en sy boodskap vir jou. |
| Subjek – objek verhouding. | Interpersoonlike verhouding. |
| Doel is om te studeer of te leer. | Doel is transformasie van self. |
| Versamel feite en inligting, benadering is dus meer aggressief. Evalueer, beoordeel, kritiseer, onderskei – jy domineer. | Kom nederig voor teks, onderwerp jou aan leiding van teks. Wil nie teks bemeester, word dissipel. Pas is stadiger. Soek kontak met Woord agter die woorde, lei tot versoening, genesing, vergifnis. Ontvanklike, oop, gemoed. |
| Lees soveel materiaal as moontlik in ΄n sekere tyd (probeer by die einde van die Bybel, boek of hoofstuk kom). | Behou ΄n patroon van jou gedagtes te laat rus en stilhou by sekere woorde en frases wat jou aanspreek. Jou doel is nie om die gedeelte klaar te maak nie, maar om God te ontmoet. |
| Lees die gedeelte redelik vinnig van bo na onder. Beweeg oor die oppervlak van die teks. | Lees om die dieper betekenis te ontdek, jy is oop vir verskeie vlakke van betekenis; en dieper dimensies in die teks. |
| Hoop om die teks te verstaan en te bemeester. | Laat die teks toe om jou te verstaan en te bemeester. |
| Beheer die teks en soek vir iets wat jou gedagtes ondersteun. | Hoop om deur die teks gevorm te word, staan wagtend voor die teks sodat dit jou lewe vorm. |
| Benader woorde objektief en analities. | Benader woorde op ΄n nederige, ontvanklike, oop manier. |
| Hoop om oplossings vir probleme te vind. | Is oop vir geheimenisse en wat God ook al wil deel. |
| Spesifieke verwagting. | Afwagting. |
Vrae wat oordink kan word wanneer jy na die teks kom:
- Kom jy innederigheid, soos dissipels na hulle leermeester?
- Kommunikeerjy met `n Leermeester wat teenwoordig is? Laat jy die teks toe om jou hart aante raak, nie net jou denke nie?
- Gebruikjy die teks vir jou eie doelwitte oronderwerp jy jou aan die leiding daarvan?
- Is jybereid om jou geestelike reis te toets aan die boodskap wat jy ontvang om sekerte maak of jy nog op die regte koers is?
- Luisterjy na jou eie verwagtinge of na die boodskap van die Leermeester?
- Is jy bereid om iets te doen omtrent diehindernisse in jou geestelike lewe wat deur die teks na vore kom?
- Is jy instaat om die boodskap van die teks met jou eie situasie in verband te bring?
| < Vorige | Volgende > |
|---|






