Aankondigings
Biddend luister
|
23 Mei 2012
Posted in
Preke -
Pinkster 2012
Verwelkoming
Ons is besig om Lectio Divina in te oefen, ’n geestelike lees van die Bybel. Die oorhoofse tema is IN GESPREK MET GOD. My hoop en verwagting is dat elkeen van julle in julle Godservaring sal groei.
Daarom werk ons elke aand deur die bekende siklus van RUS, HOOR, en LEEF. Ons fokus vanaand weer op die middelste beweging, om te HOOR. Ons gaan meer aandag gee aan hoe ons met God PRAAT.
So het Nico Simpson gebed uitgebeeld – dit is om met jou lewe in die teenwoordigheid van God te kom en dit met Hom deur te praat.

Blaai na by p 12-13 in die boekie.
Lees meer...
|
22 Mei 2012
Posted in
Preke -
Pinkster 2012
1 Konings 3:2-15 – Dinsdagaand 22 Mei 18:30 – meditatio
Lofprysing en aanbidding
- Liedboek 436 – Herskep, o Gees, laat leef, o Gees – sit
- Vonkk 146 – My gees, my siel, my liggaam wy ek aan U, o Heer – sit
- Liedboek 434 – O Heilige Gees, o heilige God – staan
- Vonkk 174 – Strome van seën uit die hemel gee God aan ons deur sy Gees – staan
- Liedboek 170 – Heilig, heilig, heilig – my hart, o Heer, aanbid U (x2) – sit
Verwelkoming
Ons is besig om Lectio Divina in te oefen, ’n geestelike lees van die Bybel. Die oorhoofse tema is IN GESPREK MET GOD. My hoop en verwagting is dat elkeen van julle in julle Godservaring sal groei.
Daarom werk ons elke aand deur die bekende siklus van RUS, HOOR, en LEEF. Ons fokus vanaand weer op die middelste beweging, om te HOOR. Ons gaan meer aandag gee aan hoe ons MEDITEER.
So het Nico Simpson meditasie uitgebeeld – dit is om die Woord ter harte te neem in die teenwoordigheid van God.

|
21 Mei 2012
Posted in
Preke -
Pinkster 2012
Openbaring 10 – Maandagaand 21 Mei 18:30 – lectio
Verwelkoming
Ons is besig om Lectio Divina in te oefen, ’n geestelike lees van die Bybel. Die oorhoofse tema is IN GESPREK MET GOD. My hoop en verwagting is dat elkeen van julle in julle Godservaring sal groei.
Daarom werk ons elke aand deur die bekende siklus van RUS, HOOR, en LEEF. Ons fokus vanaand op die middelste beweging, om te HOOR. Ons gaan meer aandag gee aan hoe ons LUISTER. Blaai na by p 8-9 in die boekie.
RUS
Kom ons kom eers tot rus.
Ek gaan dit weer op twee maniere doen. Met ’n prentjie en dan met ’n begeleide gebed.

- Stel jou voor dat jy in ‘n hangmat lê. Voel die mat onder jou. Voel die son op jou vel. En voel hoe jy ontspan. Haal ‘n bietjie dieper asem en fokus veral op die uitasem. Dit moet vir jou voel asof jy bietjie vir bietjie afblaas – 2 minute.
- Dit is hoe ons tot rus in God kom. Let nou op hoe daar ‘n tweeledigheid in jou kop is. Daar is jou gedagtes wat beweeg van die een ding na die ander. Daar is ook ‘n waarnemer, ook jy, wat sien hoe die gedagtes beweeg. Die waarnemer is jou hulp om jou stadig, een vir een, van die gedagtes los te maak, sodat jy ‘n ruimte in jou kry waarin jy God se woorde kan ontvang. Soos die gedagtes deur jou beweeg, goed en sleg, sien dit raak en gee dit in ‘n eenvoudige stilgebed vir die Here – 2 minute.
- Dink nou daaraan dat jy in Jesus se teenwoordigheid is. In die stilte saam met Hom sal jy vanaand krag en moed kry vir die lewe – 1 minuut.
- Skryf nou neer wat met jou gebeur het, en wat vir jou duidelik geword het van jouself of van God of van jou lewe.
HOOR
Ons skuif na die tweede beweging – HOOR.

