Op die NG Kerk se amptelike webtuiste, www.ngkerk.org.za, skryf die webmeester (?):

SOETE WRAAK?

Ek is oortuig daarvan dat die openlike vreugde in die vergeldingsdood van Osama bin Laden nie vir almal van ons so gemaklik afgaan nie. Waarskynlik was nie een van ons direk betrokke by die 9/11 ramp in Amerika (2001) nie. Indien 'n mens iemand kosbaar op so 'n wreedaardige manier verloor het, dan gebeur daar waarskynlik vreemde dinge in jou gemoed.

Dit gaan nie hier oor die regverdigheid van hierdie daad, al dan nie. 'n Vriendin stuur gisteraand vir my hierdie aanhaling - en toe weet ek  hoekom ek so ongemaklik is rondom al die grafiese inligting en beeldmaterieaal van Bin Laden se dood (terloops, indien iemand van julle die foto van oorlede Osama se gesig na die aanval op internet gesien het: dis glo vervals) :

I mourn the loss of thousands of precious lives, but I will not rejoice in the death of one, not even an enemy. Returning hate for hate multiplies hate, adding deeper darkness to a night already devoid of stars. Darkness cannot drive out darkness: only light can do that. Hate cannot drive out hate: only love can do that - Martin Luther King, Jr

AddThis Social Bookmark Button

This content has been locked. You can no longer post any comment.