|
27 Januarie 2012
Posted in
Kleingroepe -
Huisgodsdiens
Week van 30 Januarie – 5 Februarie 2012
RUS
- Vertel vir mekaar waar julle hierdie week die Here sien werk heet.
- Laat iemand bid en vir die Here vra om met julle te praat.
HOOR
Lees Filippense 1:27a, 2:2-4 uit Die Boodskap
Gedra julle altyd so dat julle ‘n advertensie vir Christus is. Daarmee moet julle regtig moeite doen. Ek wil goeie dinge van julle hoor… Moenie gedurig met mekaar stry en baklei nie. Konsentreer liewers op die dinge waaroor julle saamstem. Wees lojaal teenoor mekaar. Voel saam, streef saam, doen saam. As julle dit doen, sal julle my regtig baie bly maak. Moenie net aan julleself dink of heeltyd aandag soek nie. Wees liewers maar die minste sodat ander die meeste kan wees. Niemand moet net aan homself dink nie. Elkeen moet ook aan die ander om hom dink.
Gesels oor die teksgedeelte (ouers kan ook na die inligting in die kleingroepmateriaal kyk).
- Wat in die teksgedeelte spreek julle aan?
- Kan julle aan iemand dink wat hulle so gedra dat hulle ‘n advertensie vir Jesus is? Wie is dit? Vertel vir mekaar wat daardie mens doen wat ander mense aan Jesus laat dink.
- Wat beteken dit om lojaal te wees teenoor mekaar?
- Help mekaar om aan voorbeelde te dink van waar en hoe ‘n mens die minste moet wees.
LEEF
- Die teks sê ons moenie net aan onsself dink nie. Aan wie dink jy vandag spesifiek? Hoekom? Vra die Here dalk van jou om iets vir daardie mens te doen?
- Vertel vir mekaar waartoe Jesus julle nou roep.
- Gaan deur jul gebedslys- is van jul gebede beantwoord? Sê dankie! Maak ‘n lys van die goed waarvoor julle hierdie week gaan bid. Bid saam vir mekaar en die dinge op jul lys.
| < Vorige | Volgende > |
|---|






