|
12 Junie 2011
Posted in
Kleingroepe -
Materiaal
- Begin met die vraag: "Wat het met jou gebeur sedert ons laas bymekaar was ...."?
- Laat elkeen sy storie vertel . So bou ons aan ons vriendskap met mekaar.
RUS
God nooi ons uit om tot rus te kom voor Hom. Ons is in die Pinkstertyd. Gee geleentheid vir elkeen om in stilte na te dink oor wat die koms van die Heilige Gees nou vir hom of haar beteken. Open met gebed.HOOR
- Lees 2 Korintiërs 13:5-14 en laat elkeen 'n paar minute neem om na te dink oor wat hulle in die teks tref.
- Deel met mekaar wat julle tref, sonder om mekaar te onderbreek of te korrigeer.
- Lees die volgende inset en vertel vir mekaar wat jou help met 'n bewussyn van God te leef:
Prof Patrick Keifert vertel in sy boek, Ons is nou hier (bl 53ev), hoedat navorsing oor gelowiges se verstaan van God hom verras het:
Wanneer ons die bewussyn van God se teenwoordigheid verloor, word ons eintlik praktiese ateïste, sê Keifert. Niemand sal ontken dat God handelend optree nie. Trouens, mense protesteer heftig wanneer jy daarop wys dat God uiters selde of nooit in hulle vertellings as die "Doener" funksioneer. Mense sal sê hulle glo wel dat God dinge laat gebeur. En hulle glo dit natuurlik rasioneel. God as die primêre hoofspeler, wat teenwoordig is, en mense voortdurend in gemeenskap innooi en saam met mense leef, is net nie hoe hulle prakties oor God dink nie. Juis daarom leef baie gelowiges as praktiese ateïste. God is daar, maar in my bewussyn en in "my" wêreld is God nie aktief nie.
LEEF
- Wat beteken dié teks vir ons gemeente en ons gemeenskap vandag?
- Wat vra dit van julle groep – en wat vra dit van jou persoonlik?
- Antwoord die Here in gebed.
- Volgende week – Matteus 10:40-42
| < Vorige | Volgende > |
|---|






