|
17 November 2011
Posted in
Kleingroepe -
Huisgodsdiens
Rus
- Vertel vir mekaar hoe en waar julle vandag God se sorg beleef het.
- Laat iemand bid en vir die Here vra om met julle te praat.
Hoor
Lees Psalm 37:1-6 uit Die Boodskap:
1Moenie jou energie mors om heeltyd oor slegte mense te praat nie. Moenie loop en kla dat hulle loskom met hulle skelmstreke nie. Moenie op hulle jaloers wees nie. 2Hulle verdwyn sommer op 'n dag. Vandag is hulle daar; môre is hulle weg. 3 Glo liewer in die Here. Doen goeie dinge vir ander mense. Doen wat jy moet doen, en bly getrou aan die Here. 4 Wees elke oomblik bly dat jy die Here ken. Hy sal sorg dat jy kry wat jy wil hê. 5 Stel jou lewe elke dag in die Here se hand. Vertrou op Hom. Hy sal vir jou sorg. 6 Hy sal jou op die regte pad hou. Die Here sal vir almal wys dat jy reg leef.
- Gesels oor die Psalm (ouers kan ook kyk na die inligting in die kleingroepmateriaal). Vertel vir mekaar wat vir julle uitstaan in die Psalm - wat sê dit vir julle?
- Laat elkeen vertel wie die “slegte mense” is wat hulle pla. Gesels oor wat hierdie Psalm julle leer oor hoe julle kan reageer op daardie mense.
- Kyk ook na Fil 4:6-7 (uit
):
As jou hart seer is, of jy bang is of miskien nie weet wat om te doen nie, gaan vra God om jou te help. Bid en vertel hom hoe jy hier binnekant voel. Hy sal jou help, want hy kan jou help. Moenie bang wees dat hy ou ooit sal vergeet nie. As jy gebid het, hoef jy nie meer bang te wees nie. Jesus is mos jou goeie Vriend. Al verdwyn al die dinge waarvoor jy bang is nie dadelik nie, kan jy maar solank vir die Here basie dankie sê. Hy sal jou help. Daarvan kan jy seker wees.
Leef
- Wat vra God nou van julle? Vertel vir mekaar wat julle gaan doen in reaksie op die Psalm.
- Sondag (20/11) wat Biddag vir Beskermingsdiense. Bid vir die polisie - dat hulle veilig sal wees en reg sal doen. Dalk kan julle selfs vir hulle blomme of koekies vat?
- Gaan deur jul gebedslys - is van jul gebede al beantwoord? Sê dan dankie! Maak ‘n lys van die goed waarvoor julle hierdie week gaan bid. Bid saam vir mekaar en die ander dinge op jul lys.
| < Vorige | Volgende > |
|---|