Lectio Divina is soos ‘n spiraal waarin ons telkens dieselfde elemente herhaal: lees, mediteer, bid, geniet (sommige, Willem Nicol, gebruik die woord rus). Dié prentjie van Nico Simpson beeld iets hiervan uit.
Só word die Woord deel van jou lewe. Dit raak ‘n manier om te leef. Soos Guigo, die 2de, in die 12de eeu gesê het: “Reading puts the solid food into our mouths, meditation chews it and breaks it down, prayer obtain the flavour of it, and contemplation is the very sweetness which makes us glad and refreshes us.” (aangehaal in Peterson, Eat this Book, 91).
Giugo, ‘n Kartuisiese monnik, staan in die tradisie van Origines (3de eeu), Augustinus (4de eeu), Benedikt (6de eeu) en het die proses van Lectio Divina geformaliseer in 4 stappe, soos dit in julle boekies is, of soos dit met die Latynse benaminge bekend geword het: lectio, meditatio, oratio, contemplatio. Ek sit twee stappe, silencio en incarnatio, by op voetspoor van Alice Fryling, The Art of Spiritual Listening – Responding to God’s voice amid the noise of life. Dit is om net beter te kommunikeer dat ‘n mens eers moet stilword voor jy kan luister, en dat jou luister gemik is op die lewe, om te gaan doen of wees wat die Here van jou vra.
|
20 Mei 2012
Posted in
Preke -
Pinkster 2012
Jesaja 30:8-18 – Sondagaand 20 Mei 18:30 – silencio
Verwelkoming
Ek wil weer begin met ’n prentjie – een van Alida Bothma, in julle boekies op die binneblad – waarin sy die lewensveranderende gesprek van Jesus met die Emmaus-gangers illustreer, Kleopas en waarskynlik Maria (Joh 19:25).

My gebed is dat hierdie moment vir elkeen van ons sal aanbreek hierdie Pinkster.
Niks van belang kan in ’n mens se geestelike lewe gebeur, as jy nie hierdie lewensveranderende ervaring het nie, as jy nie God BELEEF in jou lewe nie, en nie net een keer in jou lewe ervaar nie, maar deurlopend, selfs daagliks.
Want ons lewe gebeur in GESPREK MET GOD. Ons ore en oë gaan oop vir Sy stem wanneer ons tyd maak vir God, by wyse van spreke, brood breek saam met Hom. Dit is wanneer ons oë oopgaan.
Een van die maniere wat gelowiges deur die eeue gebruik het om die Bybel só te lees, dat dit jou lewe beïnvloed, jou transformeer, is Lectio Divina, geestelike of goddelike lees.
Ons gaan die bekende manier van RUS, HOOR, LEEF gebruik, met ’n bietjie meer opsies gegee by die hoor gedeelte – lees, mediteer, bid, geniet. Julle het plek langs elke teks in die boekie waar julle jul ervarings en gedagtes kan neerskryf. Ons is by p 6-7 in die boekie.
Kom dus saam met my op reis in ’n dieper wordende GESPREK MET GOD.
RUS
’n Oostenrykse sielkundige, Satura, het gewerk met drie basiese menslike behoeftes:
- Ons het behoefte aan prestasie, ons wil dinge regkry, dinge bereik, dinge doen in die lewe – ons studies, ons werk, ons sport;
- Ons het ook ’n behoefte aan ekstase, aan opwinding, aan belewing, ons wil meegevoer word deur saamwees, deur musiek, deur vriende, deur verhoudings;
- Maar, dan het ons ook ’n behoefte aan enstase, ’n behoefte wat baie keer afgeskeep word; ons wil tot stilstand kom en tuis kom by onsself, as’t ware by jouself kuier, met jouself vriende maak, tot rus kom in jouself.

