“Let the word of Christ – the Message – have the run of the house.  Give it plenty of room in your lives. Kol 3:16 in The Message.

  • Gryp die bogenoemde teks jou aan die hart?
  • Wil jy graag meer tyd aan Bybelstudie spandeer, maar kom nie regtig daarby uit nie?
  • Hoor jy gelowiges sê dat God met hulle praat deur die Bybel, maar wonder wat presies hulle daarmee bedoel?
  • Lees jy die Bybel, maar dit voel vir jou asof daar niks gebeur nie, asof jy dieselfde goed lees maar niks vorder, groei of leer nie?
  • Lees jy die Bybel, maar jy verstaan nie wat jy lees nie?.


Indien jy “ja” geantwoord het op enige van die bogenoemde vrae, dan is hierdie kursus vir jou!

Ons gaan inleidend kyk na ‘n paar basiese Bybellees-metodes en dit elke week op ons eie oefen.  Aan die einde van die kwartaal kan jy besluit watter metode by jou pas, sodat die Woord ook die “run of the house” in jou lewe kan hê!

Ons kom elke Woensdag om 18:30 in die Ark by die NGK Somerstrand (Louis Bothasingel 77, Somerstrand, PE) bymekaar.

Program

27 Jan. Inleiding
Bybelstudie
3 Feb Speurder
10 Feb Kunstenaar
17 Feb. Skattejagter
24 Feb. Reisiger
Skrifoordenking
3 Maart Lectio Divina
10 Maart Oordenking
17 Maart Samevatting

AddThis Social Bookmark Button

This content has been locked. You can no longer post any comment.