RUS

  • Vertel vir mekaar waar julle hierdie week die Here sien werk het.
  • Laat iemand bid en vir die Here vra om met julle te praat.

HOOR

Lees Filippense 2:14-15 uit

As jy iets vir Jesus moet doen, moenie teëpraat of kla nie. Dan sal mense weet dat jy regtig 'n kind van die Here is. As mense lelik oor jou wil praat omdat jy Jesus se kind is, moet jy wys jy is sy kind deur soos 'n helder lig vir hom in die donker wêreld te skyn. Vir mense wat Jesus nie ken nie, moet jy van Jesus vertel. Dan kan hulle ook kinders van hom word.

 

Gesels oor die teksgedeelte (ouers kan ook na die inligting in die kleingroepmateriaal kyk).

  • Wat in die teksgedeelte spreek julle aan?
  • Op watter maniere kan 'n mens alles 'n helder lig vir Jesus wees? Dink ook aan spesifieke maniere waarop julle elkeen in julle daaglikse lewens 'n helder lig kan wees.
  • Hoe vertel 'n mens vir ander van Jesus? Op watter maniere kan jy vertel sonder om te praat?
  • Onthou altyd: ander mense weet dat jy Jesus se kind is! Dan kyk hulle hoe jy leef, wat jy doen en sê. Gesels bietjie: wat leer jou lewe vir ander mense van Jesus?

LEEF

  • Vertel vir mekaar waartoe Jesus julle nou roep. Probeer prakties wees en spesifieke goed noem.
  • Gaan deur jul gebedslys- is van jul gebede beantwoord? Sê dankie! Maak 'n lys van die goed waarvoor julle hierdie week gaan bid. Bid saam vir mekaar en die dinge op jul lys. Onthou ook om deur die week te bid vir die dinge op die gebedslys in die afkondiginge.
AddThis Social Bookmark Button

Lewer kommentaar