Posted in Inligting - Somerstrand
Dié webtuiste is die spil waarom ons kommunikasie draai. Hier verskyn nuus, preke, artikels, foto's en inligtingwat jy na hartelus kan gebruik. As jy byvoorbeeld die vorige Sondag nie in die kerk kon wees nie, kan jy die preek van daardie Sondag lees ... en die belangrikste afkondigings. Ons het ook 'n blog funksie ingebou sodat jy kan saamgesels. As jy op dié blad opmerkings wil maak, kan jy dit ook by die boonste spyskaart Tuisblad/Opmerkings doen.
Die soekfunksie is natuurlik jou grootste helper!. Alle woorde in alle artikels op diewebtuiste word geïndekseer. Jy kan dus enige woord intik en daarvoor soek ... en as iemand êrens dié woord gebruik het, sal jy die hele artikel daar kry! Jy kan onderstaande skakel gebruik ... en in die toekoms die skakel aan die bokant:
Registreer sommer nou by die Tuisblad/Registreer hier spyskaart.
NB: Die webtuiste is slegs in die beginfase van ontwikkeling. Enige kommentaar sal dus verwelkom word wat ons kan help om dit beter te laat funksioneer.
Webmeester
| < Vorige |
|---|






