|
01 Julie 2011
Posted in
Inligting -
Somerstrand
Om julle groot dag te bespreek - asook vir enige navrae - skakel vir Liésl (Administratiewe beampte) by die kerkkantoor, 041 583 5115 of stuur ‘n e-pos na ngksomer@global.co.za.
Na bespreking word ‘n kontrak opgestel met die troudatum en tyd. Die kontrakvorm, tesame met die troufooie, moet een kalendermaand voor die troudatum ingehandig word, enige tyd in die oggend, vanaf 08:00 tot 12:00 by Marlein (Finansiële beampte). Indien julle die fooie elektronies wil inbetaal, kan dit in die volgende rekening in betaal word: NG Kerk Somerstrand, ABSA PE, reknr. 01008731388 (Tjekrek.), Bankkode: 632005.
Kostes vir ‘n troue
Somerstrand lidmate betaal ‘n bedrag van R1250 en vir nie-lidmate is die fooi R1850. Die pakket sluit die predikant, koster, orrelis en verhuringsfooi in. Die bedrag is nie onderhandelbaar nie. Indien ‘n dataprojektordiens verlang word, moet ‘n addisionele koste van R300 betaal word.
Konfetti
Geen kunsmatige konfetti (papier/streamers) mag binne die kerkterrein en gebou gebruik word nie.
Roosblare kan buite die gebou gestrooi word.
Ons sien uit om vir julle op jul groot dag tot diens te wees!
| Volgende > |
|---|






