|
08 Oktober 2010
Posted in
Kleingroepe -
Materiaal
Rus
Vertel vir mekaar van 'n keer wat jy ware gasvryheid beleef het. Beskryf wat gebeur het en hoe dit jou laat voel het. As daar mense van verskillende generasies in julle groep is (of as julle die materiaal gebruik vir huisgodsdiens), laat mense van verskillende generasies 2x2 hul verhale met mekaar deel. Laat elkeen dan vir die groep vertel wat hulle by die ander een se verhaal geleer het.Hoor
Lees Lukas 24:13-25 en Hebreërs 13:1-8
Wat in die teks tref jou, roer jou hart, of verontrus jou? Gesels saam oor wat julle opval en aanspreek in die lees van die teks.
Bespreek:
- Watter voorbeelde van gasvryheid kan julle in die Emmaus-teks vind? Wat beteken dit vir julle dat Jesus - die gas - die gasheer word?
- Elizabeth Newman skryf: "While our culture reduces 'hospitality' to friendliness and private entertaining, Christian hospitality remains a public and economic reality by which God re-creates us through the places and people we are given." (Gaan lees meer op ons blog by www.ngkersomerstrand.co.za/blog.) Hoe, dink julle, het die privatisering van gasvryheid Christelike gasvryheid verskraal?
- As die hele Hebreërs 13:1-8 oor gasvryheid gaan, wat leer dit ons omtrent gasvryheid?
- Gesels oor die redes waarom ons gasvry is:
- Omdat God so sê - en so is
- Omdat ons self vreemdelinge is
- Omdat die evangelie oor verhoudings gaan
- Omdat ons mekaar nodig het
Leef
Dink na oor die verskillende sfere waarin julle beweeg en gee vir mekaar praktiese idees hoe 'n mens gasvry kan wees in elke aspek van jou lewe. Dink veral hoe elkeen van julle gasvry kan wees teenoor iemand van 'n ander generasie as jou eie.
As julle groepslede almal min of meer van dieselfde generasie is, oorweeg dit om iemand van 'n ander generasie te nooi om by julle groep te kom kuier. Julle kan bv. 'n gesamentlike geleentheid met een van Klema se kleingroepe reël - kontak vir Chris by 041 583 3320 vir besonderhede.
| < Vorige | Volgende > |
|---|






