RUS
Vertel vir mekaar hoe julle in die week wat verby is gasvry was. Wat was maklik? Moeilik? Hoe het dit jou laat voel? Laat iemand daarna bid en vir die Here vra om met julle te praat.

HOOR

  • Laat iemand Hand. 11:19-24 lees. Probeer 'n makliker vertaling soos Die Boodskap of Die Bybel vir Almal. As daar kleiner kinders is, vertel eerder die teks as om alles te lees.
  • Ouers verduidelik die teks vir die kinders - maak seker dat hulle al die begrippe verstaan.
  • Vertel vir mekaar wat in die teks vir jou uitgestaan het of nuut was.

LEEF

  • Vertel vir mekaar wat julle dink bemoediging beteken. Het een van julle 'n storie van iemand wat jou bemoedig het? Vertel dit vir mekaar.
  • Maak 'n lys van mense wat bemoediging nodig het. Hoe gaan julle hierdie mense bemoedig?
  • Volgende week is Vrouedag. Hoe kan julle spesiaal die vroue in jul lewens bemoedig?
  • Kyk na jul gebedslys van verlede week - was daar 'n antwoord op van jul gebede? Haal sake af en/of voeg sake by om voor te bid. Bid saam vir mekaar en die ander dinge op jul lys - maak seker dat elkeen kans kry om te bid.
AddThis Social Bookmark Button

Lewer kommentaar