Maar, dit is juis waarmee ons sukkel. Ons kom moeilik tot stilstand. Ons kom moeilik tot rus. Ons kom moeilik tuis in onsself. En dit beteken dat ons God se stem ook moeilik hoor.
Die filosoof Marthinus Versfeld het in sy boek Klip en Klei gesê: “Niemand is met ander mense, of in enige plek of enige tydperk, tuis as hy nie met homself tuis is nie” – (kortverhaal Huise).
Daarom het ons hulp nodig met tot rus kom, voor ons regtig met aandag kan lees en kan luister na wat die Here vir ons deur Sy Woord wil sê.
|
20 Mei 2012
Posted in
Preke -
Pinkster 2012
Handelinge 8:26-40 – Sondagoggend 20 Mei 09:00 – lectio divina
Verwelkoming
Ek wil begin met ’n prentjie – een van Alida Bothma, in julle boekies op die binneblad – waarin sy die lewensveranderende gesprek van Jesus met die Emmaus-gangers illustreer, Kleopas en waarskynlik Maria (Joh 19:25).

My gebed is dat hierdie moment vir elkeen van ons sal aanbreek hierdie Pinkster.
Niks van belang kan in ’n mens se geestelike lewe gebeur, as jy nie hierdie lewensveranderende ervaring het nie, as jy nie God BELEEF in jou lewe nie, en nie net een keer in jou lewe ervaar nie, maar deurlopend, selfs daagliks.
Want ons lewe gebeur in GESPREK MET GOD. Ons ore en oë gaan oop vir Sy stem wanneer ons tyd maak vir God, by wyse van spreke, brood breek saam met Hom. Dit is wanneer ons oë oopgaan.
Ons gaan die bekende manier van RUS, HOOR, LEEF gebruik, met ’n bietjie meer opsies gegee by die hoor gedeelte. Julle het plek langs elke teks in die boekie waar julle jul ervarings en gedagtes kan neerskryf.
|
15 Mei 2012
Posted in
Didage -
Hulpmiddels vir families
Laat die dokument (2.3MB) met riglyne om jou kind voor te berei vir Nagmaal, hier af.

|
17 April 2012
Posted in
Eredienste -
Pinkster
PINKSTER 2012: IN GESPREK MET GOD – Chris van Wyk
- Om God te beleef – Hand 8:26-40 – Sondagoggend 20 Mei 09:00
- Om tot rus te kom – Jesaja 30:8-18 – Sondagaand 20 Mei 18:30
- Om te luister – Openbaring 10 – Maandagaand 21 Mei 18:30
- Om te ontvang – 1 Konings 3:2-15 – Dinsdagaand 22 Mei 18:30
- Om met God te praat – 1 Konings 19 – Woensdagaand 23 Mei 18:30
- Om God te geniet – Filippense 4:2-9 – Donderdagaand 24 Mei 18:30
- Om vir God te leef – Psalm 40 – Sondagoggend 27 Mei 09:00
|
17 April 2012
Posted in
Kleingroepe -
Materiaal
- Op soek na sin en betekenis – Pred 3:1-15 – 15 April
- Die gevaar van selfgenoegsaamheid en oorgerustheid – Pred 9:1-12 – 22 April
- Lewe met oorleg en vreugde – Pred 12:9-14 – 29 April
- Die droom van die liefde – Hgl 1:1-3:11 (3:6-11) – 6 Mei
- Die werklikheid van die liefde –Hgl 4:1-8:14 (8:5-14) – 13 Mei
- Om God te beleef – Hand 8:26-40 – 20 Mei
- Om vir God te leef – Psalm 40 – 27 Mei
- Die krag van die Heilige Gees – Romeine 8:12-17 – 3 Junie
- Om te lewe soos Hy dit wil – 2 Korintiërs 4:13-5:1 – 10 Junie
- Toegewy aan God alleen – 2 Korintiërs 5:6-17 – 17 Junie
- Ambassadeurs van die versoening – 2 Korintiërs 6:1-13 – 24 Junie
- Bly maar net glo! – Markus 5:21-43 – 1 Julie
- Die dilemma van die tuisdorp – Markus 6:1-13 – 8 Julie
- Dissipelskap vra altyd 'n prys – Markus 6:14-29 – 15 Julie








