|
17 Februarie 2012
Posted in
Nuus -
Nuusflitse
Die gebruik met Aswoensdag is dat die palmtakke van die vorige jaar se Palmsondag verbrand word, met olyfolie gemeng word en dan in die vorm van ‘n kruis op die voorkop van lidmate gevorm word met die woorde “mens, dink daaraan dat jy stof is en tot stof sal terugkeer”. As is egter nie net ‘n teken van ons verganklikheid nie, maar ook van boetedoening (vgl. die gebruik om as op die kop te strooi as teken van berou). Daarom is die Aswoensdag-liturgie ‘n geleentheid vir boetedoening en verootmoediging met die oog op die lydenstyd wat voorlê. Soms het mense hul sondes op papiertjies geskryf en dit saam met die palmtakke verbrand.
Die Aswoensdag diens bestaan uit baie stilte, voorlesings en ruim tyd vir refleksie, met rustige sang/musiek. Almal is welkom om Lydenstyd vanjaar so met stilte en skuldbelydenis te begin, Woensdag-aand 18:00 in die kerkgebou.
Uit: Handleiding vir die Erediens van die Nederduitse Gereformeerde Kerk en Gebedeboek met Liturgiese Voorstelle van die Sinodale Eredienskommissie van die Oos-Kaapse Sinode van die NG Kerk.
| < Vorige | Volgende > |
|---|







Kommentaar
Is die Aswoensdag n sinode besluit?
Wanneer het hulle die besluit geneem?
RSS feed for comments to this post