|
22 Augustus 2010
Posted in
Kleingroepe -
Materiaal
RUS EN ONTVANG
- Dink na oor jou kontak met mense die laaste week.
- Waar het iemand iets kleins vir jou beteken wat ’n verskil in jou lewe gemaak het?
- Waar kon jy iets kleins vir iemand doen wat ’n verskil in hulle lewe gemaak het?
- Vertel dit vir mekaar en dank die Here vir wat Hy deur mense vir jou en deur jou vir ander beteken het.
HOOR EN ONTGIN
- Lees die verhaal van die dogtertjie en Naäman in 2 Konings 5.
- Sê vir mekaar wat die teks by jou wakker gemaak het.
- Dit is belangrik dat mense kans kry om te deel wat hulle self gehoor het.
- Ons val mekaar dus nie in die rede of kritiseer mekaar nie.
- Julle kan “ eggo” wat julle gehoor het, deur kortliks op te som wat julle by mekaar gehoor het.
- Hoe inspireer die verhaal jou?
- Wat leer die teks vir jou oor dankbaarheid en erkentlikheid?
LEEF EN ONTPLOOI
- Dink nou weer na oor jou kontak met mense die afgelope tyd. Wat dink jy is God besig om deur die kontakte met jou te laat gebeur?
- Wat is jy besig om te leer wat jy beter sou wou doen?
- Na wie toe stuur die Here jou weer terug?
- Sluit af met 'n gebed.
- Onthou om die geestelike gewoonte van dankbaarheid en erkentlikheid te beoefen. Voorstelle hier.
| < Vorige | Volgende > |
|---|






