Didage (Griekse woord vir lering) begin weer Woensdag 21 April om 18:30.

Jy kan weereens saam eet (R30 pp - bespreek vooruit) om 18:00.

GriefShare – Stephan Bothma

GriefShare is vir mense wat ’n lewensmaat, ’n kind,  ’n familielid of ’n vriend verloor het.  Indien jy nie op die oomblik optimisties oor die toekoms voel nie, is dit heel moontlik omdat die pyn van hierdie verlies nog vir jou net te erg is.  GriefShare is ’n vriendelike groep mense wat vir jou sal omgee en jou sal bystaan deur een van die moeilikste fases van die lewe.   Jy hoef dus nie alleen deur jou rouproses te gaan nie.  Die dertien Bybel gebaseerde ondersteuningsessies bestaan uit video-insetsels van kundiges en ondersteunende gesprekke met ander.  Die ander mense in die groep is self bekend met die rouproses en verstaan waardeur jy gaan.  Kom deel jou ervarings en jou vrae met mense weet.  Meer inligting.

Bybelskool – Chris van Wyk

Ons lees hierdie kwartaal 1 en 2 Konings in die Ou Testament.  Hulpmiddels sluit die gebruiklike daaglikse blog in.  Koste R30.  Meer inligting.

Midweek Stilhouplek – Rethie van Niekerk

Begeleide Skrif-oordenking m.b.v. stilte, musiek en kuns.  Geen inskrywings nodig – jy is welkom om net op te daag. Bring ’n notaboek as jy jou gedagtes wil neerskryf.  Woensdae 18:30 in die Kerk Meer inligting.

Op pad met God – Mariette Rossouw

Ons lees die Bybel saam, en vind verrassende wyses hoe geestelike gewoontes jou help om die werklikheid van God in jou lewe raak te sien en te beleef. Op pad met God is vir jou as jy geestelik wil groei, ‘n nuwe visie of geestelike tuiste soek, gewoon net ‘n afplatting ervaar, of ‘n ware soeke na God het. Geen onkoste.  Meer inligting.

Skryf in by die kerkkantoor 041 5835115

AddThis Social Bookmark Button

This content has been locked. You can no longer post any comment.