|
05 September 2010
Posted in
Kleingroepe -
Materiaal
Laat iemand rustig die hele verhaal in 2 Konings 11-12 lees.
Luister na die teksgedeelte – wat tref jou?
- Deel dit met mekaar.
Luister na die konteks – waar is ons?
- Wat gebeur in die konteks van die teksgedeelte? – geografies, polities, sosiaal, maatskaplik, ekonomies
- Wat gebeur in ons konteks? – geografies, polities, sosiaal, maatskaplik, ekonomies
- Watter raakpunte en verskille is daar tussen daardie konteks en ons eie?
- Hoe reageer ons daarop?
Luister na God – wat doen God?
- Hoe help die gedeelte jou om God se werk beter te verstaan?
- Waar kan jy betrokke raak by wat Hy doen in ons konteks?
| < Vorige | Volgende > |
|---|






