|
26 Augustus 2010
Posted in
Kleingroepe -
Materiaal
Lees 1 Konings 21
Luister na die teksgedeelte - wat tref jou?
- Watter woord of frase het vir jou uitgestaan?
- Waar het jou gedagtes vasgehaak?
- Deel dit met mekaar.
- Wat leer die gedeelte julle oor omgee in ‘n wêreld waar daar ongeregtigheid is?
Luister na die konteks - waar is ons?
- Wat is die konteks van die verhaal? (Geografies, polities, sosiaal, maatskaplik, ekonomies)
- Wat doen dit aan mense in die teksgedeelte - hoe reageer hulle daarop?
- Wat is ons konteks? (Geografies, polities, sosiaal, maatskaplik, ekonomies)
- Wat doen dit aan ons - hoe reageer ons daarop?
- Watter raakpunte en verskille is daar tussen hulle konteks en ons eie?
Luister na God - wat doen God?
- Waar is God in die verhaal besig om te werk?
- Wat is God se goeie nuus (= evangelie) in die verhaal?
- Hoe help die gedeelte jou om God se werk beter te verstaan?
- Waar is God in ons konteks besig om te werk?
- Wat is God se goeie nuus (= evangelie) vir ons konteks?
- Hoe roep God jou om betrokke te raak by wat Hy doen in ons konteks?
| < Vorige | Volgende > |
|---|






